






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Projekte > Gesondheid > MIV/Vigs > 100-dae Depositos: 'n Gesonde Tuiste vir Almal

100-dae Depositos: 'n Gesonde Tuiste vir Almal




BEGIN:

28 Mei 2004


EINDE:

7 September 2004


STATUS:

Afgehandel


BESKRYWING:




Gesondheid is in die eerste 100 dae bevorder deur:
* Die aantal pasinte wat teen-retrovirale behandeling kry te vermeerder
* Gesondheidsdienste by probleem Gemeenskap Gesondheidsentrums te verbeter



TEEN-RETROVIRALE BEHANDELING


Daar is 4,200 pasinte op daaglikse teen-retrovirale (TRV) behandeling by 23 behandelingspunte. Dit is 'n verhoging van 2,337 aan die einde van Maart 2004 af, en het die teiken van 3,000 pasinte wat die Premier vir die eerste 100 dae gestel het, oorskry. Die grootste behandelingspunt is die Tygerberg-hospitaal, waar 464 pasinte behandeling kry.

Die Wes-Kaapse TRV-program wil teen Maart 2005 36 geakkrediteerde TRV-behandelingspunte op die been h en daagliks TRV-behandeling aan 6,000 pasinte verskaf. (Daar word beraam dat dit die helfte van die mense is wat behandeling nodig het.)

Die TRV-program het in gesondheidsgeriewe met die nodige logistiese vermo en personeel met die nodige ondervinding begin. Dit is hoekom die behandeling aanvanklik hoofsaaklik by groter hospitale aangebied word.

Uiteindelik sal 45 tot 50 behandelingspunte egter oor twee jaar ontwikkel word. Dit sal hoofsaaklik primre sorgsentrums wees, met hospitale wat net sekondre en tersire verwysingsteun sal verskaf.

Pasinte moet aan sekere vereistes - beide medies en psigomaatskaplik voldoen - voordat hulle TRV-behandeling kry. Medies is die kriteria:
* Wreld Gesondheidorganisasie (WGO) stadium 4 siekte (behalwe tuberkulose) OF
* WGO stadium 1, 2 en 3 en tuberkulose-pasinte met 'n CD4-telling WGO stadium 1, 2 en 3 en tuberkulose-pasinte met 'n CD4-telling < 200 selle / mm


Psigomaatskaplik is die kriteria:
* Bewys van betroubaarheid, te wete, die bywoning van drie of meer geskeduleerde besoeke aan 'n MIV-kliniek.
* Geen aktiewe alkohol- of middelmisbruik nie.
* Geen onbehandelde aktiewe depressie nie.
* Bekendmaking - dit word sterk aanbeveel dat pasinte f hulle status aan minstens een vriend of familielid bekend maak f by 'n steungroep aansluit.
* Insig - pasinte moet hulle MIV-status aanvaar en insig h in die gevolge van MIV-infeksie en die rol van TRV-behandeling.
* Vermo om by te woon - pasinte moet die teen-retrovirale sentrum op 'n gereelde basis kan besoek (vervoer kan gerel word vir pasinte wat vr van die behandelingsentrum af woon).


Elke pasint word volgens die standaard Provinsiale Regering van die Wes-Kaap Teen-Retrovirale Protokol behandel. Die protokol sluit 'n eerste lyn Stavudine (d4T), Lamivudine (3TC), Efavirenz (EFZ) of Nevirapine (NVP) en 'n tweede lyn van Didanosine (ddI), Zidovudine (AZT), Lopinavir / Ritonivar (LPV/r) TRV-behandeling gesondheidsrel in.

Daar is 'n sentrale depot vir alle TRV-middels, wat van 5 Julie 2004 af funksioneer. 'n Tender is aan 'n koeriermaatskappy toegeken om te verseker dat TRV-middels betyds by alle punte afgelewer word.

Elke behandelingspunt het opgeleide voldoeningsraadgewers, wat deur 'n gekontrakteerde Organisasie Sonder Winsbejag (OSW) in diens geneem word. Alle pasinte word ook aangemoedig om gemeenskapsgebaseerde voldoeningsteun te h. Die Departement sal die verskillende modelle van gemeenskapsteun beoordeel en in die volgende boekjaar gemeenskapsteun formaliseer.

Daar is ook drie gekontrakteerde organisasies wat TRV-terapie-opleiding aan staats-gesondheidsorgwerkers in die Wes-Kaap verskaf. Dit is:
* Stigting vir Professionele Ontwikkeling (FPD)
* Medisyne Inligtingsentrum (MIC), Universiteit van Kaapstad
* web-baseerde opleiding (Steve Andrews en Vennote)


Die TRV-behandelingsprogram maak deel uit van die Nasionale Volledige MIV en Vigsplan waarvoor aan die Wes-Kaap vir 2004/2005 R23.081 miljoen toegeken is. Die Wreldwye Fonds vir die Bestryding van Vigs, Tuberkulose en Malaria het 'n toekenning van R24.9 miljoen, wat vir die tydperk van Augustus 2004 tot Julie 2005 vir die TRV-program by vyf TRV-punte in die Kaapse Metropool beskikbaar gestel sal word.

Die huidige teikens is oorskry deur vennootskappe met verskeie skenkers en internasionale agentskappe wat aansienlike bronne verskaf het om middel- en laboratoriumkoste by sommige behandelingspunte te dek. Daarbenewens het die toewyding en samewerking van talle ander vennote, wat nie-regeringsorganisasies (NRO's), burgerlike gemeenskapsorganisasies, navorsers, akademici en kliniese personeel insluit, gehelp.


VERBETERINGS BY GEMEENSKAP GESONDHEIDSENTRUMS


Die gemeenskappe van Elsiesrivier, Delft, Hanover Park, Retreat, Bonteheuwel/Langa, Gugulethu, Mitchells Plain, Kraaifontein en Khayelitsha trek voordeel uit die verskaffing van 'n verbeterde gesondheidsdiens by hulle gemeenskap gesondheidsentrums (GGS), soos die Premier belowe het.

Vernuwings, soos 'n afspraakstelsel, 'n vinnige ry vir die afhaal van medisyne en 'n klubstelsel vir chronies-bestendige pasinte, het die lang wagtye wat gewoonlik by die sentrums ondervind is, laat afneem.

Wat die afspraakstelsel betref, moet pasinte 'n uur voor hulle afsprake opdaag om hulle lers te kry. Hulle word dan in die snelbaan na 'n gepaste waggebied gestuur.

Die snelbaan vir die afhaal van medisyne beteken dat die aantal medisyne-items wat pasinte nodig het bepaal hoe lank hulle moet wag: as 'n pasint net een of twee items nodig het, sal hulle gou gehelp word. As hulle egter meer items nodig het, sal hulle dalk moet wag.

In die klubstelsel vir chronies-bestendige pasinte maak die personeel by die klinieke vier- of ses-maandelikse afsprake vir pasinte wat aan die klubstelsel behoort. Pasinte word egter aanges om as hulle sleg voel, nie vir hulle klubafspraak te wag nie, maar dadelik die naaste Gemeenskap Gesondheidsentrum (GGS) te besoek.

Die Departement van Gesondheid het onderneem om medisyne gereeld te verskaf. Pasinte sal nie meer huistoe gestuur word met 'n nota en aanges word om die volgende dag hulle medisyne te kom haal nie.

Fasiliteitbestuurders is ook by die meeste klinieke aangestel om seker te maak dat al die veranderings wat ingestel is, vlot werk.

By die meeste van die klinieke is duidelike tekens, soos die naam van die gemeenskap gesondheidsentrum, aangebring. In die sentrum is daar ook tekens wat pasinte vir hulp na die regte gebiede verwys.

Die Delft Gemeenskap Gesondheidsentrum (wat nou as die GGS van Uitnemendheid bekend staan) is baie trots op 'n skuiling wat spesiaal vir lede van die gemeenskap gebou is om hulle besoek aan die GGS aangenamer en gemakliker te maak.




Terug na 100 Dae Depositos: Rapport >




GEBORG DEUR:

Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





