Aansoek om 'n beroepsongeluk by die Vergoedingsfonds aan te meld
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993, verplig werkgewers om alle ongelukke wat by die werk plaasvind by die Vergoedingsfonds aan te meld.
Bo
Stappe om te volg
Werkgewers moet Deel A van vorm W.Cl.2 invul.
Werkgewers moet Deel B van vorm W.Cl.2 afskeur en aan die dokter of hospitaal gee om in te vul. Dit moet so gou moontlik ná die ongeluk gebeur.
Werkgewers moet die ingevulde Deel A van die vorm so gou moontlik ná die ongeluk aan die Vergoedingsfonds stuur.
Werkgewers hoef nie te wag tot die dokter Deel B van die vorm ingevul het voordat hulle die eis indien nie. Sodra die werkgewer die dokter se deel van die vorm ontvang, kan die werkgewer daardie vorm ook indien.
Die eise kan gestuur word aan:
Posbus 955
Pretoria
Werkgewers moet vir die eerste drie maande na die ongeluk vergoeding aan die werker betaal. Die Vergoedingsfonds sal hierdie geld aan die werkgewer terugbetaal.
Werkgewers moet die eerste doktersverslag indien sodra hulle dit van die dokter ontvang.
Indien die werker vir 'n lang tyd nie in staat is om terug te gaan werk toe nie, moet die werkgewer mediese vorderingsverslae by die dokter kry en dié verslae elke maand by die Vergoedingsfonds indien.
Wanneer die werker weer sy of haar werk hervat, moet die werkgewer die hervattingsverslag en die finale doktersverslag aan die Vergoedingsfonds stuur.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit hang af van of al die inligting korrek ingevul is of nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
