TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Besoek aan De Doorns - Beweerde Sloping van Arbeidershuise
Besoek aan De Doorns - Beweerde Sloping van Arbeidershuise
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Daar het verlede week verskeie onrusbarende berigte oor die televisie en in die media verskyn oor 'n voorval waarin 'n boer van De Doorns na bewering verskeie arbeidershuise op sy plaas, met 'n stootskraper sou omgestoot het.
Dit het my genoodsaak om Maandag 'n besoek aan De Doorns te bring ten einde my persoonlik van al die feite te vergewis. Ek het gister met verskeie rolspelers en instansies op De Doorns ontmoet, onder wie die betrokke grondeienaar, raadslid Freddie Speelman, mnr Lionel Beerwinkel van die Departement Grondsake en die bestuur van die Hexvallei Tafeldruif Assosiasie.
Tydens my besoek het ek ook 'n ter plaatse inspeksie van die beweerde gesloopte huise gedoen. Al die betrokke partye is dit eens dat berigte verlede week oor die televisienuus eensydig was en deurspek was met onbevestigde bewerings rakende die beweerde slopings van die huise.
Hierdie tipe eensydige beriggewing doen afbreek aan die bou van gesonde verhoudinge binne die landboubedryf en dit is werklik betreurenswaardig. Dit is duidelik dat daar 'n bereidwilligheid by meeste van die rolspelers is om 'n werkbare oplossing vir die bepaalde situasie te vind, sodat die beplande opgradering van sowat 80 arbeidershuise deur mnr de Villiers, die betrokke boer, kan voortgaan tot voordeel van die bewoners van die huise, sowel as die breë gemeenskap van De Doorns
Navrae:
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Mei 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
