TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Kom ons maak musiek!
Kom ons maak musiek!
BRON: Ministerie van Kultuursake, Sport en Ontspanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Kom ons maak musiek!
Die Departement van Kultuursake en Sport wil 'n proses van stapel stuur om 'n Hulpbronkantoor vir Musikante op te rig wat sal kyk na aangeleenthede wat professionele uitvoerende kunstenaars raak.
Almal wat by die musiekbedryf betrokke is of betrokke wil raak, word genooi om inligting asook gegewens te verskaf ten einde 'n provinsiale databasis saam te stel, wat deur die Hulpbronkantoor vir Musikante bestuur sal word.
Diegene wat op die databasis geregistreer is, sal na die Provinsiale Musiekkonferensie in 2006 genooi word, om daarna 'n diensraamwerk en bekendstellingsplan vir die Hulpbronkantoor tot stand te bring.
Is jy?
Enigsins betrokke by Afrika-musiek (tradisioneel en kontemporêr)/jazz/ klassieke musiek/ opera/ koormusiek/ hip-hop/ reggae/gospel/ rap/ kwaito/ rhythm and blues/ Kaapse Klopse/Goema-musiek n platejoggie (DJ)/ klankingenieur/ ateljeemusikant/ tegnikus n musieknavorser/-onderwyser/-dosent/-vervaardiger/dirigent/komponis/onafhanklike musiekskool n promotor/agent/bestuurder?
Organisasies en individuele musiekpraktisyns wat in enige van hierdie kategorieë en genres val, moet die volgende inligting verskaf:
Volle naam en van
Spesialisgebied in die bedryf
Kontakbesonderhede, soos posadres, e-pos en telefoonnommer/s
Werkstatus in die bedryf: voltyds of deeltyds
Melding van internasionale netwerke (spesifiseer)
Persoonlike inligting, soos geslag en ID-nommer
Alle inligting moet gerig word aan: Die Departementshoof: Kultuursake en Sport,
Registrasievorms is beskikbaar by ons kantore. Inligtingsessies sal by sekere gemeenskapsentrums aangebied word - skakel asseblief vir verdere inligting.
LET WEL: Die databasis sal gebruik word om doeltreffende inligting te verskaf aan musiekpraktisyns en belanghebbendes in die musiekbedryf om die musiekbedryf te struktureer en gelyke toegang tot die bedryf se hulpbronne te verseker. Die databasis sal help met die identifisering, koestering en ontwikkeling van jong talent om uit te styg as die musiek-ikone en -ambassadeurs van die toekoms.
IN SAMEWERKING MET DIE TUSSENTYDSE DRUKGROEP VIR MUSIKANTE
Departement van Kultuursake en Sport
VERWANTE INLIGTING
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
