Aansoek om insluiting by die volksbehuisingsproses
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die volksbehuisingsproses is 'n regeringsmeganisme vir die lewering van behuising, wat huishoudings ondersteun wat optimale waarde uit hulle subsidie wil verkry deur hulle huise self te bou of deur gesamentlik onder mekaar die bou van hulle huise te organiseer.
Die proses laat begunstigdes toe om 'n behuisingsondersteuningsorganisasie te vestig wat organisatoriese, tegniese en administratiewe hulp aan hulle sal verleen. Dié hulp sluit opleiding en voorligting in wat die begunstigdes in staat sal stel om hulle huise self te bou.
Hierdie opsie is op 'n projekbasis vir begunstigdes beskikbaar deur middel van konsolidasie en institusionele en projekverwante subsidies. Dit is ook in plattelandse gebiede beskikbaar waar persone slegs funksionele eiendomsreg het op die grond wat hulle beset.
Hoe werk die volksbehuisingsproses?
Die proses laat jou toe om 'n subsidie te gebruik om jou eie huis te bou. Aangesien tegniese bystand en ondersteuning van kritieke belang in hierdie proses is, moet elkeen wat aan die proses deelneem by 'n ondersteuningsorganisasie inskakel. Hierdie organisasie voorsien die tegniese ondersteuning om te sorg dat die huis behoorlik gebou word.
Persone wat hulle huise self bou of wat die bou van hulle huise organiseer, kan groter huise vir minder geld bou.
Die volksbehuisingsproses stel jou in staat om:
arbeidskoste te bespaar deur sekere bouwerk self te doen of jou familie, bure, vriende en ander mense te kry om jou te help die winselement wat jy aan ontwikkelaars sou moes betaal, uit te skakel, en jou besluite optimaliseer.
Om vir hierdie proses in aanmerking te kom, moet jy:
getroud wees of saam met enige ander persoon woon, of finansieel vir afhanklikes sorg n wettige inwoner van Suid-Afrika wees wetlik bevoeg wees om kontrakte te sluit, dit wil sê jy moet ouer as 21 jaar of getroud wees, en jy moet geestesgesond wees n bruto maandelikse huishoudelike inkomste van minder as R3 500 hê
nog nooit voorheen 'n subsidie van die regering ontvang het om 'n huis te koop nie, en vir die eerste keer eiendom besit.
Jy sal 'n kontrak moet sluit met 'n ondersteuningsorganisasie wat 'n wettige entiteit is. Die ondersteuningsorganisasie sal tegniese en administratiewe hulp aan jou verleen.
Bo
Stappe om te volg tree met die provinsiale Departement van Behuising in verbinding voorsien jou, jou eggenoot en jou kinders se identiteitsdokumente voorsien 'n afskrif van jou salarisstrokie of bewys van jou inkomste.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Hierdie aansoeke word deur die onderskeie provinsiale Departemente van Behuising verwerk. Die tydsraamwerk vir hierdie diens wissel van geval tot geval.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen aansoekvorm nie.
Bo
Kontakbesonderhede
