Rural Safety | Farm Attacks(Afrikaans) | Part 12










    


 
































 Crime Stop
 08600 10111
 crimestopgauteng &nbsp;@saps.org.za

 Report
 Child Abuse/images
 childprotect@saps.org.za

 


 





12.Reaksie Tydens 'n AanvalEAKSIE TYDENS N AANVAL


Dink vooraf wat u sal doen indien op verskillende plekke op u plaas of in u woning aangeval sal word. Dit sal u in staat stel om vinniger en helderder te dink tydens n aanval. Oefen hierdie scenarios saam met u familie.

12.1. Dink - moenie paniekerig raak nie. Beheer is jou eerste lyn van verdediging.

12.2. Evalueer die situasie. Is iemand naby? Kan u ontsnap?

12.3. Indien u met die aanvaller(s) praat, moet nie aanvallend wees nie. Navorsing het getoon dat dit die aanvaller meer aggressief maak al het hulle klaar gekry wat hull wou h (wapens, geld, ens.). Dit veroorsaak dikwels dat die aanvallers die persoon seermaak.

12.4. Indien die aanvaller aandring op die sleutels van die kluis, oorhandig dit sonder om weerstand te bied. Navorsing het getoon dat in gevalle waar weerstand gebied is, die aanvaller geweld gebruik en soms uit frustrasie moord pleeg.

12.5. Indien moontlik, wys vir die aanvaller(s) dat die gemeenskap, sowel as die SAPD en/of SANW, mobiliseer. Laat hulle na die burgerbandradio luister of wys vir hulle die SMS- boodskappe op die sellulre telefoon. Navorsing toon dat die aanvallers baie bang is om gevang te word, veral deur die gemeenskap. Indien die aanvaller(s) nie seker is dat die aanval n sukses is nie, sal die aanvaller(s) gewoonlik vlug voordat die aanval behoorlik uitgevoer is.

12.6. Sekuriteit is vir die aanvaller(s) baie belangrik en indien dit moontlik is, moet u sonder om die aanvallers uit te lok tot geweld, die aanvallers laat verstaan dat hulle gedentifiseer en opgespoor kan word. Die moontlikheid bestaan dat hulle sal vlug sonder om met die aanval voort te gaan.

12.7. Daar word nie aanbeveel dat u weerstand bied nie tensy dit op DAARDIE OOMBLIK sal help dat u kan ontsnap.

12.8. Indien u instinktief weerstand bied, moenie terughou nie. U MOET u aanvaller beseer. Druk u duime in sy o. n Skop tussen die bene is ook doeltreffend. Stel die aanvaller buite aksie totdat hulp opdaag of u in staat is om te ontsnap.

12.9. Indien weerstand nie werk nie, konsentreer dan daarop om kenmerkende eienskappe te memoriseer. Let op na sy/haar ouderdom, lengte, haarkleur, littekens, kleredrag, spraak en gedragspatrone.

12.10. Poog om soveel moontlik bewyse in die omgewing van die aanval te laat, bv vingerafdrukke, sakdoek, juweliersware of enige ander bewys waarvolgens bewys kan word dat u op die toneel aanwesig was.

12.11. Talle slagoffers het aanvalle vrygespring deur doeltreffend met die aanvaller te kommunikeer (talking your way out).

back to top











Disclaimer
About the site
Copyright



This site is best viewed at a screen resolution of 800 x 600.
Most compatible with Microsoft Internet Explorer, version: 4 and higher.


