TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Vervoer
Openbare Vervoer
Nasionale Reisopname
Nasionale Reisopname
DOEL:
Statistiek Suid-Afrika het van 25 Mei tot 20 Junie 2003 'n Nasionale Reisopname namens die nasionale Departement van Vervoer gedoen.
Die opname bied 'n akkurate ontleding van die bevolking se vervoergewoontes ingedeel volgens geslag, vervoermiddel, landelike en stedelike gebiede, en plaaslike owerheidsbeplanningsones (bv. woongebiede en voorstede in Johannesburg).
Vir die opname is onderhoude is met ongeveer 50 000 huishoudings landwyd gevoer om hul vervoerpatrone te bepaal en vas te stel watter vervoermiddels hulle gebruik om werk, hospitaal en skool toe te gaan.
Die nasionale Departement van Vervoer het die opname as 'n behoefte geïdentifiseer omdat daar tans geen betroubare en gedetailleerde instrument bestaan wat die sleutelprestasie-aanduiders vir padvervoergebruikers soos aangedui in die Witskrif en die Oorgangswet op Nasionale Padvervoer kan meet nie.
Die bevindinge van die opname sal die nasionale Departement van Vervoer van inligting voorsien wat sal help met beplanning en bystand met belegging in vervoer en vervoersubsidies.
EINDE:
GEBORG DEUR:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Februarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
