TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Effek van die Sterker Rand op Landbou
Effek van die Sterker Rand op Landbou
BRON: Ministerie van Landbou (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die groei van die rand het positiewe gevolge vir sommige bedrywe, terwyl dit weer ander negatief beïnvloed. Die toestand in landbou markte affekteer die hele spektrum, vanaf die inkomste van boere tot die handelsbalans. Meer as die helfte van die land se landbou uitvoere kom van die Wes-Kaap af met sowat 60% van die Wes-Kaapse landbouproduksie wat vir die uitvoermark bedoel is. Die fluktuasie van die rand teenoor die meeste geldeenhede sal beslis oor die lang termyn, wesenlike gevolge hê.
Landbou is die enigste sektor waar daar 'n toename was in werksgeleenthede. Statistieke toon aan dat die gemiddelde besoldiging van plaasarbeiders in die Wes-Kaap 25% hoër is as die gemiddelde in Suid-Afrika. 'n Sterker rand kan dit waarskynlik drasties verander. Oor die langtermyn kan 'n sterker rand, gepaardgaande met die droogte noodwending strukturele veranderings vereis ten einde die doelwitte van IKAPA ELIHLUMAYO - die groeiende Kaap, te bereik.
Navorsing deur ekonome van die Departement van Landbou op Elsenburg toon dat vrye monitêre en kommoditeits markte steeds die meeste voordele vir die ekonomie inhou, maar daar is 'n dringende behoefte aan effektiewe strategiese beplanning, finansiële risikobestuurstelsels en dat die vereiste gebeurlikheidsbeplanning in plek moet wees.
Die navorsing het ook aangedui dat deelnemers wat 'n direkte belang by die wisselkoers het, hul besigheidsaktiwiteite moet herorganiseer om die fluktuerende aard van wêreldmarkte en die wisselkoers, die hoof te bied.
Ons sal saam met ander rolspelers die situasie monitor. Die wisseling wat die rand se posisie teenoor ander groot geldeenhede tot gevolg het, sal later vanjaar in diepte bespreek word tydens die landbouberaad vir die Wes-Kaap.
Sel: 084 604 6701
Tel: 021 483 4700
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Julie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
