Aansoek om 'n polisiereservis te word
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Polisiereservis is 'n lid van die gemeenskap wat deeltyds vrywilliglik en sonder betaling polisiëringsfunksies of -aktiwiteite vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens verrig.
Jy kan as reservis in die een van die onderstaande kategorieë dien:
Kategorie A-reservis: Funksionele polisiëring verrig funksies in alle operasionele fasette van polisiëring, hetsy by die polisiestasie, op streeks- of op provinsiale vlak, maar verrig nie gespesialiseerde funksionele dienste nie mag 'n uniform dra; en word in die toepaslike aspekte van funksionele polisiëring opgelei.
Kategorie B-reservis: Ondersteuningsdienste verrig spesifieke administratiewe ondersteuningsfunksies op nasionale, provinsiale, streeks- of stasievlak, maar mag nie funksionele polisiëringsdienste verrig nie dra nie 'n uniform nie; en word, indien nodig, opgelei in die regsaspekte, beleid en voorskrifte wat op sy of haar bepaalde funksies betrekking het.
Kategorie C-reservis: Gespesialiseerde funksionele polisiëring moet oor spesifieke vaardighede of kundigheid beskik wat operasioneel deur die Polisiediens gebruik kan word, bv. vlieëniers, dokters, duikers, maatskaplike werkers of sielkundiges sal spesifieke funksies op hulle kundigheidsterrein verrig mag, indien sy of haar bevelvoerder daartoe toestem, 'n uniform dra; en moet opgelei word in die betrokke regsaspekte, beleid en voorskrifte wat op hulle spesifieke funksies betrekking het.
Kategorie D-reservis: Plattelandsesektor- en stedelikesektor-polisiëring verrig polisiëringsfunksies van operasionele aard wat betrekking het op sektorpolisiëring in stedelike en plattelandse gebiede in 'n spesifieke sektor op stasievlak, of sal net dienste in gespesifiseerde streke binne 'n spesifieke sektor verrig soos deur die bevelvoerder bepaal is mag 'n uniform dra, afhangende van die soort diens wat verrig word; en moet opgelei word in dié aspekte van sektorpolisiëring en/of funksionele polisiëring wat op sy of haar pligte betrekking het. Indien die reservis by funksionele sektorpolisiëringsoperasies betrokke is, word bykomende opleiding vereis.
n Reservis wat in een kategorie aangestel is, mag na enige ander kategorie oorgeplaas word as hy of sy aan al die vereistes vir daardie spesifieke kategorie voldoen, en reeds die nodige opleiding vir daardie kategorie deurloop het of bereid is om dit te deurloop.
Die regulasies van die Suid-Afrikaanse Reserwepolisiediens bepaal dat jy:
n permanente inwoner van Suid-Afrika moet wees ten minste 18 jaar oud en jonger as 70 jaar moet wees n gesondheidsvraelys moet invul, soos deur die Nasionale Kommissaris bepaal is geen geestesongesteldheid, siekte of swakheid mag hê wat jou in die behoorlike uitvoering van jou pligte kan belemmer nie van goeie inbors moet wees, wat positief bevestig moet word deur persone wat oor jou agtergrond uitgevra word psigometriese toetse of waardebepalings, soos deur die Nasionale Kommissaris van Polisie bepaal, suksesvol moet aflê
ten minste 'n Senior Sertifikaat of gelykwaardige kwalifikasie moet hê, en dokumentêre bewys daarvan kan lewer
Engels, as een van die amptelike tale, moet kan praat, lees en skryf moet toelaat dat jou vingerafdrukke geneem word, en dat jy nie aan 'n oortreding skuldig bevind is of vir 'n oortreding vervolg is nie bereid moet wees om opleiding te ondergaan bereid moet wees om die ampseed af te lê
geen sigbare tatoeëermerke mag hê nie; en verkieslik 'n rybewys moet hê, ofskoon dit nie 'n voorvereiste vir reserviste is nie.
Bo
Stappe om te volg
Gaan na jou naaste polisiekantoor.
Vul die volgende vorms in aansoekvorm vorm met persoonlike besonderhede ondernemingsvorm gesondheidsvraelys sekuriteitsvraelys - as jy nie `n Suid-Afrikaanse burger is nie vingerafdruk-navraagvorm 
verlof van jou ouers of voog indien jy jonger as 21 jaar is
Bring die volgende dokumente saam:
n Gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument n Gewaarmerkte afskrif van jou bestuurderslisensie, as jy een het gewaarmerkte afskrifte van jou akademiese kwalifikasies.
Wie kan nie as 'n reservis aangestel word nie?
Iemand wat op grond van mediese ongeskiktheid deur 'n vorige werkgewer ontslaan is n Voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wie se aansoek om heraansluiting afgewys is
Iemand wat enige pos of amp in 'n politieke party beklee n Voltydse joernalis of mediaverteenwoordiger n Skolier n Sekuriteitsbeampte n Lid van die Munisipale Polisiediens
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As jy geskik bevind word, sal jou aansoek deur die Streekskommissaris goedgekeur word, en jy sal beëdig word. Jy sal nie toegelaat word om funksionele take te verrig voordat jy jou opleiding suksesvol voltooi het nie. Daarna sal 'n amptelike aanstellingsertifikaat aan jou uitgereik word.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
