TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Verklaring deur Cobus Dowry, Minister van Landbou, oor Droogte in die Wes-Kaap
Verklaring deur Cobus Dowry, Minister van Landbou, oor Droogte in die Wes-Kaap
Ek het vanoggend met die Premier en byna die helfte van die Kabinet ontmoet om die Droogte in die Provinsie te bespreek.
Die Premier en die Regering is baie bekommerd oor die ekonomiese gevolg van die droogte, asook die maatskaplike impak op die mense van die gebiede wat direk deur die drooge geraak word.
Op hierdie stadium word droogtehulp ten bedrae van R9 miljoen aan boere, in die vorm van veevoer, verskaf.
Na beraming sal ons 'n verdere R25 miljoen benodig om die droogte oor die korttermyn aan te spreek.
Oor die kort en mediumtermyn sal munisipaliteite boere bystaan met die aanry van water vir menslike sowel as dierlike gebruik in diè gebiede waar daar nie meer water beskikbaar is nie.
n Taakspan bestaande uit die hoofde van die Departemente van Landbou, Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Maatskaplike Dienste, Plaaslike Regering en die Tesourie is saamgestel om so spoedig moontlik aanbevelings aan die Kabinet te doen oor die kort, medium en langtermyn oplossings oor die droogte situasie. Dr Piet van Rooyen, Departementshoof van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap sal as voorsitter optree.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 Januarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
