






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Nuus > Elsiesrivier Trauma Eenheid

Elsiesrivier Trauma Eenheid


3 November 2005
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

'n Gemoderniseerde en uitgebreide trauma-eenheid wat feitlik die kapasiteit van die ou eenheid by die gesondheidssentrum op Elsiesrivier verdubbel, is hierdie week deur die Wes-Kaapse Gesondheidsminister, Pierre Uys, vir die publiek oopgestel.

"Ons nuwe ses-bed trauma-eenheid met sy eie wagkamer, konsultasiekamer, spesiale stoele vir asmalyers, nuwe ruskamers wat ook vir gestremdes geskik is en 'n eie roukamer, is 'n groot verbetering op die ou vier-bed trauma-eenheid wat gesukkel het om die daaglikse toeloop te hanteer," s Uys. Die sentrum bedien die gemeenskappe van Elsiesrivier, Matroosfontein, Leonsdale, Eureka, die Clarke en Balvenie landgoede, Epping, The Range, Connaught Landgoed en Uitsig. Na-ure bedien die sentrum ook diehele Tygerberg sub-distrik - in totaal sowat 434 000 mense.

Bykomend tot die opgegradeerde eenheid, is die gesondheidssentrum met 'ngesentraliseerde suurstof-stelsel toegerus wat die ou mobiele stelsel vervang asook 'n nuwe interkom en brand alarmstelsel.
"Die opgradering van ons gesondheidsgeriewe in die provinsie is n deurlopende proses en daar word voorkeur gegee aan daardie sentrums waar die nood die grootste is. Ons doel is om goeie geriewe te skep wat vir almal toeganklik is," s Uys.




This content also available in English

NUUSARGIEF


2009:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN     

2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





