Die Voorkoming van Diarree Onder Kleuters
Die Voorkoming van Diarree Onder Kleuters uMatshi 2007
Die geheime wapen teen diarree is baie water " het Minister Uys tydens 'n besoek aan Delft Gemeenskapsgesondheidsentrum gesê. " Ouers van jong kinders moet 'n paar keer per dag hul hande met seep en water was en as hul kinders diarree het is te veel water aan die kind net die regte medisyne " sê Uys.
Die simptome van diarree is:
Kinders met 'n lopende stoelgang.
Kinders wat vomeer
Kinders wat min urineer
Kinders wat koors ontwikkel.
Kinders wat swak drink en hul moeder se bors weier.
Uys het gesê gedurende die warm somermaande en veral in Februarie en Maart is die voorkoms van diarree baie hoër en moet ouers nog meer bedag wees op die simptome by hul kleuters. Hy sê die gesondheidsfasiliteite en opgeleide personeel in die Wes - Kaap is slaggereed om die probleemgevalle vinnig en effektief te hanteer en het ouers aangemoedig om hul kinders dadelik na die naaste kliniek te neem as hulle vermoed dat hul kinders diarree het.
Elke keer as 'n kind vomeer of 'n lopende stoelgang het verloor hulle baie water en belangrike soute en kan sterf as hulle nie betyds behandel word en die noodsaaklike wateraanvulling kry nie " sê Uys.
Die voorkoms van diarree is baie hoër in woonareas met swak saniterê geriewe en onhigiëniese drinkwater verskaffing en Minister Uys het 'n beroep op plaaslike regerings gedoen om hul infrastruktuur verpligtinge en verantwoordelikheid teenoor die inwoners na te kom.
Minister Uys het gesê afgesien van sy personeel se mediese slaggereedheid het hulle ook bewusmakingsveldtogte en fokus veral op plekke soos Delft, Bloekombos, Wallacedene en Khayelitsha. Dit sluit in die verspreiding van pamflette, voorligtingsessies aan moeders in klinieke en radio advertensies. Daarbenewens stel hospitale hierdie tyd van die jaar meer beddens beskikbaar vir diarree pasiënte en is die Rooi Kruis Kinderhospitaal gereed om die ernstigste gevalle te hanteer.
n Eenvoudige , maar baie effektiewe resep vir diarree, is 'n maklike suiker - en soutmengsel.
Was jou hande en houer met seep en water.
liter skoon water.
teelepels suiker.
n Halwe teelepel sout.
Meng totdat die suiker en sout opgelos is.
Gee die siek kind dikwels van die oplossing.
Begin die mengsel toedien sodra die kind simptome begin toon.
Minister Uys het gesê jy hoef nie medisyne te gee om diarree te stop nie en ouers kan hul kinders uit die gesonheidsfasiliteite hou as hulle net die eenvoudige voorskrifte volg.
