






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO|IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Izalathiso > Amaphulo > URhulumente & Nolawulo Ngentando Yesininzi > Uphuhliso Loorhulumente Bamakhaya > Rampbestuursteunstelsel

Rampbestuursteunstelsel




INJONGO:

Om 'n rekenaarprogram vir Nood -en Rampbestuurstelsel te voorsien. Die rekenaarprogram sal vir rampbestuursgereedheid en beplanning aangewend word. Die bestuurstelsel sal vir die pro-aktiewe bestuur van noodgevalle en rampe asook die kordinering van mannekrag en toerusting tydens insidente aangewend word.


ISIQALO:

1 uJanuwari 2002


ISIPHELO:

31 uDisemba 2004


INKCAZELO:


Om te voldoen aan die vereistes van die Rampbestuurwet van 2002 soos gepromulgeer op 15 Januarie 2003, het die Wes-Kaapse Provinsiale Regering 'n rampbestuurprogrammatuurprogram aangeskaf (die tender is toegeken aan Africon Engineering International) wat binnekort aan al die munisipaliteite, Provinsiale Departemente, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens beskikbaar gestel sal word. Die rampbestuurprogrammatuurprogram sal 'n meganisme bied waardeur toepaslike organisasies inligting sal kan aanstuur na die Subdirektoraat Rampbestuur, wat op sy beurt die gekombineerde databasis sal kordineer soos wat nodig is vir die totstandbrenging van die Provinsiale Rampbestuursentrum.

Die programmatuurprogram (GEMC3) kan 'n insident opskuif van munisipale vlak na die volgende bestuursvlak en beskik oor die vermo om die betrokke rampbestuursplan te aktiveer.

Voorts is die stelsel tot die volgende in staat:

* Sterk karterings- en regstreekse voertuig- en hulpbronopspoorvermo.
* Regsreekse videotoevoer.
* Log van die impak van 'n ramp.
* L van 'n ouditspoor stap vir stap om te bepaal wie wat en wanneer gedoen het namate die rampingryping plaasvind.
* Die verskaffing van situasieverslae vir die Nasionale Rampbestuursentrum.

Een van die kwessies wat aandag moet geniet, is die orde van samehang tussen die munisipaliteite en SITA se Openet Wyearea-netwerk. Eers as hierdie orde van samehang vasgestel is, kan die instelling 'n aanvang neem.

Die programmatuurprogram is in verskillende opsigte aangewend, soos blyk uit die volgende:

Brand in die informele nedersetting op Grabouw
Verskeie hutte is op Sondag 23 September 2002 in die informele nedersetting op Grabouw deur brand verwoes en honderde mense is dakloos gelaat.

Die 2003 Krieketwreldbeker
Die 2003 Krieketwreldbekertoernooi is in Suid-Afrika aangebied en deelnemende spanne het op 'n hele aantal krieketvelde oor Suid-Afrika deelgeneem. Die sowat 20 wedstryde wat in die Wes-Kaap gespeel is, het op die Nuweland Krieketstadion in Kaapstad en die Boland Krieketstadion in die Paarl plaasgevind.

Die organiseerders van die Krieketwreldbekertoernooi het geen moeite ontsien om die veiligheid van die krieketspelers, die toeskouers en besoekende hoogwaardigheidsbeklers te verseker nie. Dit is moontlik gemaak deur uitvoerige rampbestuursplanne vir albei krieketstadions op te stel.

Die 2003 en 2004 Cape Argus Pick 'n Pay Fietstoer
Die negatiewe publisiteit wat aan die 2002 Fietstoer gekoppel was, het kommer veroorsaak en die wedrenorganiseerders het die Wes-Kaapse Provinsiale Regering om hulp genader. Die Provinsiale Regering het ingestem om hiermee hulp te verleen.

* Provinsiale Mediesenooddiensambulanse is aan die organiseerders beskikbaar gestel.
* RBIBS is aan die wedrenorganiseerders beskikbaar gestel.
* Mediesenooddienspersoneellede het die wedrenorganiseerders bygestaan met insidentbestuur; die neem van oproepe en die registrasie van insidente in die RBIBS, asook die stuur van hulptoerusting na insidente.

Montagu vloede van Maart 2003
Gedurende Maart 2003 het 'n afsnylaedrukgebied oor die Bolandse berge ontwikkel. Namate die afsnylaag verdiep het, het 'n weertoestand ontwikkel wat gelei het tot buitengewone swaar ren oor die hele Suid- Kaap streek. Vanwe die vloedskade wat gevolg het, het die Staatspresident die streek tot 'n nasionale rampgebied verklaar.



IXHASWA NGEZIMALI YI-:

UPhuculo lwamaseko angaphakathi ezibonelelo ooMasipala (ISebe loRhulumente woMmandla nezeZindlu, uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)




This content also available in English

YAYAMENE

* ULawulo lweNtlekele (IiNkonzo)



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 7 uMeyi 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





