Aansoek om 'n professionele bestuurspermit
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Professionele bestuurspermit is bedoel vir individue wat sekere soorte voertuie moet bestuur. Die permit word bykomend tot die gewone bestuurslisensie uitgereik. 'n Professionele bestuurspermit is op die volgende kategorieë van toepassing:
n vragvoertuig, 'n insleepvoertuig of 'n bus voertuie wat meer as 3 500 kg weeg en ontwerp is om 12 of meer mense te vervoer.
Ouderdomsbeperkings vir die verskillende kategorieëmotorvoertuie is die volgende:
vragvoertuig: jy moet 18 jaar of ouer wees passasiersvoertuig: jy moet 21 jaar of ouer wees voertuig wat gevaarlike vrag vervoer: jy moet 25 jaar of ouer wees.
Jy kan slegs 'n professionele bestuurspermit bekom indien jy:
n geldige bestuurslisensie vir die betrokke voertuig het deur 'n dokter as medies geskik verklaar is deur 'n goedgekeurde opleidingsliggaam gesertifiseer is nie skuldig bevind is aan dronkbestuur, roekelose of nalatige bestuur of aan 'n geweldsmisdaad nie en indien jou lisensie nog nooit opgeskort was nie.
Slegs sekere veroordelings binne die afgelope vyf jaar kan 'n aansoeker diskwalifiseer om 'n professionele bestuurspermit te bekom. Veroordelings wat ouer as vyf jaar is, word nie in aanmerking geneem nie.
Die operateur of eienaar van 'n motorvoertuig waarvoor 'n professionele bestuurspermit nodig is, mag nie 'n ander persoon die voertuig op 'n openbare pad laat bestuur nie tensy die ander persoon 'n professionele bestuurspermit vir die toepaslike kategorie besit.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm PD1, in en dien dit by die betrokke owerheid in.
Ondergaan 'n oogtoets by die toetssentrum.
Verskaf die volgende:
n identiteitsdokument , bestuurslisensiekaart of geldige Suid-Afrikaanse paspoort twee swart-en-wit foto'
n geldige bestuurslisensie n opleidingsertifikaat n mediese sertifikaat in enige ander professionele bestuurspermit of openbare bestuurspermit wat jy reeds besit.
Betaal die voorgeskrewe fooi.
Nadat jy betaal het, sal jy na die naaste polisiekantoor verwys word om 'n veroordelingsverslag aan te vra.
Jy sal in kennis gestel word as die professionele bestuurspermit gereed is om afgehaal te word. Jy moet jouself kan identifiseer wanneer jy die kaart kom afhaal. Kaarte wat nie binne 120 dae afgehaal word nie, sal vernietig word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die permit sal binne agt tot twaalf weke gereed wees.
Bo
Koste
