






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Nuusbrokkies uit die Raadsvergadering van die Stad Kaapstad van 25 & 27 Oktober 2006

Nuusbrokkies uit die Raadsvergadering van die Stad Kaapstad van 25 & 27 Oktober 2006


13 uNovemba 2006
UMTHOMBO WEENDABA Stad Kaapstad


Kernpunte


* Dene gee R600 000 vir Stadsgesondheid
* Stad brei leerlingskappe na gemeenskappe uit
* Konsepbeleid oor witdoodhaaie goedgekeur
* Onthulling- en Bedrogsvoorkomingbeleid goedgekeur
* R1,3 miljoen se padprojekte vir Du Noon
* Loerbroer hou wag oor Klipfonteinkorridor
* Stad bevestig vennootskap met lewensredders
* Khayelitsha kry R1 miljoen vir nuwe begraafplaas
* Driehoekige ooreenkoms met Oos-Kaap
* Wykstoekennings vir Sub-Rade goedgekeur: (volgens agenda se itemvolgorde)
* Sub-Rade 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, & 21



Dene Gee R600 000 Vir Stadsgesondheid


Die Stad se gesondheidsdepartment het R620 000 van die Danish International Development Agency (DANIDA) gekry vir 'n omgewingsgesondheidsprojek. (Item 09/10/06)

Medianavrae: Dr Ivan Toms, Tel: 021 400-2100


Stad Brei Leerlingskappe Na Gemeenskappe Uit


Die Stad Kaapstad het 'n gemeenskapsgebaseerde leerlingskaptoetsprojek vir 2007 goedgekeur. 'n Tussentydse komitee van Stadsbeamptes en raadslede sal die beplanning doen. Die Stad ondersteun tans 13 leerlingskappe vir 285 leerders. Die huidige programme fokus hoofsaaklik op interne personeel met slegs 24 werklose leerders. Die projek is daarop gemik om die konsep na die breer gemeenskap uit te brei. (Item C10/10/06)

Medianavrae: Rdl Belinda Walker, Tel: 021 400-1314


Konsepbeleid Oor Witdoodhaaie Goedgekeur



Twee suksesvolle haaiwaarskuwingsprogramme is die afgelope 18 maande in werking. Dit het daartoe gelei het dat strande by 187 geleenthede gesluit is om die publiek te beskerm. 'n Konsepbeleid wat daarop gemik is om die risiko van haai aanvalle in strandgebiede te beperk sal 'n langtermyn benadering verseker vir 'n aangeleentheid wat verskeie maatskaplike en ekonomiese gevolge inhou. 'n Finale haaiwaarsku-wingsprogram met besonderhede van die bedryfs- en begrotingsvereistes sal in Maart volgende jaar ter tafel gel word. (Item 12/10/06)

Medianavrae: Rdl Marian Nieuwoudt, Tel: 021 400-1307 / Gregg Oelofse, Tel: 021 487-2239


Onthulling- En Bedrogsvoorkomingbeleid Goedgekeur



Die Stadsraad het 'n Onthullings- en Bedrogsvoorkomingsbeleid goedgekeur om 'n kultuur te skep om bedrog en korrupsie hok te slaan. Volgens die beleid sal personeel wat inligting jeens kriminele en ander onrelmatige gedrag in die Stad openbaar, beskerming geniet . Die Beleid maak ook voorsiening vir regstellende stappe in gevalle waar werkers weens hulle openbaarmakings mog ly. (Item C44/10/06)

Medianavrae: Rdl Ian Neilson, Tel: 021 400-1306 / 083 3066730


R1,3 Miljoen Se Padprojekte Vir Du Noon


Die toegangs- en hoofroetes in Du Noon gaan verbeter word met sypaadjies, fietsrypaadjies en taxi staanplekke ter waarde van R1,28 miljoen. Die Stadsraad het die Gemeenskaps Toegangspadprojek (CARP), wat deur die provinsiale regering gefinansier word, goedgekeur. Die hoofdoelwit, buiten die verskaffing van infrastruktuur, is gemik op werkskepping, opleiding en die bemagtiging van die plaaslike gemeenskap. (Item C48/10/06)

Medianavrae: Rdl Elizabeth Thompson, Tel: 021 400-1218


Loerbroer Hou Wag Oor Klipfonteinkorridor


Die Stadsraad het 'n R15 miljoen projek vir die installering van geslotebaan televisie op die Klipfonteinkorridor goedgekeur. Die provinsiale regering het 'n ooreenkoms met die Stad gesluit om die projek as deel van die Klipfonteinkorridor Mobiliteitstrategie te finansier. (Item C55/10/06)

Medianavrae: Rdl Elizabeth Thompson, Tel: 021 400-1218 / 072 336 0497


Stad Bevestig Vennootskap Met Lewensredders


Die Stadsraad het die voortsetting van die formele vennootskap tussen die Stad en die Westelike Provinsie Lewensreddersvereniging vir die verskaffing van lewensreddingsdienste op strande goedgekeur. Die vennootskap het twee jaar gelede begin en het tot doeltreffende strandbestuur gedurende die spitsseisoen en die vermindering van verdrinkingsinsidente gelei. (Item C58/10/06)

Medianavrae: Wesley Douglas, Tel: 021 400-1311 / 084 6446 733


Khayelitsha Kry R1 Miljoen Vir Nuwe Begraafplaas


'n Bedrag van R1 miljoen gaan van die Metro Suid-oos begraafplaas in Mfuleni na die nuwe Khayelitsha begraafplaas oorgeplaas word. Die provinsiale grondoordrag van die Mfuleni-grond kan nie in die huidige finansiele jaar geskied nie. Die Stadsraad het die oordrag van R1 miljoen tot die Khayelitsha ontwikkeling goedgekeur ten einde vanjaar groter vordering te bewerkstellig. (Item C59/10/06)

Medianavrae: Rdl Lionel Roelf, Tel: 021 400-1303 / Peter de la Hunt, Tel: 021 850-4311


Drieparty Ooreenkoms Met Oos-Kaapse Instelling Kry Hupstoot



Die Stadsraad het die voortsetting van die drieparty vennootskap tussen die Stad Kaapstad, the OR Tambo Distriksmunisipaliteit en die Walter Sisulu-universiteit ondersteun. Die Uitvoerende Burgemeester en Stadsbestuurder mag voortgaan om 'n befondsingooreenkoms van R950 000 met die Ontwikkelingsbank te teken om 'n projekbestuurskantoor te vestig wat die vennootskapprojekte sal bestuur. (Item C77/10/06).

Medianavrae: Luzuko Mdunyelwa Tel: 021 400-1369 / 084 222 1211


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 3 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 3 in die noordelike voorstede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal R200 000 vir kapitale projekte soos sypaadjies, verkeerstekens, omheinings, landskapontwerp, speel-parktoerusting en sportklubgeriewe ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte insluitende hulptoekennings, onkruidbeheer, die snoei van bome, die oorverf van padtekens, die vee van strate, dam-onderhoud en die verbetering van sportgronde aangewend word. (Item C25/10/06)

Medianavrae: Jan Brand, Tel: 021 590-1675/6 / 084 222 1336


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 4 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 4 in die noordelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal R200 000 vir kapitaalprojekte soos plaveisels vir mediaaneilande, spreiligte, ho-mas sekuriteitsbeligting, sopkombuise, heinings en die opgradering van crches ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte insluitende onkruid- en pesbeheer, parkonderhoud, die snoei van bome, gemeenskapsopruiming en hulptoekennings gebruik word. (Item C26/10/06)

Medianavrae: Arrie du Plessis, Tel: 021 938-8050/


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 5 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 5 in die noord-oostelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal nie noodwendig gelyke bedrae ontvang nie omdat die Sub-raad besluit het om die beskikbare fondse volgens die dringendste behoeftes van die gebied toe te ken. R265 000 gaan vir die teer van die Bishop Lavis SSG en R130 000 op 'n nuwe dak vir die Valhallapark-kliniek gegee word. Die orige R800 000 sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekennings, maatskaplike ontwikkelingsprojekte, parkonderhoud en gemeenskapsopruimingsprojekte gebruik word. (Item C27/10/06)

Medianavrae: Keith Miller, Tel: 021 590-1431


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 6 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 6 in die noord-oostelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vyf wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatrels en beligting, speelparke, sportgeriewe en 'n leeskamer ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskeppingsprojekte, parkonderhoud en toerusting vir sopkombuise aangewend word. (Item C28/10/06)

Medianavrae: Sydney Ngcatshe, Tel: 021 918-2024


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 7 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 7 in die noord-westelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Kapitale projekte sluit in verkeerskalmeringsmaatrels en beligting, sportgeriewe en bergingshouers. Bedryfsprojekte sluit in betaling van vrywillige bibliotekarisse, parkonderhoud, boomaanplanting, en straat- en bosopruiming.

Medianavrae: Dennis Smit, Tel: 021 970-3002


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 8 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 8 in die Helderberg-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatrels, sportgeriewe, omheinings, plaveisels en sypaadjies ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos die opgradering van parke, sopkombuise, verskeie ondrhoudsprojekte en hulptoekennings gebruik word. (Item C30/10/06)

Medianavrae: Izak du Toit, Tel: 021 850-4149


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 9 Goedgekeur



DIE Stadsraad het R2,8 milljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 9 in die noordoostelike deel van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal sowat R200 000 vir kapitale projekte ontvang om onder meer drie crches en vier jeugsentrums te bou. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskepping, jeugontwikkeling en hulptoekennings aangewend word. (Item C17/10/06)

Medianavrae: Fezekile Cotani, Tel: 021 360-1267


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 10 Goedgekeur



Die Stadsraad het R2,8 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 10 in die Khayelitsha-omgewing goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal R200 000 vir kapitale projekte soos gemeenskapsgeriewe, ho-mas beligting, 'n nuwe veeldoelige sentrum en die aankoop van meubels kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekennings, die ontwikkeling van sportgeriewe, gebiedopruiming en kapasiteitsontwikkeling gebruik word. (Item C18/10/06)

Medianavrae: Thando Siwisa, Tel: 021 360-1350


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 11 Goedgekeur



Die Stadsraad het R2,8 milljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 9 in die Guguletu, Manenberg en Langa gebiede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal R200 000 vir kapitale projekte ontvang vir onder meer 'n spazahouer, 'n mini-saal, sypaadies, speelparke en die uitbreiding van crches. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte wat wissel van voedseltuine, naaldwerkprojekte en sportontwikkeling tot senior burgeronderrig, spreiligte en 'n gospelkompetisie gebruik word. (Item C19/10/06)

Medianavrae: Khayise Mobakuse, Tel: 084 222-1251


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 12 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 12 in die Mitchells Plain-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos die opgradering van parke, sypaadjies, toiletgeriewe en beligting ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskepping en hulptoekennings aangewend word. (Item C31/10/06)

Medianavrae: David Cedras, Tel: 021 371-4551


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 13 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 13 in die Philippi/Khayelitsha-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte insluitende speelparke, beligting, verkeerskalmerings-maatrels, parkopgraderings, en 'n veeldoelige sentrum by Brown's Farm kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir projekte soos gebiedsopruiming, jeugontwikkeling, kostuine en onderhoud gebruik word. (Item C32/10/06)

Medianavrae: Christopher Jako, Tel: 021 637-1339


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 14 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Nyanga/Guguletu-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatrels, opvoedkundige sorgsentrums, beligting en uitbreidings aan 'n saal ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir projekte soos gebiedsopruiming, jeug- en sportontwikkeling, voedseltuine en opvoekundige sorg gebruik word. (Item C33/10/06)

Medianavrae: Christopher Jako, Tel: 021 637-1339


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 15 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 15 in die sentraal suid-oostelike gebiede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die drie wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatrels, sypaadjies, ouetehuise en parkopgraderings en heinings kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos parkonderhoud, herstelwerk en opruiming aangewend word. (Item C34/10/06)

Medianavrae: Mariette Griesel, Tel: 021 531-3437


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 16 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 15 wat die Atlantiese kus en 'n deel van die stadsentrum dek goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. 'n Bedrag van R400 000 gaan vir die bou van 'n sokkerveld in Houtbaai gebruik word. Die res van die kapitale begroting sal vir straatligte en toerusting in Seepunt se biblioteek en burgersentrum, en die omheining van die Meulstraatbrug in die SSG gebruik word. R600 000 sal op bedryfsprojekte soos parkonderhoud, reiniging, werkskepping en haweloses bestee word. (Item C35/10/06)

Medianavrae: Marius Coetsee, Tel: 021 487-2055


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 17 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Athlone-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte ontvang insluitende die herbedekking en teer van gebiede, opgra-dering van sportvelde en stedelike vernuwing. Die orige R200 000 per wyk sal vir hulptoekenningsprojekte gebruik word (Item C36/10/06)

Medianavrae: Edgar Carolissen, Tel: 021 637-9757


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 18 Goedgekeur



Die Stadsraad het 'n bedrag van R1,3 miljoen se kapitale wykstoekennings vir Sub-raad 18 in die suidelike gebiede goedgekeur. 'n Bedrag van R744 000 sal aan bedryfsprojekte gaan wat hulptoekennings, werk-skepping, gemenskapsopheffing en HIV/Vigsbewustheid. (Item C37/10/06)

Medianavrae: Okkie Manuels, Tel: 021 703-1621


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 19 Goedgekeur



Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Suid-Skiereiland-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte wat wissel van voedseltuine en fynbos rehabilitering to die opgra-dering van sportgeriewe, burgersentrums en museums aangewend word. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekeningsprojekte, die toesig en onderhoud van openbare toilette, reiniging, en die verwydering van graffiti gebruik word. (Item C38/10/06)

Medianavrae: Desiree Mentor, Tel: 021 784-2017


Wykstoekennings Vir Sub-Raad 20 Goedgekeur


Wykstoekennings van R2 miljoen is vir kapitale en bedryfsprojekte in Sub-raad 20 in die suidelike voorstede goedgekeur. Kapitale projekte sluit in die opgradering van speelparke en die Maynardville-park, en die oprigting van heinings, bou van voetpaaie en die installering van 'n vloeimonitor by Hoofweg in Dieprivier. Die bedryfprojektoekennings maak voorsiening vir biblioteekmateriaal, straattekens, vergroeningsprojekte, bosopruiming en die verwydering van graffiti. (Item C39/10/06)

Medianavrae: Brian Ford, Tel: 021 794 2493


================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================

Uitgereik duur:
Jan Kruger
Communications Directorate
City of Cape Town
Tel: 021 400 1292




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 19 uNovemba 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





