POLIO UITBRAAK: WEES WAAKSAAM!
Ons kan mense beskerm teen polio!
Ons kan die verspreiding van polio voorkom!
Ons het u hulp nodig!
Tekens en simptome van polio
Koors, hoofpyne, spierpyne, naarheid en braking wat vorder tot verswakking, verlies aan funksionering of verlamming van spiere en ledemate
Besoek die naaste gesondheidsfasiliteit met iemand wat
Verlamming van enige spier of ledemate toon Algemene lamheid en moeilike asemhaling toon Verkorte asemhaling tydens normale gesprekvoering toon Moontlike tekens van polio toon
Feite oor polio
Verspreiding vind plaas deur fekale-orale roete (besoedelde hande en voedselprodukte) Word nie versprei deur te nies of te hoes nie Persone wat nie ten volle geïmmuniseer is nie kan polio opdoen Immunisasies teen korrekte doserings met korrekte tussenposes beskerm teen polio
U kan polio voorkom
Verseker dat kinders geïmmuniseer is Was hande met water en seep voor enige voedsel hanteer word Was hande met water en seep na gebruik van die toilet Was vrugte en groente voor gebruik
Alle reisigers, ongeag ouderdom word aangeraai om aanvullende polio vaksiene te neem 10-14 dae voor vertrek na Namibië Handhaaf hoë standaarde van higiëne tydens die besoek Handhaaf veral hoë higiëne standaarde van die hande Gebruik slegs water vanaf veilige bronne
VIR MEER INLIGTING:Namakwa Distriksmunisipaliteit: Gemeenskapsdienste: Tel: 027 712 8000
