






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Projekte > Kuns en Kultuur > Befondsing en Ondersteuning > Kuns in Ondernemingsprojek

Kuns in Ondernemingsprojek




DOEL:

Om die kulturele bedrywe in die Wes-Kaap te bevorder deur plaaslike kunstenaars te steun.


BEGIN:

2005


EINDE:

2006


BESKRYWING:



 



DIE WRELD VAN WERK IN DIE WES-KAAP
Kliek op elke beeld vir fyner besonderhede




 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 

 

 
 

 


Besoek vir meer kunswerke deur di en ander Suid-Afrikaanse kunstenaars www.saart.co.za.


 
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die KunsDcor Projek ook bekend as Kuns in Ondernemings, van stapel gestuur om kunstenaars in die Wes-Kaap 'n platform te gee om hulle produkte in 2005 te bemark. Die projek word beskou as 'n belangrike inisiatief in die ontwikkeling van die skeppende kunste en kulturele bedrywe op 'n baie praktiese manier.

Kunstenaars uit die Wes-Kaap moes "Die Wreld van Werk in die Wes-Kaap" vasvang. Tonele wat oorlewingsondernemings, kleinsake en mense wat in formele organisasies werk uitbeeld, is ingedien.

Die skilderye moes in akriel- of olieverf wees op veselbord of doek en moes 60 cm wyd en 40 cm diep wees. Aansoekers op die kortlys het 'n keuringsproses ondergaan. Die skilderye moes binne twee weke van die datum van aanstelling af voltooi wees.

Die Departement beoog om 'n versameling skilderye oor 'n tydperk op te bou. Besonderhede van die kunstenaars word beskikbaar gemaak om potensile kopers in staat te stel om die kunstenaars direk te skakel.

Lede van die groep kunstenaars het uitgestal by die Toerismeskou (2005), Kleinsakeweek (2005) en in die KunsteKaap Marmervoorportaal, KunsteKaap, Kaapstad in Maart 2006 tydens die Kaapstadfees. Die Departement het die werke van 20 kunstenaars uit die Wes-Kaap ingeskryf vir POSITIEF 2006.



Kommentaar van die Kunstenaars

Velile Soha het van jongs af in kuns belanggestel. Hy het teken, beeldhou, fotografie, skilder, grafiese kuns en kunsgeskiedenis bestudeer. As 'n voltydse kunstenaar is Velile se werk uitgestal op verskeie solo- en groepuitstallings in Suid-Afrika, Namibi, Amerika en Europa. "My doel is om ander gemeenskappe te wys hoe my mense lewe," s Velile.

Robert Thembinkosi van Zwelethemba in Worcester het in 1980 die skone kunste bestudeer. Hy het plaaslik en internasionaal uitgestal. Robert skryf ook posie en kortverhale. "Ek skilder muurpanele, baniere en kennisgewingsborde en leer die kinders van Zwelethemba (die geheime) van die skone kunste," s Robert.

Raymond Lawrence is van Arniston. Hy is nie gevorm deur formele kunsopleiding nie en het plaaslike tonele begin teken terwyl hy nog op skool was. "Ek skilder Kassiesbaai en ander tonele net uit geheue, eerder as om op die toneel te wees," s hy.



GEBORG DEUR:

Department of Economic Development and Tourism (Provincial Government of the Western Cape)




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Junie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





