TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Voëlgriep het Geringe Effek op Uitvoer van Vleis
Voëlgriep het Geringe Effek op Uitvoer van Vleis
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Verskeie maatreëls en aksies is geloods om die Voëlgriep in volstruise, wat noord van Albertinia tussen Mosselbaai en Riversdale opgespoor is, se verspreiding te beperk. Na verdere toetse om die omvang van die uitbreek te bepaal sal dan oorgegaan word tot stappe om die siekte uit te roei. Die virus verantwoordelik vir die uitbreek is getipeer as H5N2 en is nie verwant aan die virus wat mense in Asië, Europa en Noord-Afrika aangetas het nie. Sovêr bekend hou hierdie virus tipe geen gevaar in vir mense nie.
As deel van die beheer maatreëls om verspreiding van die siekte te verhoed word 'n tydelike verbod geplaas op die beweging van volstruise en alle pluimvee in die area is tussen die N2 nasionale pad in die suide en die Langeberg / Outinikwa berg reekse in die noorde en die R323 tussen die N2 by Riversdal en die Garciapas en die R328 tussen die N2 by Hartenbos en die Robinsonpas in die weste en ooste onderskeidelik. Geen bewegings deur of vanuit die area mag plaasvind nie en ook geen bewegings tussen persele binne die area nie.
Alhoewel die paaie hierbo genoem die grense van die area is vorm hulle nie deel van die area nie. Bewegings van volstruise en pluimvee op hierdie paaie mag dus plaasvind op voorwaarde dat die bewegings nie in die genoemde area begin nie.
Daar word verwag dat, met die volle samewerking van alle rolspelers, die uitbreek beperk sal bly en dat die siekte gou uit die besmette fokus geelimineer sal word.
Dit word weereens beklemtoon dat die virus geensins mense aantas nie en alle beskikbare kommersiële volstruis en pluimvee produkte dus veilig is vir menslike gebruik. Normale slag van volstruise van buite die area gaan voort. Volstruise afkomstig vanuit die Mosselbaai en Riversdal Landdrosdistrikte word egter nie vir uitvoer doeleindes geslag nie.
Navrae:
Tel: 021 483 4930
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 Julie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
