TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Gesondheid
100-dae Depositos: 'n Gesonde Tuiste vir Almal
-dae Depositos: 'n Gesonde Tuiste vir Almal
EINDE:
Afgehandel
BESKRYWING:
Gesondheid is in die eerste 100 dae bevorder deur:
Die aantal pasiënte wat teen-retrovirale behandeling kry te vermeerder
Gesondheidsdienste by probleem Gemeenskap Gesondheidsentrums te verbeter
Daar is 4,200 pasiënte op daaglikse teen-retrovirale (TRV) behandeling by 23 behandelingspunte. Dit is 'n verhoging van 2,337 aan die einde van Maart 2004 af, en het die teiken van 3,000 pasiënte wat die Premier vir die eerste 100 dae gestel het, oorskry. Die grootste behandelingspunt is die Tygerberg-hospitaal, waar 464 pasiënte behandeling kry.
Die Wes-Kaapse TRV-program wil teen Maart 2005 36 geakkrediteerde TRV-behandelingspunte op die been hê en daagliks TRV-behandeling aan 6,000 pasiënte verskaf. (Daar word beraam dat dit die helfte van die mense is wat behandeling nodig het.)
Die TRV-program het in gesondheidsgeriewe met die nodige logistiese vermoë en personeel met die nodige ondervinding begin. Dit is hoekom die behandeling aanvanklik hoofsaaklik by groter hospitale aangebied word.
Uiteindelik sal 45 tot 50 behandelingspunte egter oor twee jaar ontwikkel word. Dit sal hoofsaaklik primêre sorgsentrums wees, met hospitale wat net sekondêre en tersiëre verwysingsteun sal verskaf.
Pasiënte moet aan sekere vereistes - beide medies en psigomaatskaplik voldoen - voordat hulle TRV-behandeling kry. Medies is die kriteria:
Bewys van betroubaarheid, te wete, die bywoning van drie of meer geskeduleerde besoeke aan 'n MIV-kliniek.
Geen aktiewe alkohol- of middelmisbruik nie.
Geen onbehandelde aktiewe depressie nie.
Bekendmaking - dit word sterk aanbeveel dat pasiënte óf hulle status aan minstens een vriend of familielid bekend maak óf by 'n steungroep aansluit.
Insig - pasiënte moet hulle MIV-status aanvaar en insig hê in die gevolge van MIV-infeksie en die rol van TRV-behandeling.
Daar is 'n sentrale depot vir alle TRV-middels, wat van 5 Julie 2004 af funksioneer. 'n Tender is aan 'n koeriermaatskappy toegeken om te verseker dat TRV-middels betyds by alle punte afgelewer word.
Elke behandelingspunt het opgeleide voldoeningsraadgewers, wat deur 'n gekontrakteerde Organisasie Sonder Winsbejag (OSW) in diens geneem word. Alle pasiënte word ook aangemoedig om gemeenskapsgebaseerde voldoeningsteun te hê. Die Departement sal die verskillende modelle van gemeenskapsteun beoordeel en in die volgende boekjaar gemeenskapsteun formaliseer.
Daar is ook drie gekontrakteerde organisasies wat TRV-terapie-opleiding aan staats-gesondheidsorgwerkers in die Wes-Kaap verskaf. Dit is:
Stigting vir Professionele Ontwikkeling (FPD)
Die TRV-behandelingsprogram maak deel uit van die Nasionale Volledige MIV en Vigsplan waarvoor aan die Wes-Kaap vir 2004/2005 R23.081 miljoen toegeken is. Die Wêreldwye Fonds vir die Bestryding van Vigs, Tuberkulose en Malaria het 'n toekenning van R24.9 miljoen, wat vir die tydperk van Augustus 2004 tot Julie 2005 vir die TRV-program by vyf TRV-punte in die Kaapse Metropool beskikbaar gestel sal word.
Die huidige teikens is oorskry deur vennootskappe met verskeie skenkers en internasionale agentskappe wat aansienlike bronne verskaf het om middel- en laboratoriumkoste by sommige behandelingspunte te dek. Daarbenewens het die toewyding en samewerking van talle ander vennote, wat nie-regeringsorganisasies (NRO's), burgerlike gemeenskapsorganisasies, navorsers, akademici en kliniese personeel insluit, gehelp.
VERBETERINGS BY GEMEENSKAP GESONDHEIDSENTRUMS
Vernuwings, soos 'n afspraakstelsel, 'n vinnige ry vir die afhaal van medisyne en 'n klubstelsel vir chronies-bestendige pasiënte, het die lang wagtye wat gewoonlik by die sentrums ondervind is, laat afneem.
Wat die afspraakstelsel betref, moet pasiënte 'n uur voor hulle afsprake opdaag om hulle lêers te kry. Hulle word dan in die snelbaan na 'n gepaste waggebied gestuur.
Die snelbaan vir die afhaal van medisyne beteken dat die aantal medisyne-items wat pasiënte nodig het bepaal hoe lank hulle moet wag: as 'n pasiënt net een of twee items nodig het, sal hulle gou gehelp word. As hulle egter meer items nodig het, sal hulle dalk moet wag.
In die klubstelsel vir chronies-bestendige pasiënte maak die personeel by die klinieke vier- of ses-maandelikse afsprake vir pasiënte wat aan die klubstelsel behoort. Pasiënte word egter aangesê om as hulle sleg voel, nie vir hulle klubafspraak te wag nie, maar dadelik die naaste Gemeenskap Gesondheidsentrum (GGS) te besoek.
Die Departement van Gesondheid het onderneem om medisyne gereeld te verskaf. Pasiënte sal nie meer huistoe gestuur word met 'n nota en aangesê word om die volgende dag hulle medisyne te kom haal nie.
Fasiliteitbestuurders is ook by die meeste klinieke aangestel om seker te maak dat al die veranderings wat ingestel is, vlot werk.
By die meeste van die klinieke is duidelike tekens, soos die naam van die gemeenskap gesondheidsentrum, aangebring. In die sentrum is daar ook tekens wat pasiënte vir hulp na die regte gebiede verwys.
Die Delft Gemeenskap Gesondheidsentrum (wat nou as die GGS van Uitnemendheid bekend staan) is baie trots op 'n skuiling wat spesiaal vir lede van die gemeenskap gebou is om hulle besoek aan die GGS aangenamer en gemakliker te maak.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
GEBORG DEUR:
Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
