






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Internasionale Verpleegstersdag 2006

Internasionale Verpleegstersdag 2006


12 uMeyi 2006
UMTHOMBO WEENDABA Icandelo loMphathiswa Wezempilo (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

"Die welstand van ons pasinte in ons fasiliteite geniet die hoogste prioriteit en die behandeling wat hulle ontvang moet vergelyk met die beste in die wreld. Dit is egter net moontlik as ons vir ons verpleegpersoneel omstandighede skep waarbinne hulle diens van hoogstaande gehalte kan lewer" het min. Uys ges.

Min Uys het tydens 'n saamtrek van verpleegpersoneel hulde gebring aan die onbaatsugtige taak wat verpleegsters daagliks lewer. " Ek weet dat die druk op julle daagliks toeneem, maar is bemoedig deur die positiewe gesindheid van ons verpleegsters dwarsoor die provinsie " het Uys ges.

"Die Wes-Kaap gaan ook , soos wreldwyd, gebuk onder 'n ernstige tekort aan genoeg verpleegsters, maar ons is daagliks besig om kreatief en doelgerig aan oplossings te werk" s Uys.

Min Uys het bekend gemaak dat die departement van gesondheid ver gevorder het om 'n Direktoraat vir Verpleegdienste te skep en dat die poste binnekort geadverteer sal word. Die Direktoraat sal verantwoordelik wees vir advies aan die departement en die koordinering van verpleegstersverwante sake. Daar sal ook sterk gefokus word op aangeleenthede wat dienslewering raak.

Min Uys het ook gewys op ander terreine waar gewoeker word om die werksomstadighede van verpleegsters te verbeter :


* Gereelde vergaderings met 'n verteenwoordigende verpleegsters bestuurskomitee waar aangeleenthede soos oortydbetaling en skaarsvaardighede toelae aangespreek word.
* Die opgradering en uitbreiding van fasiliteite om 'n vriendelike werksomgewing te skep soos die groot projekte tans by die hospitale in George, Worcester, Paarl, Stikland en Vredenburg.
* Die toekenning van meer beurse vir verpleegstudente. Vanjaar is 2948 beurse toegeken.
* Die vervanging en opgradering van toerusting. In die huidige boekjaar spandeer die departement R174m aan nuwe mediese toerusting.
* Verpleegster welsynprogramme is in plek om druk en spanning te hanteer, emosionele bystand te lewer en selfs te help met huishoudelike probleme.


Min Uys het ges op nasionale vlak is hy deel van 'n proses wat ver gevorder het om te kyk na die verbetering van professionele verpleegsters se salarisse. Dit is tyd dat verpleegsters beter vergoed word vir die onmisbare diens wat hulle lewer.

" Daar is geen twyfel dat genoeg verpleegsters direk gelyk gestel kan word aan beter behandeling van pasinte en dus laer sterftegevalle nie. Ek doen 'n beroep op jong mense om die verpleegberoep ernstig as 'n loopbaan te oorweeg. Dit is 'n opwindende beroep met vele fasette en bied die geleentheid vir bevordering, veral as u lief is om met mense te werk" het Uys afgesluit.
Issued by:
Communications Directorate of the Western Cape
Department of Health
Enquiries:
Faiza Steyn
Director Communications
Tel: +27 21 483 3235




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 12 uMeyi 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





