TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Vervoer
Openbare Vervoer
Snelbusvervoerstelsel
Snelbusvervoerstelsel
DOEL:
Stedelike ontwerp gedurende die apartheidjare het veroorsaak dat Kaapstad se armes en werkersklas die verste van hul werkplekke af woon. Baie mense is dus op openbare vervoer aangewese.
Die Provinsiale Regering het 'n mobiliteitstrategie ontwikkel om die openbarevervoerstelsel te vernuwe en sommige van die probleme wat deur die bestaande infrastruktuur geskep word, aan te spreek.
Die eerste fase van hierdie omvattende projek is die instelling van 'n snelbusvervoerstelsel (SBV-stelsel) op die Klipfontein-deurgang.
Dit behels 'n toegewyde busroete van Khayelitsha na Mowbray, asook beter fietsry- en voetpaaie. Daar word verwag dat die ontwikkeling van Klipfonteinweg in 'n vervoerdeurgang vele voordele vir besighede, gemeenskappe en openbarevervoeroperateurs sal inhou.
Die projek is 'n gesamentlike inisiatief van die Departement van Vervoer en Openbare Werke en die Stad Kaapstad.
Lees meer omtrent die snelbusvervoerstelsel:
Burgemeester "opgewonde" oor historiese openbarevervoerinisiatief
EINDE:
Aan die gang
GEBORG DEUR:
Borg: Departement van Vervoer en Openbare Werke (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
