Om 'n rekenaarprogram vir Nood -en Rampbestuurstelsel te voorsien. Die rekenaarprogram sal vir rampbestuursgereedheid en beplanning aangewend word. Die bestuurstelsel sal vir die pro-aktiewe bestuur van noodgevalle en rampe asook die koördinering van mannekrag en toerusting tydens insidente aangewend word.
Om te voldoen aan die vereistes van die Rampbestuurwet van 2002 soos gepromulgeer op 15 Januarie 2003, het die Wes-Kaapse Provinsiale Regering 'n rampbestuurprogrammatuurprogram aangeskaf (die tender is toegeken aan Africon Engineering International) wat binnekort aan al die munisipaliteite, Provinsiale Departemente, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens beskikbaar gestel sal word. Die rampbestuurprogrammatuurprogram sal 'n meganisme bied waardeur toepaslike organisasies inligting sal kan aanstuur na die Subdirektoraat Rampbestuur, wat op sy beurt die gekombineerde databasis sal koördineer soos wat nodig is vir die totstandbrenging van die Provinsiale Rampbestuursentrum.
Die programmatuurprogram (GEMC3) kan 'n insident opskuif van munisipale vlak na die volgende bestuursvlak en beskik oor die vermoë om die betrokke rampbestuursplan te aktiveer.
Voorts is die stelsel tot die volgende in staat:
Sterk karterings- en regstreekse voertuig- en hulpbronopspoorvermoë.
Log van die impak van 'n ramp.
Lê van 'n ouditspoor stap vir stap om te bepaal wie wat en wanneer gedoen het namate die rampingryping plaasvind.
Die verskaffing van situasieverslae vir die Nasionale Rampbestuursentrum.
Een van die kwessies wat aandag moet geniet, is die orde van samehang tussen die munisipaliteite en SITA se Openet Wyearea-netwerk. Eers as hierdie orde van samehang vasgestel is, kan die instelling 'n aanvang neem.
Die programmatuurprogram is in verskillende opsigte aangewend, soos blyk uit die volgende:
Brand in die informele nedersetting op Grabouw
Verskeie hutte is op Sondag 23 September 2002 in die informele nedersetting op Grabouw deur brand verwoes en honderde mense is dakloos gelaat.
Die 2003 Krieketwêreldbekertoernooi is in Suid-Afrika aangebied en deelnemende spanne het op 'n hele aantal krieketvelde oor Suid-Afrika deelgeneem. Die sowat 20 wedstryde wat in die Wes-Kaap gespeel is, het op die Nuweland Krieketstadion in Kaapstad en die Boland Krieketstadion in die Paarl plaasgevind.
Die organiseerders van die Krieketwêreldbekertoernooi het geen moeite ontsien om die veiligheid van die krieketspelers, die toeskouers en besoekende hoogwaardigheidsbekleërs te verseker nie. Dit is moontlik gemaak deur uitvoerige rampbestuursplanne vir albei krieketstadions op te stel.
Die negatiewe publisiteit wat aan die 2002 Fietstoer gekoppel was, het kommer veroorsaak en die wedrenorganiseerders het die Wes-Kaapse Provinsiale Regering om hulp genader. Die Provinsiale Regering het ingestem om hiermee hulp te verleen.
Provinsiale Mediesenooddiensambulanse is aan die organiseerders beskikbaar gestel.
RBIBS is aan die wedrenorganiseerders beskikbaar gestel.
Mediesenooddienspersoneellede het die wedrenorganiseerders bygestaan met insidentbestuur; die neem van oproepe en die registrasie van insidente in die RBIBS, asook die stuur van hulptoerusting na insidente.
Gedurende Maart 2003 het 'n afsnylaedrukgebied oor die Bolandse berge ontwikkel. Namate die afsnylaag verdiep het, het 'n weertoestand ontwikkel wat gelei het tot buitengewone swaar reën oor die hele Suid- Kaap streek. Vanweë die vloedskade wat gevolg het, het die Staatspresident die streek tot 'n nasionale rampgebied verklaar.
