100-dae Depositos: 'n Samewerkende Tuiste vir Almal
-dae Depositos: 'n Samewerkende Tuiste vir Almal
Samewerkende regering wat tot verhoogde dienslewering lei is in die eerste 100 dae bevorder deur:
Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program-projekte (GMIP)
Behuisingsprojekte te laat vloei
Rampspanne te skep
GEKONSOLIDEERDE MUNISIPALE INFRASTRUKTUUR PROGRAM (GMIP)
Die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program (GMIP) is nasionaal ontwikkel om munisipaliteite te steun mt die verskaffing van nuwe infrastruktuur, sowel as die opknapping en opgradering van bestaande infrastruktuur, veral in benadeelde gemeenskappe.
Munisipaliteite is die primêre verskaffers van dienste aan inwoners. Dit sluit toegang tot water, sanitasie, die bestuur van vaste afval, bekostigbare en veilige bronne van energie, vervoer, onderwys, gesondheidsdienste en skuiling, sowel as doeltreffende rampbestuur in. GMIP-geld word in sewe projekkategorië toegedeel (water, sanitasie, paaie, vaste afval, gemeenskapsgeriewe, gemeenskapsbeligting en afvoerwater).
GMIP in die Wes-Kaap het van 1997 tot 2004 R689,1 miljoen aan 1 063 munisipale infrastruktuurprojekte bestee, wat ook werk vir ongeveer 2 411 miljoen persoonsdae geskep het.
In die 100 dae is GMIP-projekte aan die volgende munisipaliteite oorhandig:
BEHUISINGSPROJEKTE
Behuisingsprojekte kan vasval, soms weens die teenstrydige behoeftes en eise in gemeenskappe. In die eerste 100 dae is met positiewe stappe, soos die hou van gemeenskap-imbizo's om geskille by te lê, die volgende behuisingsprojekte te laat vloei:
RAMPSPANNE
n Raamwerk is geskep vir die voorkoming en vermindering van brande en stadige oorstromings in informele nedersettings om doeltreffende rampbestuur in die gebiede te verseker. Gebiede wat voordeel behoort te trek uit meer doeltreffende noodoptrede sluit Brown's Farm, Guguletu, Kruispad, Kosovo, Wallacedene en Doringwacht in.
n Samewerkende regeringspitsberaad vir alle plaaslike regering-raadslede is op 21 Junie 2004 gehou. Dit behoort beter samewerking tussen provinsiale en plaaslike regering tot gevolg te hê.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
