TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Wynkelder Stel Voorbeeld met Groentetuin vir Werknemers
Wynkelder Stel Voorbeeld met Groentetuin vir Werknemers
Minister Cobus Dowry het onlangs plantjies oorgehandig aan werknemers van die Riebeeck Wynkelder om hul groentetuinprojek 'n hupstootjie te gee.
Die wynkelder het 0,5ha onbenutte grond aan vier van hulle werknemers en hul gesinne vir hierdie doel beskikbaar gestel. Die groep beoog om basiese vars groente vir eie gebruik te produseer, maar ook vir informele bemarking om die projek meer volhoubaar te maak.
Op 'n latere stadium wil hulle ook 'n kwekery vestig om plantmateriaal aan die res van die gemeenskap te voorsien. Hul waterbron is afvalwater vanuit die kelder en wat in 'n opgaardam naby die tuin gestoor word.
Ter ondersteuning het die Wes-Kaapse Departement Landbou fondse beskikbaar gestel vir tuintoerusting, omheining, kunsmis en watertoerusting soos pompe en pyplyne. Die Departement bied ook opleiding en ondersteuning.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 Oktober 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
