Bambanani Teen Misdaad wil dié 2004/2005 feesseisoen vir almal veiliger maak deur die polisie se sigbaarheid en toeganklikheid te verhoog op besige plekke, soos strande, treine en winkelsentrums.
n Veiliger Tuiste vir Almal op ons Paaie n Veiliger Tuiste vir Almal op ons Strande n Veiliger Tuiste vir Almal op ons Treine n Veiliger Tuiste vir Al ons Vroue en Kinders n Veiliger Tuiste vir Almal in ons Gemeenskappe
In die 2004/2005 feesseisoen sal die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe, saam met gemeenskapsvrywilligers en buurtwaglede deelneem aan die Veiliger Seisoenveldtog om seker te maak dat inwoners en besoekers 'n vreedsame en veiliger Kersfees en Nuwejaar geniet.
Verlede jaar se veiliger seisoenveldtog het die veiligste vakansieseisoen opgelewer wat die Wes-Kaap in 'n dekade beleef het.
Vergeleke met dieselfde seisoen die vorige jaar het:
Moorde met 34% afgeneem
Poging tot moord het met 31% afgeneem
Verkragting het met 12% afgeneem
Die veldtog word toegespits op:
gemeenskappe - deur sekerheidsamptenare in hoë-risiko woongebiede te ontplooi en 'n streng klokreël op sjebiens toe te pas strande - deur 'n verbod toe te pas op alkohol, bykomende sekerheid op strande te verskaf en vermaak te reël treine - deur sekerheid te verhoog, wat gereelde deursoekings en meer beskerming vir pendelaars insluit paaie - deur toe te slaan op dronkbestuur en padblokkades en spesiale howe op die N1 en N2 te hou.
winkelsentrums, jeug- en gemeenskapsaktiwiteite - deur verhoogde sekerheid.
Al ons wetstoepassingsagentskappe, gelei deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, saam met ons munisipale polisie, plaaslike wetstoepassers en verkeersbeamptes, in vennootskap met ons gemeenskapstrukture soos GPFs en Buurwagte, sal die feesseisoen ten volle ontplooi wees "
Gebiede wat spesifiek geteiken word, sluit in:
Bambanani ('n Xhosa-woord wat saamstaan/verenig beteken) is ontwerp om alle mense en vennote teen misdaad te verenig. Bambanani bou verhoudings tussen die polisie en die gemeenskappe op en spoor mense aan om hulle rol in misdaadvoorkoming te vervul.
