Kennisgewing van wysigings aan die stigtingsverklaring van 'n beslote korporasie
Beskrywing
Die doel van hierdie diens is om die Registrateur van Maatskappye in kennis te stel van enige wysigings aan jou geregistreerde sakeonderneming. Hierdie wysigings kan wissel van nuwe lede wat bygevoeg word of onttrek het tot 'n nuwe rekenpligtige beampte, posadres, ens.
Indien enige veranderings plaasvind ten opsigte van 'n geregistreerde beslote korporasie -ongeag of die veranderings met die lede , die rekenpligtige beampte of die posadres van die BK verband hou - moet hierdie veranderings by die Registrasiekantoor vir Beslote Korporasies aangemeld word.
Die wysigings moet op vorm CK 2 aangedui word. Bestudeer die belangrike wenke oor die invul van Vorm CK2 agterop bladsy 2 voordat jy die vorm invul.
Stappe om te volg
Laai aansoekvorm, CK2 en vul die dele in wat op jou omstandighede van toepassing is.
Vul deel A in indien die naam van die BK of die aard van besigheid verander.
Vul vorm CK2A indien die rekenpligtige beampte of sake-adres verander. Vul deel B in as die besonderhede van die lede verander.
Vul vorms CK2 en CK2A met swart ink in en gebruik hoofletters.
Dien die oorspronklike vorm CK2 of CK2A by die Registrasiekantoor vir Beslote Korporasies in.
Verskaf 'n gewaarmerkte afskrif van die BK se registrasiesertifikaat.
Verskaf die identiteitsdokumente van die lede van die BK.
Betaal die vereiste fooi.
Geen uitwissing of deurhaling mag op die vorm aangebring word nie. 'n Sertifikaat wat die gevraagde wysigings bevestig, sal aan die beslote korporasie gepos word sodra die wysigings aangebring is.
Regsraamwerk
Wet op Beslote Korporasies, 1984 , Artikel 15
Wet op Besigheidsname, 1960
Diensstandaard
Dit kan agt dae neem om die proses af te handel.
Koste
R30 vir slegs deel A van vorm CK2
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
