






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Stadsoorsig: Nuuspunte uit die Vergadering van die Raad van die Stad Kaapstad: 28 Maart 2007

Stadsoorsig: Nuuspunte uit die Vergadering van die Raad van die Stad Kaapstad: 28 Maart 2007


3 uEpreli 2007
UMTHOMBO WEENDABA Stad Kaapstad


HOOFTREKKE

* Suid-Skiereiland kry toekennings
* Verkeersirkel in Plumstead word verbeter
* Bel-'n-Rit-diens word uitgebrei
* Brandbestryders kry R21 miljoen vir oortydbetaling
* R2.7miljoen hupstoot vir MIV/Vigs-behandeling
* Hout-looproete vir Glencairn
* Strenger verordeninge vir brandveiligheid,/li>
* Projekte in Imizamo Yethu kry R400 000
* Stad se taalkomitee word hersaamgestel
* Deernistoekenning word verhoog
* Elektrisiteit vir informele nedersettings
* R151 miljoen vir 2010 se kragbehoeftes



================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================



SUID-SKIEREILAND KRY TOEKENNINGS


Die aanbring van parkeerplekke by die Kirstenhof-laerskool en die snoei van bloekombome in Bergvliet tel onder die wykstoekennings wat die Stad Kaapstad vir die Suid-Skiereilandse subraad goedgekeur het. Ander projekte behels die verwydering van graffiti in Constantia-heuwels, Tokai, Steenberg, Kirstenhof en Lakeside. Die Ocean View Football Association van Masiphumelele gaan ook sokkertoerusting kry.

Medianavrae:

Desiree Mentor
Bestuurder: Subraad 19
Tel: 021 784 2011


VERKEERSIRKEL IN PLUMSTEAD WORD VERBETER


Die verkeersirkel langs die stasie in Southfieldweg, Plumstead, gaan teen 'n koste van R35 000 opgeknap word.

Medianavrae:

Brian Ford
Bestuurder,Protea Subraad (20)
Tel: 021 792 2493


BEL-'N-RIT-DIENS WORD UITGEBREI


Die Bel-'n-Rit-diens, wat openbare vervoer verskaf vir mense met spesiale behoeftes, gaan uitgebrei word om meter-taxi's in te sluit.

Die Stad Kaapstad het 'n begroting van R43 miljoen vir die volgende vier jaar vir die diens goedgekeur. Die Wes-Kaapse departement van vervoer het ingestem om ook R10 miljoen die volgende vier jaar by te dra. Sedert die instelling van die diens in 2002 het 'n eksterne verskaffer, iKapa Travel & Tours, die diens behartig. Die Stad het ingewillig om die huidige kontrak te verleng totdat openbare tenders vir die diens genooi gaan word.

Medianavrae:

Louis Holtzhausen
Stad Kaapstad.
Tel: 021 400 4724


BRANDBESTRYDERS KRY R21 MILJ AAN OORTYDBETALING


Met 'n ernstige tekort van 689 poste in die Stad se Brand- en Reddingsdiens is die oorblywende 698 personeellede genoop om oortyd te werk, veral in die brandgevaartyd. Die Raad het derhalwe 'n verdere R21 miljoen aan oortydbetaling goedgekeur. 'n Verdere R5 miljoen is begroot om so gou moontlik nog 40 opgeleide brandbestryders aan te stel.

Medianavrae:

Pat Adams
Direkteur van Stadsnooddienste
Tel: 021 590 1720


R2.7 MILJ-HUPSTOOT VIR MIV/VIGS-BEHANDELING


Die Stad se gesondheidsafdeling gaan 'n bykomende R2.7 miljoen kry vir die groter uitgawe aan sy anti-retrovirale punte vir die behandeling van MIV/Vigs-pasinte. Die geld is deur die Wes-Kaapse provinsiale administrasie bewillig.

Medianavrae:

Dr Ivan Toms
Uitvoerende Direkteur van Gesondheid
Tel: 021 400 2100


HOUT-LOOPROETE VIR GLENCAIRN


Die Stad Kaapstad het R65 000 goedgekeur vir twee hout-loopwe by Glencairn-vlei in Clovelly. Die Vriende van Glencairn-vlei en die Stad se omgewingsbeamptes het deur die jare die vlei bewaar en 'n paadjie rondom die vlei aangel. Twee hout-dele gaan opgerig word oor plekke wat in die rentyd onder water raak.

Medianavrae:

Natalie Newman
Strategie en Beplanning
Tel: 021 710 8049


STRENGER VERORDENINGE VIR BRANDVEILIGHEID


Die Stad Kaapstad het sy verordening oor brandveiligheid in die gemeenskap hersien. Eienaars en bestuurders van plekke gaan nou aanspreeklik wees vir gaste wat die verordeninge oor aansteek van vure of rook oortree. Geregistreerde eienaars van voertuie sal ook verantwoordelik gehou word vir enige brandende sigaret of vuurhoutjie wat uit 'n motor gegooi word. Die onus is nou op die eienaars van eiendom om brandstroke te maak en in stand te hou.

Medianavrae:

S Martin
Brandweerdienste
Tel: 021 590 1714


PROJEKTE IN IMIZAMO YETHU KRY R400 000


'n Voetpad gaan langs Hoofweg in Houtbaai gebou word, van Mandela-rylaan tot Hughendenweg, om aan te sluit by die voetoorgang vir die Oranjekloof-laerskool. Speeltoerusting van hout in die plaaslike speelpark gaan met meer duursame metaal-items vervang word, 'n heining gaan om die melkhoutbos naby die poskantoor opgerig word en die plaaslike sokkerveld gaan omhein word.

Medianavrae:

Marius Coetsee
Bestuurder Goeie Hoop Subraad
Tel: 021 487 2055


STAD SE TAALKOMITEE WORD HERSAAMGESTEL


Die Stad Kaapstad het die volgende raadslede in sy taalkomitee angestel : rdl Pieter van Dalen (DA), rdl Rosemary Rau (DA), rdl Heather Brenner (DA), rdl Boyisile Mafilika (ANC), rdl Melody Klaas (ANC), rdl George March (OD) en rdl Gerald Siljeur (ACDP).

Medianavrae:

Speaker Dirk Smit
Tel: 021 400 1223


DEERNISTOEKENNING WORD VERHOOG


Die perk vir die Stad se Deernistoekenning vir raadsbehuising is van R1 640 per maand vir 'n huishouding-inkomste verhoog tot R1 740 per maand. Die nuwe bo-perk is gelyk aan twee staats-ouderdomspensioene.

Medianavrae:

Wayne Muller
Behuisingfinansies
Tel: 021 400 5122


ELEKTRISITEIT VIR INFORMELE NEDERSETTINGS


Die Stad Kaapstad gaan R4 miljoen aanwend vir die elektrifisering van verskeie informele nedersettings, wat aansluitings vir 'n verdere 1 000 wonings voor die winter moontlik sal maak.

Medianavrae:

Roger MacFarlane
Elektrisiteitsdiens
Tel: 021 386 6280 x 223


R151 MILJOEN VIR 2010 SE KRAGBEHOEFTES


Altesaam R151 miljoen is oor die volgende twee jaar begroot vir die opknapping en versterking van die kragnetwerk in die middestad, ter ondersteuning van die nuwe stadion vir 2010 in Groenpunt.

Medianavrae:

Mike Hyde
Elektrisiteitsdiens
Tel: 021 918 7066


Uitgereik deur:

JAN KRUGER
Kommunikasie-Direktoraat
Stad Kaapstad
Tel: 021 400 1292




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 3 uEpreli 2007



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





