Die doel met Khanya is om kennis te bevorder en opvoeders se bekwaamheid te verhoog deur die gebruik van toepaslike, beskikbare en bekostigbare tegnologie te integreer met die leerplanleweringsproses.
Aan die begin van die 2012 akademiese jaar, sal elke leerkrag en elke skool in die Wes-Kaap bemagtig wees om die toepaslike en beskikbare tegnologie te gebruik om die leerplan te lewer aan elke enkele leerder in die provinsie. "
Khanya begin by die mees benadeelde skole en werk om die digitale skeiding uit te wis en rasse en geslagsgelykheid te bereik.
Van die spesifieke doelwitte van die projek is onder meer:
die gebruik van tegnologie om onderwysers te help om leerders die geleentheid te gee om baat te vind by 'n verskeidenheid leerstyle, met die gebruik van tegnologie om tegnologie te gebruik om gestremde leerders te help om die aantal leerders wat Wiskunde en Wetenskap op hoër graad neem en dit suksesvol onder die knie kry te vermeerder om die leerders voor te berei op die Inligtingstydperk die vernouing van die digitale skeiding om al die onderwysers en leerders in die provinsie 'n e-posadres te gee.
Prestasies
Vir Meer Inligting
Die Khanyaprojek is 'n inisiatief van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, wat in April 2001 afgeskop het. Die projek kyk na maniere om inligting, kommunikasie en oudiovisuele tegnologie te gebruik om onderwys en opleiding te verbeter, of leerplanlewering in skole.
Die doel is dat elke onderwyser in die Wes-Kaap uiteindelik tegnologie, soos rekenaars of televisie, of beide, in die klaskamer sal gebruik. Dit kan help om die tekort aan opgeleide onderwyspersoneel by baie skole te verlig. Die projek verwag ook dat leerders in staat sal wees om rekenaars te kan gebruik om te leer.
Hardeware in die vorm van rekenaars en sagteware soos rekenaarprogramme word aan skole verskaf. Die toepassing hang af van die spesifieke behoeftes van die skool.
Hoewel alle skole uiteindelik bereik sal word, is die projek aanvanklik ingestel waar die behoefte die grootste is en waar resultate mees waarskynlik bereik sal word.
Die projek is dus toegespits op goed-bestuurde skole in arm gebiede, met goeie akademiese uitslae, waar nuwe tegnologie die grootste verskil sal maak aan die lewens van onderwysers en leerders. Die skole word genooi om by die projek aan te sluit wanneer hulle personeel gereed is om die tegnologië toe te pas en dit in hulle onderwyspraktyke te integreer.
Die projek het 'n oorsig gedoen om uit te vind wat die tegnologiebehoeftes is van elke skool. Rekenaarnetwerke word ingestel met verbinding met die Internet en oudiovisuele geriewe in indiwiduele skole wat aan hulle spesifieke onderwysbehoeftes voldoen.
Khanya se geweldige sukses is deels te danke aan die indrukwekkende vennootskappe tussen die projek, private ondernemings, organisasies sonder winsmotief en ander regeringsdepartemente en -projekte.
Die Rekenaarvereniging van Suid-Afrika staan Khanya by deur leerlingskappe in te skakel by die Khanya Leerlingskapprogram. As jy belangstel om aan die program deel te neem, voltooi die belangstellingsvorm.
PRESTASIES
Die Khanyaprojek word plaaslik en internasionaal hoog aangeskryf. Die nuutste prestasie is behaal in September 2004, toe dit die Standard Banksentrum vir Openbare Sektor Innoveringstoekenning in die kategorie Innoverende Diensleweringsinstellings gewen het.
skole is gehelp om tegnologie doeltreffend te gebruik.
Nog 134 skole is in verskillende stadiums van voorbereiding vir die volgende vlaag toepassings.
Altesaam 18,306 rekenaars word in Khanyaskole gebruik (hiervan is 10,561 gekoop deur Khanya of hulle skenkervennote, en die balans van 7,745 is deur die skole self in die hande gekry).
,034 Onderwysers word bemagtig om tegnologie optimaal te gebruik vir leerplanlewering.
,460 leerders pluk reeds die vrugte van die projek.
VIR MEER INLIGTING
Khanya het 'n uitvoerige webwerf wat besonderhede bevat van hulle bedrywighede in spesifieke skole en streke, sowel as antwoorde op vrae wat dikwels gevra word oor die projek.
Of jy kan in verbinding tree met:
Tel: 021 467 2223
Faks: 021 425 7458
