Kuns in Ondernemingsprojek
Kuns in Ondernemingsprojek
Om die kulturele bedrywe in die Wes-Kaap te bevorder deur plaaslike kunstenaars te steun.
DIE WêRELD VAN WERK IN DIE WES-KAAP
Kliek op elke beeld vir fyner besonderhede
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die KunsDécor Projek ook bekend as Kuns in Ondernemings, van stapel gestuur om kunstenaars in die Wes-Kaap 'n platform te gee om hulle produkte in 2005 te bemark. Die projek word beskou as 'n belangrike inisiatief in die ontwikkeling van die skeppende kunste en kulturele bedrywe op 'n baie praktiese manier.
Kunstenaars uit die Wes-Kaap moes "Die Wêreld van Werk in die Wes-Kaap" vasvang. Tonele wat oorlewingsondernemings, kleinsake en mense wat in formele organisasies werk uitbeeld, is ingedien.
Die skilderye moes in akriel- of olieverf wees op veselbord of doek en moes 60 cm wyd en 40 cm diep wees. Aansoekers op die kortlys het 'n keuringsproses ondergaan. Die skilderye moes binne twee weke van die datum van aanstelling af voltooi wees.
Die Departement beoog om 'n versameling skilderye oor 'n tydperk op te bou. Besonderhede van die kunstenaars word beskikbaar gemaak om potensiële kopers in staat te stel om die kunstenaars direk te skakel.
Lede van die groep kunstenaars het uitgestal by die Toerismeskou , Kleinsakeweek en in die KunsteKaap Marmervoorportaal, KunsteKaap, Kaapstad in Maart 2006 tydens die Kaapstadfees. Die Departement het die werke van 20 kunstenaars uit die Wes-Kaap ingeskryf vir POSITIEF 2006.
Kommentaar van die Kunstenaars
Velile Soha het van jongs af in kuns belanggestel. Hy het teken, beeldhou, fotografie, skilder, grafiese kuns en kunsgeskiedenis bestudeer. As 'n voltydse kunstenaar is Velile se werk uitgestal op verskeie solo- en groepuitstallings in Suid-Afrika, Namibië, Amerika en Europa. "My doel is om ander gemeenskappe te wys hoe my mense lewe," sê Velile.
Raymond Lawrence is van Arniston. Hy is nie gevorm deur formele kunsopleiding nie en het plaaslike tonele begin teken terwyl hy nog op skool was. "Ek skilder Kassiesbaai en ander tonele net uit geheue, eerder as om op die toneel te wees," sê hy.
