Kennisgewing aan Nedlac dat 'n vakverbond of federasie van vakverbonde protesoptrede beoog
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 verleen aan werkers die reg om aan protesoptrede deel te neem om hulle sosio-ekonomiese belange te bevorder of te beskerm en vrywaar hulle teen ontslag en ander dissiplinêre optrede. Dit lê aan die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad - as 'n beleidmakende liggaam met verteenwoordigers uit die regering, die sakesektor, die arbeidsektor en die gemeenskap - die taak op om die partye byeen te bring in 'n poging om die protesoptrede by te lê deur die oorsake aan te spreek.
Nedlac moet op die voorgeskrewe vorm oor die protesoptrede ingelig word. Die redes vir, en die aard van die voorgenome optrede moet op die vorm uiteengesit word. Dit sluit nie die datum van die beplande aksie in nie aangesien dit die proses om konsensus te bereik, mag ondermyn.
Indien die pogings misluk om die voorgenome aksie by te lê, moet die vakverbond of federasie 'n tweede kennisgewing aan Nedlac beteken en hulle verwittig van hulle voorneme om met protesoptrede voort te gaan. Die tweede kennisgewing moet minstens 14 dae voor die aanvang van die beplande optrede aan Nedlac beteken word.
Bo
Stappe om te volg
Verwittig Nedlac van die vakverbond se voorneme om met protesoptrede voort te gaan.
Die sekretaris van die vakverbond of vakverbondfederasie moet die aansoekvorm voltooi.
Stuur die ingevulde vorm aan:
Die Uitvoerende Direkteur
Posbus 443
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Nedlac moet die vorm minstens 14 dae voor die aanvang van die protesoptrede ontvang.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
