100-dae Depositos: 'n Veiliger Tuiste vir Almal
-dae Depositos: 'n Veiliger Tuiste vir Almal
Veiligheid is in die eerste 100 dae verbeter, deur:
nuwe Spoorwegpolisie-rekrute by die Philippi-kollege op te lei betaalde Bambanani vrywilligers te gebruik om die Spoorwegpolisie bystaan polisiekantore in hoë-misdaadgebiede op te gradeer
Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Oortredingseenhede by polisiekantore te stig dwelmbase in hegtenis te neem
OPLEIDING VAN SPOORWEGPOLISIE
Veiligheid op treine wek al lank kommer, en in Mei 2004 is besluit dat die Spoorwegpolisie weer nasionaal op treine ontplooi sal word. Die projek het in Kaapstad begin. Die nuwe Spoorwegpolisielede, wat onder die Suid-Afrikaanse Polisiediens val, moet eers opleiding ondergaan voordat hulle op treine kan werk. Meer as 400 rekrute het in die 100 dae-tydperk met hulle opleiding by die Philippi Opleidingskollege begin.
Die huidige Bambanani Veiligheid op Treineprojek, waardeur vrywilligers treine beveilig, het 'n afname in misdaadvlakke teweeggebring toe dit in 'n proefprojek tydens die Veiliger Feesseisoenprogram van Desember 2003 tot Januarie 2004 getoets is. Die vrywilligers sal steeds op 'n betaalde basis saamwerk totdat die nuwe Spoorwegpolisie behoorlik aan die gang is.
MEER EN BETER POLISIEKANTORE
Soos voorstede en townships in die metropolitaanse deel van die Wes-Kaap groei wat gebied sowel as bevolking betref, is daar 'n behoefte aan meer polisiekantore om met die groei tred te hou.
In die 100 dae is nuwe of opgegradeerde polisiekantore geopen om die uitdaging te begin hanteer. Khayelitsha, een van die streke met die hoogste misdaadvlak in die Kaapstadse metropool, het nou drie volledige polisiekantore met die opening van die opgegradeerde Harare, Lingelethu en Philippi-Oos polisiekantore. Dit is op 22 Augustus 2004 deur die Premier en Minister Ramatlakane behartig. Op 30 Augustus 2004 is die opgegradeerde Kleinvlei polisiekantoor ook geopen.
GESINGSGEWELD-, KINDERBESKERMING- EN SEKSUELE OORTREDINGSEENHEDE
Toe die Speurdiens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens hersaamgestel is, is daar besluit dat afgesonderde Kinderbeskermingseenhede vervang sal word met Gesinsgeweld-, Kinderbeskerming- en Seksuele Oortredingseenhede (GKS). Dit sal in polisiestasies gesetel wees en dus kennis op die gebied nader aan die mense bring.
Met die opening van nuwe GKS-eenhede in die 100 dae behoort daar nou 'n GKS-eenheid naby alle Wes-Kaapse polisiekantore te wees.
Die personeel in GKS-eenhede weet hoe om seksuele misdade teen vroue en kinders te hanteer, omdat hulle die opleiding ondergaan het wat hulle help om die misdade op die regte manier te ondersoek en die behoeftes van die slagoffer in ag te neem.
Die GKS-eenhede wat in die 100 dae geopen is, is in:
Die teenwoordigheid van bekende dwelmbase op die strate breek respek vir die polisie en die wet af. Daar is gehoop dat drie sulke dwelmbase in die 100 dae-tydperk in hegtenis geneem sou word. Twee van die arrestasies was suksesvol.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
