Aansoek vir 'n lisensie om 'n gereserveerde posdiens te bedryf
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die gereserveerde posdienste sluit alle briewe, poskaarte, drukwerk, klein pakkies en ander posstukke in. 'n Lisensie verleen aan die houer die reg om 'n gereserveerde posdiens te bedryf en onderwerp die lisensiehouer aan die bepalings in artikel 16 van die Postal Services Act, 1998.
Let wel: Lisensiëring van gereserveerde gebiede sal eers geskied wanneer die Minister 'n uitnodiging rig om daarvoor aansoek te doen. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor is tans die enigste gelisensieerde. Geen persoon mag 'n gereserveerde posdiens bedryf tensy hy of sy 'n lisensie daarvoor het nie entiteit.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in drukskrif in en gebruik hoofletters.
Handig die aansoekvorm en die aansoekfooi by die Departement van Kommunikasie in.
Onvolledige aansoeke sal aan die aansoeker teruggestuur word en geen verantwoordelikheid sal vir enige ongerief aanvaar word nie.
Bo
Regsraamwerk
Posdienstewet, 1998
Bo
Diensstandaard
Die lisensie kan moontlik ná 30 dae gereed wees.
Bo
Koste
'n Nie-terugbetaalbare registrasiefooi van R500
Bo
Vorms om in te vul
Aansoekvorm vir registrasie om 'n gereserveerde posdiens te bedryf. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
