






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Status Verslag oor Afrika Perdesiekte

Status Verslag oor Afrika Perdesiekte


23 uMeyi 2006
UMTHOMBO WEENDABA iCandelo loMphathiswa Wezendalo, Ucwangciso Nophuhliso Loqoqosho (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

Ongeveer ses weke gelede is bekend gemaak dat Afrika Perdesiekte uitgebreek het op die grens tussen die Worcester en Robertson distrikte in die Wes-Kaap. Om te verseker dat die publiek op hoogte gehou word van die uitbreking word die huidige situasie hieronder uiteengesit.

Die siekte is op ses persele in die Breederiviervallei op die grens tussen die Worcester en Robertson distrikte gediagnoseer. Die diagnoses is bevestig deur virus isolasies en identifikasie prosedures wat uitgevoer is op monsters van perde wat dood is. Die toetsresultate van 'n sewende perseel is nog nie bekend nie. In totaal het agtien perde kliniese tekens van die siekte getoon en van hierdie diere is agt dood en twee is van kant gemaak.

Veeartsenydiens van die Wes-Kaapse Departement van Landbou is egter vol vertroue dat hierdie siekte uitbraak effektief in toom gehou kan word, gebaseer op die volgende:

* Die siekte het nie buite 'n radius van ongeveer vyftien kilometer om die perseel waar die eerste geval voorgekom het versprei nie en bly steeds beperk tot die Breede-riviervallei, waar omstandighede gunstig vir die oordraer muggies is.
* Gedurende die laaste twee weke het beduidend minder nuwe gevalle voorgekom as in die voorafgaande twee weke.
* Met die koms van die winter en gepaardgaande daling in temperature, behoort muggiegetalle skerp af te neem. Dit vertraag die oordrag van hierdie siekte met gevolglik al hoe minder kliniese gevalle.


Dit is egter baie belangrik dat die beheer maatrels wat in werking getree het met die aanvang van die uitbraak steeds van krag bly. Die volgende beheer maatrels rakende die beweging van perde, muile, donkies en zebras bly steeds van krag:


1. Die reling dat perde mag 'oorstaan' in die Afrika perdesiekte Beheer area voordat hulle in die Waarnemings- of Vry Sones mag inbeweeg, bly steeds opgehef. Die wydverspreide voorkoms van die siekte in ander dele van die land laat nie toe dat hierdie maatrel verslap word nie.
2. Die volgende beperkings op die beweging van perde, muile, donkies en zebras binne of deur die Worcester en Robertson landdrosdistrikte bly ook steeds van krag:

   1. Geen beweging van sulke diere tussen persele binne die Worcester en Robertson landdrosdistrikte van die Wes-Kaap Provinsie mag plaasvind nie.
   2. Perde van buite die Waarnemingsone mag slegs die Waarnemings- en Vry Sones binnegaan as hulle voldoen aan die protokol vereistes wat reeds sedert 1997 van krag is. Omdat die siekte so wydverspreid in ander dele van die land voorkom, word verwag dat min of geen perde tans aan hierdie vereistes sal voldoen. Hulle beweging deur die Worcester distrik is onderworpe aan die volgende addisionele vereistes:

      1. Bewegings permitte moet van die Staatsveearts in die area vanwaar die diere kom, bekom word voordat perde vervoer word. Die nodige vooraf kennisgewing van die beplande beweging moet ook voor vertrek gedoen word.

      2. Die voertuie wat sulke perde vervoer mag slegs op die N1 snelweg deur die Worcester distrik reis en mag nie van die N1 afdraai binne die Worcester distrik nie. Die Worcester distrik strek vanaf Konstabel spoorwegstasie (omtrent halfpad tussen Touwsrivier en Matjiesfontein) in die Noorde, tot by die Rawsonville afdraai voor Du Toitskloofpas in die Suide. Op hierdie roete mag voertuie wat perde vervoer nie lank stop nie en geen perde mag op- of afgelaai word langs hierdie roete nie.

      3. Die vervoer van sulke diere op die N1 in die Worcester distrik mag slegs tussen 08H00 en 17H00 plaasvind.
      4. Die binnekant van voertuie waarin perde karwy word moet met insekdoders bespuit word voordat die diere gelaai word vir die vervoer deur die Worcester landdrosdistrik.



Eienaars van perde word weereens herinner aan maatrels wat kan help met die voorkoming van hierdie siekte:

* Alle perde behoort gent te word volgens die voorskrifte van die Perdesiekte entstof. Dit mag selfs nodig wees om jong vullens van gente merries selfs voor 6 maande ouderdom te ent, al sou die enting na 'n paar maande herhaal moet word.
* Waar moontlik moet perde op stal gehou word, veral vanaf laat middag tot midoggend
* Hou perde uit laagliggende of nat kampe, veral saans, deur die nag tot midoggend.
* Gebruik insek afweermiddels wat geregistreer is vir perde, veral vir diere wat nie oornag op stal gehou kan word nie.


Namens die Wes-Kaapse Departement van Landbou wil ek graag waardering uitspreek vir die samewerking wat van alle belanghebbenes verkry is om effektiewe beheermaatrels in plek te stel.
Navrae:
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministerie van Landbou: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 1 uJuni 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





