TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Werk
Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP)
Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP)
DOEL:
Die doel met die Program is om bestaande regerings- en openbare instellingsbegrotings te gebruik om werkloosheid te verminder en te bekamp en werkers se vermoë te verhoog om óf in die arbeidsmark, óf deur ondernemerskap, 'n inkomste te verdien.Die mikpunt is om werkloosheid in Suid-Afrika tussen 2004 en 2009 te verlig vir ten minste een miljoen mense (minstens 60% vroue, 30% jongmense en 2% mense met gestremdhede).
EINDE:
Aan die gang
BESKRYWING:
Alle vlakke van die regering, sowel as ondernemings in staatsbesit is by die landwye program betrokke. Die doel is om 'n aansienlike aantal werklose mense produktiewe werk te gee. Dit bevat ook 'n opleidingselement wat mense se vermoë om 'n inkomste te verdien verbeter.
Die UOWP fokus op 4 sektore:
infrastruktuur ekonomie omgewing maatskaplike ontwikkeling
INFRASTRUKTUURPROGRAM
Dié program is toegespits op die skep van werk deur boukundige werksprojekte wat arbeidsintensiewe metodes van konstruksie gebruik. Bykans 37 000 km paaie, 31 000 km pypleidings, 1 500 km afvoerslote en 150 km stedelike sypaadjies sal gebou word.
Dit sal 750 000 werksgeleenthede vir geteikende werklose mense skep in die gebiede waar die projekte onderneem word. (Omdat die projekte gemiddeld vier maande duur, word dit omgereken in 250 000 persoonsjare se werk.) Al die mense wat aan die projekte werk sal opgelei word en die Departement van Arbeid sal daarvoor betaal.
EKONOMIESE PROGRAM
Die ekonomiese sektor se leerlingskapprogram het ten doel om 3 000 werklose mense oor die volgende vyf jaar by entrepreneurs leerlingskapprogramme betrokke te kry. Daar word beraam dat elke mikro-onderneming wat gestig word nog drie mense in diens sal neem.
Die Leerlingskapprogram sal ontluikende entrepreneurs help om die vaardighede en ondervinding op te doen wat vir die stig van KMMO's nodig is. Leerders sal op voltydse SETA-befondse leerlingskappe geregistreer word en gesteun word met die stig van mikro-ondernemings. Leerkontrakte sal leerders praktiese ondervinding gee. Die leerders sal hulle leerlingskappe voltooi met die nodige tegniese kennis om hulle ondernemings te stig, kennis van hoe om vir openbare sektorprojekte te tender, kennis van die bestuur van 'n onderneming, 'n erkende kwalifikasie, ondervinding en 'n kredietgeskiedenis.
OMGEWINGSPROGRAM
Bykans 201 703 werksgeleenthede sal geskep word met programme soos:
die Grondsorgprogram die Mense en Parke-inisiatief die Kussorgprogram die Volhoubare Land-gebaseerde Bestaansprojek die Ruim SA Op-program die Kweek 'n Toerisme-ekonomieprogram
Werk vir Water die Vleilandeprogram die Brandvoorkomingsprogram
Met dié program sal uitheemse plantegroei op 200 000 hektaar grond uitgeroei, 40 vleilande opgeknap, 20 brandvoorkomingsverenigings gestig, 700 kilometers van die kuslyn opgeruim, 10 000 hektaar grond gerehabiliteer, 32 afvalbestuurprogramme geskep en 150 geskiedkundige en gemeenskaps-toerismeprojekte geskep word.
MAATSKAPLIKE ONTWIKKELINGSPROGRAM
Twee programme in die maatskaplike ontwikkelingsektor is vir die UOWP vir 2004/5 uitgewys:
Die Gemeenskapsgebaseerde Tuissorgprogram (GBTS) wil 122 240 werksgeleenthede (waarvan 17 400 deur leerlingskappe sal wees) oor vyf jaar skep met 'n drieledige program in vennootskap met die Gesondheid en Maatskaplike Dienssektor Onderwysowerheid (GMSETA).
Die Vroeë Kinderjare-ontwikkelingsprogram beplan om oor 'n tydperk van vyf jaar vaardighede te ontwikkeling onder 19 800 kindersorgpraktisyns, en daardeur hulle vermoë verbeter om 'n inkomste te verdien. Terselfdertyd sal ons kinders 'n beter sorg- en leeromgewing kry.
BEGROTING:
Volledige inligting oor die Program is beskikbaar op die UOWP-webblad.Infrastruktuursektor: R45 duisend miljoen se voorwaardelike infrastruktuurtoelaes oor die volgende vyf jaar (wat op 1/3 daarvan gemik is)
Ekonomiese Sektor: sal bepaal word
Omgewings- en Kulturele Sektor: R4 duisend miljoen oor die volgende vyf jaar
Maatskaplike Ontwikkelingsektor: R600 duisend miljoen oor die volgende vyf jaar
GEBORG DEUR:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 Oktober 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
