Beperkings op die Beweging van Varke vir die Beheer van Europese Varkpes bly van Krag in die Hexriviervallei en Worcester Area
Beperkings op die Beweging van Varke vir die Beheer van Europese Varkpes bly van Krag in die Hexriviervallei en Worcester Area uAgasti 2005
Die waarnemende Minister van Landbou van die Wes-Kaap, mnr Pierre Uys sê dat die beheer van die uitbreking van Europese varkpes in die Hexriviervallei en Worcesterarea baie goed verloop. Nadat die siekte op 8 Julie 2005 gediagnoseer en bevestig is, het die Direktoraat Veeartsenydiens van sy Department onmiddellik begin met 'n uitgebreide beheerveldtog om die siekte in die provinsie uit te roei en die moontlike verspreiding daarvan na ander dele van die land te voorkom. Dit het onder meer 'n totale verbod op die beweging van varke ingesluit asook die begrawe van varke op die besmette en omliggende plase. Die waarnemende Minister van Landbou van die Wes-Kaap, mnr Pierre Uys sê dat die beheer van die uitbreking van Europese varkpes in die Hexriviervallei en Worcesterarea baie goed verloop. Nadat die siekte op 8 Julie 2005 gediagnoseer en bevestig is, het die Direktoraat Veeartsenydiens van sy Department onmiddellik begin met 'n uitgebreide beheerveldtog om die siekte in die provinsie uit te roei en die moontlike verspreiding daarvan na ander dele van die land te voorkom. Dit het onder meer 'n totale verbod op die beweging van varke ingesluit asook die begrawe van varke op die besmette en omliggende plase. /p n Beraamde 1009 varke het aan die siekte gevrek. Tot op datum is 1591 varke van 97 eienaars vernietig en begrawe en R1,3 miljoen aan vergoeding uitbetaal.
Verdere ondersoeke word voortgesit om te verseker dat varke wat moontlik nog die siekte mag dra, so gou doenlik opgespoor word. Al die plase wat besmet was asook plase waarvandaan varke verwyder is, is reeds ontsmet en geïnspekteer deur personeel van Veeartsenydiens. Die proses is byna voltooi maar die veilige wagtydperk om te verseker dat daar geen besmetting oorbly nie, verstryk eers op 30 September mits geen verdere besmette varke opgespoor word nie.
Mnr Uys het 'n dringende beroep op samewerking vanaf die vee-eienaars gedoen om te versker dat enige vermoede van onwettige beweging na en vanaf die area onmiddelik by beamptes van sy Department aangemeld word. Geen varke mag vervoer word sonder 'n geldige permit wat deur sy Department uitgereik is nie. 'n Verbod op die hervestiging van varke op die plase waar varke verwyder en vernietig is, bly voorlopig van krag tot 30 September.
Die Direkteur Veeartsenydiens van die Department, Dr Gideon Brückner sê dat die Nasionale Department van Landbou ook 'n landwye opname van stapel gestuur het om vas te stel of die siekte nie ook elders in die land voorkom nie. Hy het sy waardering uitgespreek oor die uitstekende samewerking deur die veeboere in die Hexriviervallei asook die goeie ondersteuning wat verkry is vanaf die Provinsiale Rampbestuur, die SAPD en die Provinsiale Departement van Verkeer.
Dr Brückner het weereens 'n dringende beroep op veeboere gedoen om baie nougesette bio-sekuriteit op hulle eiendomme toe te pas en om veral nie ongekookte afvalkos van 'n onbekende of verdagte oorsprong aan varke te voer nie. Die beweging van beide mense en diere na en vanaf persele waar diere gehuisves word, moet ook strenger beheer word - nie net vir die beheer van Europese varkpes nie, maar ook om die toegang van vreemde on ongewenste veesiektes te voorkom.
Direkteur: Veeartsenydiens
Tel: 023 347 2065
Sel: 083 64 15163
