TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Verklaring Deur Cobus Dowry Minister Van Landbou In Die Wes-Kaap
Verklaring Deur Cobus Dowry Minister Van Landbou In Die Wes-Kaap
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Ten spyte van die wydverspreide reën wat die afgelope paar maande in groot dele van die Wes-Kaap geval het, is daar nog steeds gebiede wat gebuk gaan onder voortdurende rampspoedige droogte toestande.
Ek is dankbaar om aan te kondig dat die nasionale regering 'n bedrag van R18 miljoen beskikbaar gestel het vir ondersteuning in die Wes-Kaap aan boere in die gebiede waar daar nog erge droogte toestande heers. Die eerste R10 miljoen sal omnmiddelik beskikbaar wees en behoort reeds teen middel Desember uitbetaal te word.Die hulp is in die vorm van die aankoop van veevoer by geregistreerde leweransiers, volgens 'n vasgestelde formule, wat direk deur die Departement van Landbou in die Wes-Kaap vergoed sal word.
Die Ministeriële droogtehulp komitee wat bestaan uit verteenwoordigers van die Departement van Landbou, georganiseerde landbou en verteenwoordigers van grondhervormingskomitees van die verskillende gebiede vergader vandag om die gebiede wat geraak word te identifiseer.
Die gebiede wat voorlopig geraak word, is Vredendal, Agter Pakhuis, Ceres Karoo, Touwsrivier omgewing, gedeelte Touwsrivier/Laingsburg, die gebied vanaf Touwsrivier na Merweville en 'n gedeelte in die omgewing van Beaufort-Wes bo-op die berg. Daar is ook sekere areas wat onlangs reën gehad het maar wat nie noodwendig finaal verligting gekry het nie. Hierdie gebiede sal deurlopend gemonitor word en aanpassings sal wel gemaak word na gelang van die verswakking van die toestande in daardie gebiede.
Nuwe aansoekers vir hulp moet 'n volledige aansoek voltooi, terwyl persone wat reeds oor 'n droogtehulp nommer beskik, 'n verkorte vorm met 'n nuwe vee inventaris moet inhandig.
Produsente wat meer besonderhede verlang of wie aansoek wil doen vir hulp, kan met die voorligtingskantore in hulle bepaalde streke skakel .
Tel: 483 4930
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
