TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Sake en Ekonomie
Klein Sakeondernemings
1000 x 1000-veldtog x 1000-veldtog
DOEL:
Die doel met die projek is om:
entrepreneurskap onder werkloses aan te moedig werkloosheid te laat afneem deur mense die kans te gee om 'n onderneming op die been te bring volledige steun oor 'n tydperk van 4 maande vir die 1 000 deelnemers te verskaf
Dié program is deel van die Red-deur-uitreikprogram.
EINDE:
Aan die gang
BESKRYWING:
VRAE WAT GEREELD GEVRA WORD:
Gee my meer inligting oor die projek.
Sal ek die R1 000 in kontant kry?
Wanneer sluit inskrywings vir die program?
Kan ek meer as een inskrywing instuur? Sê nou maar ek het meer as een goeie idee?
Kan ek inskryf as ek reeds 'n onderneming het?
Sal ek die geld moet teruggee?
Kan meer as een familielid vir die veldtog inskryf?
Kan ons die geld saamgooi of saam inskryf?
Is dit net bedoel vir voorheen benadeelde mense?
Wat gebeur as die onderneming nie slaag nie?
Sal daar iemand wees wat ons sal help?
Ek kom nie oor die weg met my mentor nie. Wat kan ek doen?
Ek het 'n graad / Ek het studeer. Kan ek inskryf?
Die Projek
Die Wes-Kaapse regering sal 1 000 werklose mense elk 'n R1 000 gee om hulle eie ondernemings op die been te bring. Al wat jy moet hê is 'n GOEIE sake-idee. As ons daarvan hou, sal ons jou 'n R1 000 en GRATIS kennersraad gee.
Enige Suid-Afrikaanse burger wat ouer as 18 is, wat in die Wes-Kaap woon, mag inskryf.
Aansoekvorms kan afgehaal en afgelewer word by openbare biblioteke en Red-deurkantore of afgelaai word.
Lees die reëls en advertensie hier.
Die veldtog werk soos volg:
Daarna sal daar met almal wat ingeskryf het in verbinding getree word om inligting na te gaan.
n Eerste ronde uitdunproses sal volg en persoonlike onderhoude sal in September met die deelnemers wat deurdring gevoer word.
Aan die einde van Oktober sal die 1 000 name aangekondig word.
Die deelnemers sal bygestaan word met die opstel van 'n sakeplan gegrond op hulle idee met die hulp van 'n mentor.
Hulle sal een maand hê om dit te voltooi.
Die R1 000 sal dan toegeken word.
Vir drie maande daarna sal die onderneming bygestaan word en gemonitor word deur 'n verpligte mentor.
n Finale ontleding sal gedoen word en die wenners sal in Maart 2006 aangekondig word.
Die wenners sal tot R5 000 kry om hulle ondernemings mee uit te brei.
Dit is 'n inisiatief van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme.
Sal ek die R1 000 in kontant kry?
Nee, voorraad of toerusting vir jou onderneming sal namens jou aangekoop word
Wanneer sluit inskrywings vir die veldtog?
Kan ek meer as een inskrywing instuur? Sê nou maar ek het meer as een goeie idee?
Nee, jy sal die beste een moet kies vir jou sukses.
Kan ek inskryf as ek reeds 'n onderneming het?
Nee, die veldtog is net vir mense wat werkloos is. Vir mense wat geen inkomste hoegenaamd het nie.
Sal ek die geld moet teruggee?
Ja, maar ondernemings wat nie slaag nie, sal nie gestraf word nie, maar hulle sal rekenskap moet gee van die geld wat uitgegee is. As daar vasgestel word dat die geld op 'n roekelose manier gebruik is, of vir 'n ander doel as die goedgekeurde sakeplan, sal die deelnemer die geld moet terugbetaal.
Kan meer as een familielid vir die veldtog inskryf?
Ja, in hulle eie hoedanigheid en met hulle eie sake-idee.
Kan ons geld saamgooi en saam inskryf?
Nee, een persoon en een idee per inskrywing. Geld kan nie saamgegooi word nie.
Is dit net vir voorheen benadeelde mense?
Nee, alle burgers mag inskryf, maar jy moet werkloos wees.
Wat gebeur as die onderneming nie slaag nie?
Jy sal nie gestraf word as die onderneming nie slaag nie, maar jy sal moet rekenskap gee vir die prosedures wat jy met die onderneming gevolg het.
Sal daar iemand wees wat ons sal help?
Ja, elke persoon sal 'n VERPLIGTE mentor kry.
Ek kom nie klaar met my mentor nie, wat kan ek doen?
Klagtes/ontevredenheid kan aan die oorhoofse projekbestuurder gestuur word, wat die saak sal hanteer.
Ek het 'n graad / Ek het studeer? Mag ek inskryf?
Natuurlik, mits jy nie op die oomblik werk of voltyds studeer nie.
GEBORG DEUR:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Augustus 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
