NOMINASIES
WES-KAAP TOEKENNINGS 2006 VIR KUNS-, KULTUUR-, ERFENIS-, BIBLIOTEEK- EN ARGIEFDIENSTE
Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport wil graag erkenning gee aan bogemiddelde prestasies en bydraes op die gebiede van Kuns, Kultuur, Erfenis, Biblioteekwese en Argiefdienste in die Wes-Kaap. Hierdie toekennings word gemaak aan enige individu, organisasie of groep wie se pogings 'n verskil gemaak het aan die gemeenskappe binne die Wes-Kaap.
Nominasies word ingewag in die volgende kategorieë:
Kuns en Kultuur
Bydrae tot Visuele Kunste
Bydrae tot Uitvoerende Kunste: Dans
Bydrae tot Uitvoerende Kunste: Drama
Bydrae tot Uitvoerende Kunste: Musiek
Mees Innoverende Gemeenskapskuns- en Kultuurprojek
Gestremdheid in Kunste
Mees Innoverende Gemeenskapskunssentrum
Leeftydprestasie
Beste Museum van die jaar
Beste nuwe museumprojek
Museumvrywilliger van die jaar
Taal
Bevordering van Veeltaligheid
Bevordering van die drie amptelike tale
Bevordering van agtergeblewe inheemse tale, insluitende Suid-Afrikaanse Gebaretaal
Bydrae tot Taalontwikkeling.
Vrouens en Jeug
Bogemiddelde prestasie van Vrouens op die gebied van Kunste, Kultuur, Erfenis, Tale, Biblioteke of Argiewe
Bogemiddelde prestasie van Jeug op die gebied van Kunste, Kultuur, Erfenis, Tale, Biblioteke of Argiewe.
Erfenis
Geboude omgewing en kulturele landskap van die Wes-Kaap
Restourasie of bewaring van 'n argeologiese of palaentologiese terrein of meteoriet in die Wes-Kaap
Bydrae tot openbare bewustheid/dokumentasie van ons erfenishulpbronne
Lewenslange bydrae tot die bewaring, dokumentasie en/of interpretasie van erfenishulpbronne in die Wes-Kaap
Erfenispraktisyn van die jaar
Biblioteke
Openbare biblioteek wat die meeste by die gemeenskap betrokke is
Oorhoofse Kriteria vir Nominasies:
Verbintenis tot die ontwikkeling van die behoeftes van die gemeenskap.
Moet bewys kan lewer van ten minste twee jaar ervaring in die kultuuromgewing.
Projekte moet gefokus en gerig wees op nasiebou, jeugontwikkeling en vroulike bemagtiging op die gebied van Kuns, Kultuur, Erfenis, Biblioteke en Argiewe.
Genomineerdes moet oor uitgebreide kennis en kundigheid van Kunste, Kultuur, Erfenis, Biblioteek­wese of Argiewe beskik.
SLUITINGSDATUM VIR VOORLEGGINGS: MAANDAG, 16 OKTOBER 2006.
Departement van Kultuursake en Sport
