TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Nuus
Uitnodiging: Nuwe Skool vir Wiskunde en Wetenskap
Uitnodiging: Nuwe Skool vir Wiskunde en Wetenskap
BRON: Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die Kaapse Akademie vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie in Constantia, Kaapstad, het nog 'n beperkte aantal plekke beskikbaar vir leerders wat in 2005 tot graad 10 en 11 toetree.
Die Akademie, 'n nuwe skool spesifiek vir leerders met spesiale talente in wiskunde, wetenskap en tegnologie, is in 2004 deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) geopen en vorm deel van 'n breër strategie om die aantal leerders, veral dié afkomstig van agtergeblewe gemeenskappe, wat hierdie vakke in matriek op die hoër graad slaag, te vermeerder.
Die Akademie het in 2005 plek vir 210 leerders en bied huisvesting aan 60 kosgangers. Die skool onderrig beide seuns en meisies en het aanvanklik in 2004 voorsiening gemaak vir slegs graad 10-leerders. Graad 11 en 12 sal in 2005 en 2006 onderskeidelik volg.
Die WKOD bied beurse aan behoeftige leerders, 'n aantreklike en veilige leeromgewing, vervoer van en na die naaste spoorwegstasies vir dagleerders, ervare, hoogs-gekwalifiseerde personeel, moderne fasiliteite en uitstekende sport- en ontspanningsfasiliteite.
Die WKOD rig 'n spesiale uitnodiging aan werknemers van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering om teen nie later nie as Vrydag 26 November 2004 namens hulle kinders aansoek te doen om plek in die Akademie, indien die betrokke kinders in 2005 tot graad 11 of 12 sal toetree.
NUUSARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 November 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
