Opgawe vir betaling van voorlopige belasting eerste betaling
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
As 'n individu 'n belasbare inkomste verdien wat nie onderworpe is aan aftrekkings vir standaard inkomstebelasting op werknemers of die lopende betaalstelsel , nie, moet hy of sy voorlopige belasting op hierdie inkomste betaal. Voorlopige belastingbetalings geskied op 'n sesmaandelikse basis.
Voorlopige belasting is bedoel om belastingbetalers te help om hulle belastingverpligtinge op 'n deurlopende basis na te kom in plaas daarvan om eenmaal per jaar 'n groot bedrag te moet betaal wanneer hulle aangeslaan word. Die voorlopige belasting wat betaal is, sal verreken word teen die finale inkomstebelasting wat die individu in die betrokke belastingjaar moet betaal.
n Persoon wat vir die betaling van voorlopige belasting aanspreeklik word, moet binne 30 dae nadat hy of sy aanspreeklik geword het skriftelik om registrasie by die plaaslike takkantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aansoek doen. Versuim om dit te doen, sal lei tot rente en boetes op laat betalings en bykomende belasting vir die laat indiening van opgawes.
Die betaaldatum vir voorlopige belasting vir die eerste periode is binne ses maande na die begin van die belastingjaar. Die eerste voorlopige belastingbetaling moet gelykstaande wees aan die helfte van die belasting waarvoor die belastingbetaler vir die volle belastingjaar aanspreeklik is.
Bo
Stappe om te volg
Bereken voorlopige belasting vir die eerste periode soos volg:
helfte van die totale belasting vir die volle jaar minus die werknemersbelasting wat vir hierdie periode afgetrek is minus enige toelaatbare buitelandse belastingkrediete vir hierdie periode .
Maak betalings op die voorgeskrewe IRP 6-aanslag se betalingsadvies, op of vóór voorgeskrewe die betaaldatums. Die SAID sal die nodige vorms aan geregistreerde voorlopige belastingbetalers stuur.
Betaling aan die SAID kan op enige van die volgende maniere geskied:
voorlopige belasting kan van Maandag tot Vrydag tussen 08h00 en 15h30 by enige SAID-kantoor betaal word indien betaling deur die pos, of via die bank of OTM geskied, moet jy voorsiening maak vir die tyd wat posaflewering of verwerking in beslag sal neem indien betaling elektronies geskied, moet jy voorsiening maak vir jou bank se afsluittye en 'n verrekeningstyd van tussen twee en vyf dae.
Bankbesonderhede:
As jy by enige tak van ABSA, FNB of Nedbank oor die toonbank betaal, hoef jy nie meer 'n bankrekeningnommer en bankkode te verstrek wanneer jy betalings maak nie. Dieselfde geld ook vir alle kliënte van ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank wat die internetbankdiens gebruik.
Al wat gevra word as jy 'n betaling wil maak, is:
die kliënt se 19-syfer lange betalingsverwysingsnommer; e die begunstigde se ID- of rekeningnommer, wat aan 'n spesifieke soort belasting gekoppel is.
Hierdie besonderhede verskyn op die IRP 6-opgawe se betalingsadvies.
Betalings wat nie sowel die betalingsverwysingsnommer as die begunstigde se ID-nommer bevat nie, sal nie aanvaar word nie.
Indien die laaste dag vir betaling op 'n openbare vakansiedag of oor die naweek val, moet betaling op die laaste werksdag voor die openbare vakansiedag of naweek geskied. Meer inligting is op die SAID-webwerf, www.sars.gov.za, te kry.
Let wel:
IRP 6-opgawes vir die eerste periode moet ingehandig word al toon jou berekeninge dat jy geen voorlopige belasting hoef te betaal nie.
As die eerste voorlopige belastingbetaling gebaseer is op 'n beraamde belasbare inkomste wat minder as die basiese bedrag is, moet 'n versoek en motivering aangeheg word. Op die IRP 6-opgawe vir die eerste periode is daar nou ruimte waar jy so 'n versoek moet motiveer. Indien die SAID nie tevrede is nie, kan hulle 'n hersiene beraming aanvra.
Om boetes en rente te vermy, moet jy sorg dat jou IRP 6-opgawe die betrokke SAID-takkantoor ruim vóór die betaaldatum bereik. Dit sal verseker dat jou versoek betyds ontvang en verwerk word.
Die betalingsadviesgedeelte van die IRP 6 is nou op 'n aparte bladsy. Jou opgawe dan dus afsonderlik van jou betaling ingedien word.
Raadpleeg die IRP 12-riglyne as jy hulp met die invul van jou IRP 6-opgawe nodig het.
Bo
Regsraamwerk
Inkomstebelastingwet, 1962 - Vierde Bylae
Bo
Diensstandaard
Die SAID het diensstandaarde daargestel wat oor 'n periode van twee jaar ingefaseer sal word. Die SAID se oogmerke is om, wanneer jy jou opgawes indien:
tydens spitstye 80% van die inkomstebelastingopgawes wat korrek ingevul en onderteken is binne 90 werksdae vanaf die dag van ontvangs te verwerk en te assesseer; en om dit buite spitstye binne 34 werksdae vanaf die dag van ontvangs te doen;
BTW- en LBS-opgawes binne 20 werksdae vanaf die die dag van ontvangs te verwerk en te assesseer;
% van alle elektronies ingelewerde uitvoer- en invoeropgawes binne 4 uur vanaf ontvangs te verwerk, en om alle opgawes wat per hand ingedien is binne 24 uur te verwerk.
Let wel: As 'n verteenwoordiger jou belastingsake behartig, moet jy sorg dat die SAID dit weet. Dit is nodig om jou te beskerm en om te sorg dat die SAID nie jou privaatheid en vertroulikheid in gevaar stel nie.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Die SAID sal die vorms aan geregistreerde voorlopige belastingbetalers stuur. Die betalingsadvies is in elke geval by die IRP 6-aanslag aangeheg.
Bo
Kontakbesonderhede
