






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iindaba > Laingsburg - Provinsiale Regering Is Verbind Tot Die Afhandeling Van Proses - Opgradering Van Begraafplaas

Laingsburg - Provinsiale Regering Is Verbind Tot Die Afhandeling Van Proses - Opgradering Van Begraafplaas


25 uMatshi 2004
UMTHOMBO WEENDABA Icandelo loMphathiswa wooRhulumente Bamakhaya Nezezindlu (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)

Verlede jaar was die provinsiale regering betrokke by 'n proses van deeglike ondersoek om beweringe te weerl oor die bestaan van 'n moontlike massagraf in Laingsburg na die 1981 vloede. Alhoewel die verdere hantering van hierdie uiters sensitiewe aangeleentheid nou by die Laingsburg Munisipaliteit berus, is dit in belang van die bre Laingsburg gemeenskap dat die Provinsie nie net versoenend moet optree nie, maar ook daadwerklik betrokke moet wees in die verdere opheffing van die dorp wat verdeeld was deur die beweringe.

Die munisipaliteit gee tans aandag aan die ontwikkeling van 'n toerismesentrum en 'n vloedroete as toeriste aantreklikheid en om by te dra tot die ekonomiese groei van die gebied. In die eerste fase word aandag gegee aan 'n toerismeburo/museum, konferensiekamers, kiosks, ensomeer wat ook die Kabinet se voorstel oor die oprigting van 'n gedenknaald insluit. Hierdie fase word in geheel deur die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme befonds. Die munisipaliteit wag tans op die oorrol van die fondse.

Om die proses van versoening en heling in die Laingsburg gemeenskap 'n stap vorentoe te neem het die Provinsiale Regering die Munisipale Raad van Laingsburg versoek om oorweging te skenk aan die opgradering van 'n gedeelte van die bruin begraafplaas waar agt vloedslagoffers begrawe is. Dit sal verseker dat die grafte dieselfde erkenning geniet as die gedenkbegraafplaas waar meeste van die vloedslagoffers begrawe is.

Vandag is die provinsiale regering trots om vanuit die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program 'n bedrag van R200 000 te oorhandig aan die munisipaliteit van Laingsburg vir die opgradering van die Gldnerville Begraafplaas. Met hierdie bedrag dra die provinsie by tot die volledige koste van R250 000 wat insluit die voorsiening van watervoorsieningspype aan die begraafplaas, die aanplant van bome, 'n 200 meter toegangspad, 'n toegangshek tot die begraafplaas, stoorfasiliteite asook 'n ablusieblok.

In ooreenstemming met een van die doelwitte van GMIP sal plaaslike arbeid betrek word in die projek wat ongeveer 1 620 persoonsdae van werk sal voorsien waarvan 30% vroue arbeid sal wees.

Dit is 'n voorreg om deel van die proses te wees ter afsluiting van hierdie Laingsburg hoofstuk. Die Provinsiale Regering het dit van die begin af duidelik gestel dat ons drie oogmerke het: Waarheid, versoening en afsluiting. Dit is in almal se belang dat al die sfere van regering en die gemeenskap van Laingsburg nou moet vorentoe kyk, en saamwerk in belang van die bre gemeenskap van Laingsburg.

- Addisioneel tot hierdie belangrike simboliese oorhandiging is dit ook my voorreg om bekend te maak dat 'n bedrag van R1,3 miljoen goedgekeur is vir Gldnerville en Bergsig by Laingsburg vir die rehabilitering van paaie en verwante stormwater. Met ho werkloosheid in die streek word dit beraam dat hierdie projek ongeveer 3 520 persoonsdae werk sal skep.
Navrae: Jan Bosman
Sel: 083 775 5312




This content also available in English

UVIMBA-MPEPHA WEENDABA


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 28 uMatshi 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





