Opgawe vir die tweede voorlopige belastingbetaling
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
As 'n individu 'n belasbare inkomste verdien wat nie aan SIBW- of LBS-aftrekking onderhewig is nie, moet hy of sy voorlopige belasting op daardie inkomste betaal. Voorlopige belastingbetalings word elke ses maande gemaak.
Die doel met voorlopige belasting is om belastingbetalers te help om hulle belastingverpligtinge op 'n deurlopende grondslag na te kom eerder as om een keer per jaar 'n groot bedrag te moet betaal by ontvangs van hulle aanslag. Die voorlopige belasting wat betaal is, sal verreken word teen die finale inkomstebelasting wat die persoon vir daardie betrokke belastingjaar moet betaal.
Wanneer jy vir die betaling van voorlopige belasting aanspreeklik raak, moet jy binne 60 dae nadat jy aanspreeklik geraak het 'n geskrewe aansoek om registrasie by jou plaaslike takkantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens indien. As jy versuim om dit te doen, sal rente en boetes vir laat betalings, asook bybelasting vir die laat indiening van opgawes, gehef word.
Die betaaldatum vir die tweede voorlopige belastingperiode is nie later nie as op die laaste dag van die belastingjaar of op die goedgekeurde einddatum van die finansiële jaar.
Let wel:
As Februarie as finansiële einddatum swaarkry sal veroorsaak en jy toestemming van die SAID verkry het om jou finansiële state op 'n ander datum voor te lê, kan jy ook toestemming vra om opgawes vir voorlopige belasting in te dien op dié datum wat as einddatum van die finansiële jaar goedgekeur is. Alle ander inkomste bly egter steeds deel van die belastingjaar wat op 28/29 Februarie eindig.
Bereken voorlopige belasting vir die tweede periode soos volg:
die totale geraamde belasting vir die hele jaar minus die werknemersbelasting wat vir die volle jaar betaal is minus enige geoorloofde buitelandse belastingkrediete vir die hele jaar minus die bedrag wat vir die eerste periode betaal is.
Bo
Stappe om te volg
Maak betalings op die voorgeskrewe IRP6-opgawe se betalingsadvies. Doen dit op of voor die voorgeskrewe betaaldatums. Betalings aan die SAID kan op enigeen van die volgende maniere gemaak word.
Betaling aan die SAID kan op enige van die volgende maniere geskied:
Voorlopige belasting kan van Maandag tot Vrydag tussen 08h00 en 15h30 by enige SAID-kantoor betaal word.
Indien betaling deur die pos, of via die bank of OTM geskied, moet jy voorsiening maak vir die tyd wat posaflewering of verwerking in beslag sal neem.
Indien betaling elektronies geskied, moet jy voorsiening maak vir jou bank se afsluittye en 'n verrekeningstyd van tussen twee en vyf dae.
Bankbesonderhede:
As jy by enige tak van ABSA, FNB of Nedbank oor die toonbank betaal, hoef jy nie meer 'n bankrekeningnommer en bankkode te verstrek wanneer jy betalings maak nie. Dieselfde geld ook vir alle kliënte van ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank wat die internetbankdiens gebruik.
Al wat gevra word as jy 'n betaling wil maak, is:
die kliënt se 19-syfer lange betalingsverwysingsnommer die begunstigde se ID- of rekeningnommer, wat aan 'n spesifieke soort belasting gekoppel is.
Hierdie besonderhede verskyn op die IRP 6-opgawe se betalingsadvies.
Betalings wat nie sowel die betalingsverwysingsnommer as die begunstigde se ID-nommer bevat nie, sal nie aanvaar word nie.
Indien die laaste dag vir betaling op 'n openbare vakansiedag of oor die naweek val, moet betaling op die laaste werksdag voor die openbare vakansiedag of naweek geskied.
Let wel:
IRP 6-opgawes vir die tweede periode moet ingehandig word al toon jou berekeninge dat jy geen voorlopige belasting hoef te betaal nie.
As die tweede voorlopige belastingbetaling gebaseer is op 'n beraamde belasbare inkomste wat minder as die basiese bedrag is, moet 'n versoek en motivering aangeheg word. Op die IRP 6-opgawe vir die eerste periode is daar nou ruimte waar jy so 'n versoek moet motiveer. Indien die SAID nie tevrede is nie, kan hulle 'n hersiene beraming aanvra.
Om boetes en rente te vermy, moet jy sorg dat jou IRP 6-opgawe die betrokke SAID-takkantoor ruim vóór die betaaldatum bereik. Dit sal verseker dat jou versoek betyds ontvang en verwerk word.
Die betalingsadviesgedeelte van die IRP 6 is nou op 'n aparte bladsy. Jou opgawe dan dus afsonderlik van jou betaling ingedien word.
Raadpleeg die IRP 12-riglyne as jy hulp met die invul van jou IRP 6-opgawe nodig het.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die SAID het diensstandaarde daargestel wat oor 'n periode van twee jaar ingefaseer sal word. Die SAID se oogmerke is om, wanneer jy jou opgawes indien:
tydens spitstye 80% van die inkomstebelastingopgawes wat korrek ingevul en onderteken is binne 90 werksdae vanaf die dag van ontvangs te verwerk en te assesseer; en om dit buite spitstye binne 34 werksdae vanaf die dag van ontvangs te doen
BTW- en LBS-opgawes binne 20 werksdae vanaf die die dag van ontvangs te verwerk en te assesseer
% van alle elektronies ingelewerde uitvoer- en invoeropgawes binne 4 uur vanaf ontvangs te verwerk, en om alle opgawes wat per hand ingedien is binne 24 uur te verwerk.
Let wel:
As 'n verteenwoordiger jou belastingsake behartig, moet jy sorg dat die SAID dit weet. Dit is nodig om jou te beskerm en om te sorg dat die SAID nie jou privaatheid en vertroulikheid in gevaar stel nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Die betalingsadvies is aan die IRP6-opgawe aangeheg.
Bo
Kontakbesonderhede
