






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Nuus > Besoek aan die Phelophepa-gesondheidstrein op Malmesbury deur Wes-Kaapse gesondheidsminister, Pierre Uys

Besoek aan die Phelophepa-gesondheidstrein op Malmesbury deur Wes-Kaapse gesondheidsminister, Pierre Uys


22 Maart 2005
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

Die "beste", "skoonste" en "gesondste" trein wat nog die Wes-Kaap besoek het, stop vir vier dae op Malmesbury om tandheelkundige-, gesondheids-, sielkundige- en oogdienste asook medisyne te lewer aan die eerste van duisende mense tydens 'n toer van die provinsie gedurende die volgende drie maande.

Die Phelophepa-gesondheidstrein, 'n samestelling van die Sotho- en Tswana-idiome wat beteken "goeie, skoon en gesondheid" bied gesondheidsdienste op Malmesbury vanaf 22 Maart. Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, sal die trein vanaf 8 uur tot 10 uur op Dinsdagoggend besoek. "Ek glo die Phelophepa Gesondheidstrein is 'n uitstekende konsep van die Transnet Stigting en 'n voortreflike gemeenskapsuitreikprogram. Dit is in 1994 ingestel en het reeds sowat 800 000 pasinte, van wie 700 000 kinders, behandel - 'n gemiddeld van 75 000 per jaar."

Uys s organisasies soos die Colgate Palmolive Stigting en Roche Produkte, wat die trein se Tandheelkundige- en Gesondheidsklinieke borg, is nog 'n uitstekende voorbeeld van vennootskappe tussen die regering en private ondernemings. Die trein beskik reeds oor 16 waens waarvan vyf as klinieke ingerig is om tandheelkundige-, gesondheids- oog en sielkundige dienste te lewer asook 'n apteek vir die reseptering van medisyne. Die diens is nou ook uitgebrei om moeder- en babasorg in te sluit terwyl bloed-, diabetiese- en kankertoetse ook gedoen word. Die tandheelkundige diens bestaan uit ses stoele vir die skoonmaak en trek van tande. Drie van die stoele is ook toegerus met spesiale toerusting vir die herstel van tande terwyl 'n spesiale X-straal-eenheid mondplate neem.
Die gesondheidskliniek konsentreer op gesondheidsvoorligting asook die behandeling van minder ernstige ontstekings en siektes. Die kliniek is onlangs uitgebrei om diabetiese- en kankertoetse te doen. Aandag word ook aan voorligting geskenk. Spesiale onderrig met betrekking tot babasorg en eetgewoontes is ook op die program. Die sielkundige- en beradingsklinieke onderneem werkswinkels in gemeenskappe self en by skole. Bemarkingsagente het reeds alle haltes ses weke voor die trein se aankoms besoek om gemeenskappe oor die komende dienste in te lig asook oor aankomsdatums. Die trein sal vanaf 4 tot 8 April op Piketberg wees; vanaf 12 tot 15 April op Elgin; 18 tot 22 April op Worcester; 25 tot 29 April op Robertson, 2 tot 6 Mei op Ashton; 9 tot 13 Mei op Swellendam en vanaf 16 tot 20 Mei op Oudtshoorn.




This content also available in English

NUUSARGIEF


2009:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN     

2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     

2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 Maart 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





