






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Seksueel Oordraagbare Siektes en Kondoom Bewustheidsweek

Seksueel Oordraagbare Siektes en Kondoom Bewustheidsweek


10 uFebruwari 2006
UMTHOMBO WEENDABA Icandelo loMphathiswa Wezempilo (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

30 miljoen kondome sal vanjaar deur die gesondheidsdepartement in die Wes-Kaap versprei word" s Minister Uys. "Die kondome sal vrylik beskikbaar wees by alle gesondheidsfasiliteite dwarsdeur die provinsie en daar is geen verskoning vir mense om nog onbeskermde seks te h nie" s Uys.'n Seksueel oordraagbare siekte (SOS) word van een mens na 'n ander tydens onbeskermde seks oorgedra. Minister Uys s jy kan 'n siekte opdoen na slegs een keer se omgang met 'n besmette maat.

Daar is meer as 20 verskillende soorte siektes wat deur seksuele kontak versprei word. Onder hierdie siektes tel sifilis, gonorrhoea en herpes. MIV wat Vigs veroorsaak, word ook as 'n seksueel oordraagbare siekte beskou en tel onder die gevaarlikstes omdat dit ongeneesbaar is. Daar is geen visuele tekens van die siekte in sy vroe stadium nie en dit kan jare duur voordat iemand siek word. Gedurende hierdie tydperk kon die infeksie reeds aan verskeie ander seksuele maats oorgedra gewees het.

Minister Uys s een uit elke tien seksueel bedrywige mense in Suid-Afrika het die een of ander seksueel oordraagbare siekte. Indien dit nie behandel word nie kan dit lei tot:
* Onvrugbaarheid
* Kanker van die geslagsorgane
* Abnormaliteite of die dood van ongebore babas
* Skade aan die hart en niere
* Geestessiekte


Minister Uys s mense moet hul liggame ken en mediese behandeling kry by gesondheidsfasiliteite wanneer van die volgende tekens bespeur word:
* Abnormale afskeidings deur die geslagsorgane. Selfs 'n klein bietjiewaterige afskeiding kan al 'n aanduiding van 'n SOS wees
* Sere, vratte of blase om die geslagsdele, pynlik of nie
* Geswelde kliere naby die geslagsdele


Indien SOS simptome by iemand vasgestel word moet hy of sy:

* alle seksmaats, indien daar meer as een is (alhoewel dit nie aanbeveel word nie) oorhaal om ook behandeling te kry al is daar geen tekens van infeksie nie
* Die volle medisinale kursus volg en dit nie met hul maat(s) deel nie. 'n Maat moet sy of haar eie medisyne kry. Indien die volle kursus nie voltooi word nie, al dink die persoon hy is gesond, is dit nie noodwendig die geval nie
* Daar moet geen geslagsomgang wees tydens behandeling nie
* Indien daar voortgegaan word met geslagsomgang kan die siekte hom herhaal, selfs na behandeling

Minister Uys het ges die gebruik van kondome is die beste voorkomingmiddel teen siektes. "Gebruik altyd 'n kondoom tydens seks, want dit verminder die risiko van seksueel oordraagbare siektes aansienlik"




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 20 uFebruwari 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





