Aansoek om 'n permit om 'n visprosesseringsaanleg te bedryf
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Visprosesseringsaanleg is 'n voertuig, vaartuig, lokaal of plek waar 'n substansieof artikel wat van vis gemaak is, geproduseer word. Die substansie kan by wyse van enige metode geproduseer word, soos opsny, in stukke sny, skeiding van dele, skoonmaak, sorteer, belyning en preservering van vis. Die aanleg sluit ook 'n plek in waar vis ingelê, verpak, gedroog, gesout, verkoel, bevries of geprosesseer word vir verkope binne of buite Suid-Afrika.
Om by visprosessering betrokke te raak, moet jy eers om 'n FPE of visvangsregte aansoek doen en dit ook verkry. Om die visvangsregte of die reg om 'n FPE te bedryf, uit te oefen, moet jy aansoek doen om 'n jaarlikse hernubare permit, wat deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme uitgereik word. Die permithouer moet gehoor gee aan die voorwaardes wat in die permit gespesifiseer word. Versuim om dit te doen, kan die opheffing of kansellasie van die permit tot gevolg hê en/of die reg kan herroep word.
Bo
Stappe om te volg
Jy kan slegs op uitnodiging om visvangsregte aansoek doen; en hierdie uitnodiging sal in die Staatskoerant gepubliseer word.
Om aansoek te doen, moet jy die vorm by die kantoor van die Departement van Omgewingsake en Toerisme kry, of by die verspreidingsplek van vorms wat deur die DEA&T aangekondig sal word.
Lees alles noukeurig, sorg dat jy dit verstaan en dat jy die aansoekvereistes en voorwaardes nakom.
Vul die vorm in, onderteken dit en dien die vorm saam met die nodige gewaarmerkte ondersteuningsdokumente en 'n nie-terugbetaalbare voorgeskrewe bedrag in.
Die evalueringsproses begin ná die keerdatum vir aansoeke, en DEA&T sal die uitslag by wyse van korrespondensie aankondig. Indien die FPE-reg aan jou toegestaan word, moet jy aansoek doen om 'n permit om 'n FPE te bedryf. Jy moet aan die vereistes voldoen voordat 'n permit toegestaan sal word.
Die vrystelling van 'n visprosesseringsaanleg kan onder buitengewone omstandighede en met die toestemming van die Minister van Departement van Omgewingsake en Toerisme oorweeg word.
Indien vrystelling van FPE toegestaan word, moet jy vervolgens aansoek doen om 'n permit om 'n visprosesseringsaanleg te bedryf.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die aansoek om FPE-regte kan een tot drie maande of langer neem in die lig van die hoeveelheid aansoeke wat ontvang word. As die FPE-permitaansoek korrek voorgelê is, kan dit een of meer werksdae neem om te verwerk.
Bo
Koste
Fooie is onderhewig aan 'n jaarlikse hersiening of vasstelling deur die Minister, of sy gedelegeerde gesag, in oorleg met die Minister van Finansies.
R6 000 - Aansoek om FPE/visvangsregte: om 'n visprosesseringsaanleg te bedryf.
R1 330 plus die aansoekbedrag van R125 - aansoek om 'n visvangspermit: om 'n visprosesseringsaanleg te bedryf.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
