






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Verklaring deur die Minister van Gesondheid in die Wes-Kaap, Mnr Pierre Uys, ter Herdenking van Kinder Beskermingsweek, 24 tot 30 Mei 2004

Verklaring deur die Minister van Gesondheid in die Wes-Kaap, Mnr Pierre Uys, ter Herdenking van Kinder Beskermingsweek, 24 tot 30 Mei 2004


24 uMeyi 2004
UMTHOMBO WEENDABA Icandelo loMphathiswa Wezempilo (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

Kinders is vir ons almal as ouers baie spesiaal en daarom is dit gesondheidsdienste in die Wes-Kaap se erns om hulle die beste moontlike beskermings- en versorgingsdienste te bied, s Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, in 'n verklaring.

Die verklaring is uitgereik op die vooraand van Wreld Kinderbeskermingsweek wat Maandag begin en Sondag ten einde loop.

"Ons gesondheidswerkers is spesiaal opgelei om vergrype van kinderbeskermingswetgewing te identifiseer en om toepaslik op te tree. Ons gesondheidswerkers soek deurgaans na selfs die geringste tekens van moontlike kindermishandeling. Wanneer kinders as slagoffers gedentifiseer word, sal 'n gesondheidswerker dadelik die saak sorgvuldig ondersoek en ook die ouers inlig.

"Wanneer kinders vermoedelik Vigs-slagoffers is, word die kind se ouers oor die gevare van Vigs ingelig en die nodige toetsing aanbeveel. In gevalle waar die kind seksueel aangerand is, sal anti-retrovirale middels aangebied word. Nasorg word verskaf in die vorm van berading aan beide die slagoffers en ouers. Maatskaplike werkers word ingelig asook die polisiediens."

Altesame 43 440 kinders tussen 0 en 1 jaar het verlede jaar aan MIV/VIGS gesterf. In die Wes-Kaap het die gesondheidsdepartement reeds daarin geslaag om anti-retrovirale middels aan alle moeders met MIV/Vigs, asook MIV/Vigs babas beskikbaar te stel.

"Kinders wat brandwonde opdoen word by ons spesiale brandwond-eenheid teen 'n jaarlikse koste van R40 miljoen by die Rooikruis Hospitaal versorg. Sulke kinders en hul ouers kry ook berading en in gevalle waar nodig, word rehabilitasieprogramme ingestel. Brandwonde is juis die grootste oorsaak van kinderbeserings en sterftes by kinders onder 4 jaar. Dit sal egter 'n spanpoging van ons almal verg om te sorg dat brande en voorkombare ongelukke nie ons kinders se lewens eis nie. So byvoorbeeld sterf meer as 1 400 kinders jonger as 1 jaar en meer as 5 000 kinders jonger as 14 jaar weens voorkombare ongelukke landwyd."

Hulplyne wat deels deur die provinsie gefinansier word, is ook beskikbaar. Daar is 'n Kinder Beskermingssentrum met 'n tolvry nommer (0800 05555 55), daar is Safeline (021 - 638 1155) en die Kinder Welsynsvereniging in Kaapstad (761 7130), 'n maatskaplike kinder en familiediens in Grabouw (859 2283) en die Paarl (862 6182), 'n kindersorgvereniging in Worcester (023 - 347 0190) en Lambertsbaai(027 - 432 2639) en Rapcan, 'n organisasies in Kaapstad (448 9034) wat hom toespits op die voorkoming van kindermishandeling en verwaarlosing.

"Ons is trots op wat ons gesondheidsdienste vir ons kinders doen. Die beskerming van kinders is egter nie net 'n owerheidsfunksie nie. Tydens kinderbeskermingsweek wat Maandag begin en Sondag ten einde loop, moet ons almal dit ons erns maak om met nog groter sorg, met nog groter deernis en liefde en met nog meer verantwoordelikheid en waaksaamheid na ons kinders om te sien. En dit moet nie net vir die week geld nie, maar vir so lank as wat ons kinders het. Dit is ons plig wat ons as ouers onsself opgel het. Ons mag nie daardie plig ooit versuim nie," s Uys.

Einde berig.
Navrae: Chris Koole, 082 774 3462




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 24 uMeyi 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





