n Terug- en toekomsblik...
JAAR
Die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens
Direkteur: Biblioteek- en Argiefdiens
Assistentdirekteur: Steundienste
Dit is ongetwyfeld so dat die ontstaan van die Provinsiale Biblioteekdienste 'n gemeenskaplike, geskiedkundige aanloop gehad het. Rondom die uiteindelike wetgewing wat beslag gegee het aan hierdie provinsiale dienste was daar egter in die proses verskille. In die geval van die voormalige Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens was daar, byvoorbeeld, 'n hele proses van herbesinning van die wetgewing alvorens die .nale oorspronklike wetgewing in 1955 aanvaar is. Alhoewel die Provinsiale Biblioteekdiens dus deur wetgewing in 1955 ingestel is, kan teen die agtergrond van 'n konsepordonnansie wat voorsiening gemaak het vir 'n vry openbare biblioteekdiens, die aanstelling van die eerste provinsiale biblioteekorganiseerder asook die oorname van die Vereniging van Boekverspreiders in 1945, daardie jaar sekerlik ook gesien word as die vaste beginpunt van die diens wat ons vandag as die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens sien.
Deur die loop van die afgelope 50 jaar was daar egter 'n konstante groei in die gebruik en ledetalle van openbare biblioteke in die Wes-Kaap. Hierdie volge­houe groei dui op 'n belangrike hoogtepunt oor die jare. Daar is na my mening egter belangrike keerpunte in die diens wat vermelding verdien.
Die eerste dekade n Nuwe ordonnansie, no 4 van 1955, word aanvaar wat die lewering van 'n biblioteekdiens die gesamentlike verantwoordelikheid maak van die provinsiale administrasie en munisipale owerhede. Theo Friis word aangestel as direkteur. Voorsiening word gemaak vir die aankoop van oudiovisuele materiaal. Die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens word amptelik gestig met 'n produksie-, administratiewe en diensafdeling. Die hoofkantoor was in Keeromstraat.
n Geoutomatiseerde ponskaartstelsel word in gebruik geneem (eerste poging tot rekenarisering). Die eerste opleidingskursus (vakansieskool) vir openbare biblioteka­risse vind op Hartenbos plaas en duur 12 dae. Die tyd­skrif, Die Kaapse Bibliotekaris, word geloods en word self deur die Diens gedruk.
n Nuwe Hoofkantoor word opgerig op die hoek van Hospitaal- en Chiappinistrate: die koste - bykans twee miljoen rand.
Die eerste bibliogra.eë word saam­gestel. Plate word vir die eerste keer by openbare biblioteke uitgereik.
511 624 boeke sirkuleer. Net meer as 3,5 miljoen boeke is in voorraad en 250 000 boeke is tot die voorraad bygevoeg. Die nuwe hoofkantoor word betrek.
Die tweede dekade
Vir die eerste keer word meer as 10 miljoen boeke gesirkuleer. 13 jaar na die instelling van die Biblioteekdiens is 40% van die items wat sirkuleer by die biblioteke binne 'n radius van 160 kilometer van Kaapstad.
Die Provinsiale Biblioteekraad beveel aan dat plaaslike owerhede met benadeelde bevolkings van meer as 3 000 deur die Administrasie gesubsidieer word vir die oprigting van standaard biblioteekgeboue.
Die derde dekade
Biblioteke groei sterk en die ledetal is 500 554. Vyf miljoen boeke word gesirkuleer. Die .lmdiens reik 'n rekordgetal van 52 534 .lms uit.
Suid-Afrika kry televisie en vir die volgende twee jaar bly lidmaatskap net onder die 500 000 merk en huiwer die sirkulasiesyfers by die 13 miljoen kerf. Filmsirkulasie daal na 44 000.
Die laaste subskripsiebiblioteek wat by die Biblioteekdiens af.lieer, is Pinelands.
n Nuwe biblioteekordonnansie word aanvaar (no 16 van 1981). Die artikel oor die voorsiening van aparte geriewe word weggelaat.
Die vierde dekade
Die honderdste subsidie word oorbetaal aan 'n plaaslike owerheid vir die opgradering/oprigting van 'n openbare biblioteek.
Die eerste video's word aangekoop. Die personeelstruktuur word hersien en meer senior poste word geskep. Die eerste viering van Openbare Biblioteekdag vind plaas op 8 Oktober.
Die rekenarisering van die diens word amptelik ondersoek.
n Daadwerklike poging word aangewend met die aanskaf.ng van studiemateriaal vir tersiêre studente. Die rol van die openbare biblioteek in die verskaf.ng van gemeenskapsinligting word beklemtoon.
Die Zaaiman-verslag oor die rol van biblioteek- en inligtingsdienste in die bevordering van die sosiale, ekonomiese en politieke ontwikkeling van Suid-Afrika verskyn en word indringend bespreek.
Prioriteit word, ingevolge 'n uitvoerende komitee­besluit, verleen aan die instelling van biblioteekdienste in historiese benadeelde gemeenskappe.
was internasionaal die Jaar van die Leser en dit was dan ook die tema van 'n groot nasionale konferensie wat die Biblioteekdiens in Bellville aangebied het.
Dramatiese stygings word ondervind in die ledetal en sirkulasie van die biblioteekmateriaal in veral plattelandse openbare biblioteke wat vir die eerste keer vir alle bevolkingsgroepe oopgestel is.
Daar word begin met die implementering van die Biblioteekdiens se gerekenariseerde biblioteekstelsel, CPALS. Gratis biblioteekdienste word weer eens bevraagteken.
Die aankoop van kunsafdrukke vir uitleendoel-eindes in openbare biblioteke word gestaak. Die ledetal styg tot 851 466 en 21,4 miljoen boeke word uitgereik.
Die tweehonderdste subsidie vir die oprigting / op­gradering van 'n openbare biblioteek word uitbetaal.
Die gratis gebruik van openbare biblioteke word herbevestig deur die administrateur van die Kaapprovinsie na aanleiding van 'n omvattende navorsingsverslag.
Die eerste demokratiese verkiesing in die land vind plaas en die ou Kaaplandprovinsie word in vier gedeel: Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en 'n klein area word by Noordwesprovinsie ingedeel.
Beheer oor biblioteke in die Noord- en Oos-Kaap­provinsies verskuif onderskeidelik na Kimberley en Bisho. Die boeksirkulasie vir die nuwe Wes-Kaapprovin­sie is 16 272 718 en die ledetal is 675 551.
Die vyfde dekade
Die Biblioteekdiens word omskep na 'n sub-direktoraat en word deel van 'n nuwe departement, Omgewing- en Kultuursake.
Groot personeeltekorte word ondervind en pogings word aangewend om die diensstaat te herstel.
Afskaling van dienste soos navorsing en spesiale aan­vrae word genoodsaak en musiek- en kunskeurderposte word bevries. Agterstande word ondervind by die voorbereiding en prosessering van biblioteekmateriaal. Die eerste personeel kry e-pos adresse.
Streekforums word ingestel met die doel om open­bare biblioteke te betrek by besluitnemingsprosesse en om kommunikasie tussen die Provinsiale Biblioteekdiens en openbare bibliotekarisse te verbeter.
Grootskaalse herstrukturering van streekgrense vind plaas na die aanstelling van ses nuwe sub-strukture (plaaslike owerhede) in die Kaapse Metropolitaanse area.
Sirkulasie styg tot oor die 20,4 miljoen. 279 594 nuwe boeke word in die stelsel geplaas.
Die biblioteekmateriaal begroting is R14,6 miljoen en 230 000 boeke sal na verwagting in die stelsel opgeneem word. Teen die einde van Junie is daar net meer as 920 000 lede. Die 250ste subsidie word uitbetaal vir die oprigting/opgradering van 'n biblioteek. Die aankoop van digitale videoskywe (DVD's) word oorweeg.
Die Biblioteekdiens bedien 280 sentra. Saam met die onafhanklike Kaapstad Biblioteekdiens is daar 314 dienspunte in die Wes-Kaap. Die totale ledetal van biblioteke in die Wes-Kaap is 1 190 577. Ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening word munispale grense drasties verander.
Subsidies word toegeken vir die opgradering van twee biblioteke en die bou van twee nuwe biblioteke. Die biblioteekmateriaalbegroting is R14 004 000. Ge­durende 2000 word 5 026 nuwe titels aangekoop en 244 614 items biblioteekmateriaal word geprosesseer. Die aantal volledig gerekenariseerde openbare biblio-teke wat CPALS gebruik is 54 met 37 'dialup' (inskakel) biblioteke.
Die Biblioteekdiens kry 'n webtuiste en die Kaapse Bibliotekaris verskyn ook in elektroniese formaat. Die Internet begin 'n belangriker rol speel in inligtingsverskaf-.ng.
Die Plaaslike Regering: Munisipale Strukture Wysigingswet (Wet 33 van 2000) asook die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet (Wet 32 van 2000) wat Desember 2000 in werking gestel is, maak geen voorsiening vir die uitvoering van 'n openbare biblioteekfunksie op plaaslike vlak nie. Ingevolge die Grondwet berus die eksklusiewe wetlike bevoegdheid oor openbare biblioteke by provinsies. Ten einde te verseker dat munisipaliteite kon voortgaan om biblioteekdienste te kan lewer, word tussentydse ooreenkomste, geldig tot Junie 2002, gesluit.
Daar is 314 biblioteekdienspunte in totaal in die Wes-Kaapprovinsie en die ledetal is 1 204 825. 24 729 588 items biblioteekmateriaal sirkuleer by die dienspunte.
In 2001 word vir die laaste keer amptelike statistiek gehou van .lmsirkulasie. Die sirkulasie daal dié jaar tot slegs 703. Die sirkulasie van kunsafdrukke word ook vir die laaste keer amptelik getel.
Streekgrense word aangepas by die nuwe munisipale grense. Streekgrense is so verander dat plaaslike mu­nisipaliteite se biblioteke slegs deur een streek bedien word. Die bepal­ing in die Grondwet dat openbare biblioteke die verantwoordelikheid van die provinsies is, lei daartoe dat verskeie munisipaliteite begin om biblioteekposte te vries. Subsidies aan munisipaliteite word verskaf om een biblioteek op te gradeer en drie nuwes te bou.
407 titels biblioteekmateriaal word bestel. Die wisselkoers van die Suid-Afrikaanse Rand teenoor die Britse Pond en die Amerikaanse Dollar daal dramaties. Om hiervoor te vergoed word die biblioteekmate­riaalbegroting van R17 miljoen verhoog tot R24 296 670. 256 133 items biblioteekmateriaal word geprosesseer.
In 'n doelgerigte poging om kinders na die biblioteek te lok, is die slagspreuk van die jaar, Boeke maak cool vriende / Books make lekker friends. Die gewilde Bhuki karakter (gemaak uit modelleerklei) maak ook sy buiging.
Die totale aantal biblioteeksentra in die Wes-Kaap beloop 317. Die Biblioteekdiens bedien 282 sentra met 'n ledetal van 1 185 409. Die totale sirkulasie van biblioteekmateriaal beloop 25 383 715 items. Teen die einde van 2002 af.lieer die voormalige onafhanklike stadsbiblioteekdiens van Kaapstad se 35 biblioteke by die Provinsiale Biblioteekdiens.
Die impasse rondom die die befondsing van openbare biblioteke duur voort. Verskil­lende inisiatiewe word geloods om die verant­woordelikheid ten opsigte van plaaslike open­bare biblioteek dienslewering op te los. Die professionele biblioteek- en inligtingsverenig­ing van Suid-Afrika (LIASA) en die Nasionale Departement van Kuns en Kultuur doen 'n voorlegging aan Minmec (gesamentlike ver­gadering van nasionale ministers en lede van uitvoerende rade) en binne die provinsie word ook gepoog om oorkoepelende ooreenkom­ste met munisipaliteite te sluit. Op grondvlak ondervind plaaslike biblioteke egter groot probleme met dienslewering vanweë vermin­dering in personeel en 'n inkorting van bibli­oteekure.
Subsidies word verskaf vir die oprigting van drie nuwe biblioteke. Die vermeerdering van die beskikbare fondse van die biblioteekmateriaalbegroting gedurende die vorige jaar lei daartoe dat 6 586 titels biblioteekmateriaal bestel kon word. 283 663 items biblioteekmateriaal is geprosesseer.
openbare biblioteekdienspunte is by die Provinsie geaf.lieer. 1 221 265 persone is lede van biblioteke in die Wes-Kaap en leen 25 983 479 items biblioteekmateriaal by die biblioteke.
n Provinsiale taakspan word in November daargestel om die wyse te ondersoek waarop die verantwoordelikheid vir en die befondsing van openbare biblioteekfunk­sies op plaaslike vlak gehanteer moet word. Beide munisipale owerhede en die Provinsie word verteenwoordig in die taakgroep. 'n Ondersoek na die kostes verbonde aan die lewering van openbare biblioteekdienste dui daarop dat dit die Provinsiale Regering R209 200 000 sal kos om die mandaat te befonds.
n Nuwe streek, Kaapstad, word deur die Diens in­gestel om die verskaf.ng van biblioteekmateriaal aan die voormalige onafhanklike Kaapstad Stadbiblioteke te hanteer en die biblioteke ontvang hulle eerste direkte besending van boeke in Maart.
Subsidies word verskaf vir die opgradering van drie biblioteke en die bou van twee nuwe biblioteke. Die wisselkoers van die Suid-Afrikaanse Rand teenoor die Britse Pond en die Amerikaanse Dollar het gedurende die jaar verbeter. Die begroting van biblioteekmateriaal beloop R30 914 053 en 7 586 titels biblioteekmateriaal word bestel. Die aantal items biblioteekmateriaal gepro­sesseer beloop 303 905, die meeste sedert 1996.
Die nuwe leerplanne wat skole begin volg het, het ook 'n dramatiese uitwerking op inligtingsnavrae wat deur die Sentrale Naslaanafdeling ontvang word. Ge­durende die jaar styg die aantal onderwerpsaanvrae met 30%. CPALS is nou al by 111 biblioteke volledig geïm­plementeer.
Teen die einde van 2004 was 308 dienspunte by die Biblioteekdiens geaf.lieer. Alhoewel ledetal styg tot 1 238 103 lede, is daar nie 'n styging in die sirkulasie van biblioteekmateriaal nie. 25 959 256 items sirkuleer.
In 'n opname oor ouderdomsgroepe en geslag van biblioteeklede word bevind dat 70% van biblioteekge­bruikers in die ouderdomsgroep 0-35 val en dat 63% van alle lede vroulik is.
Min vordering word gemaak om oplossings vir die probleem van befondsing van openbare biblioteke te vind en die onsekerheid oor wie verantwoordelik is vir dienslewering op openbare biblioteekvlak lei tot 'n ver-dere vermindering van openbare biblioteekpersoneel en inkorting van diensure.
Subsidies word verskaf vir die oprigting van drie nuwe biblioteke en die opgradering van een biblioteek. Om klein plattelandse gemeenskappe te bemagtig, word mo­biele Wheelie Wagon biblioteke aan drie gemeenskappe verskaf. R31 775 715 was beskikbaar vir die aankope van biblioteekmateriaal en 7 576 titels biblioteekmateri­aal word aangekoop. 288 059 items biblioteekmateriaal word geprosesseer.
jaar van demokrasie word herdenk met 'n uitgawe van die Kaapse Bibliotekaris wat daaraan gewy word. 'n Spesiale plakkaat wat die landsvlag uitbeeld, word ook gepubliseer. Om aan te sluit by die 10 jaar herdenking verskyn die Bhuki karakter weer gedurende Biblioteek­week, met 'n vlaggie in sy hand, en die tema Lees en ontdek / Read and discover.
Die nuutaangestelde provinsiale minister vir Kultuursake, Sport en Ontspanning verbind hom tot daadwerklike pogings om die impasse rondom die befondsingvraagstuk aan te spreek.
Die mobiele biblioteektrollie projek word uitgebrei na vyf verdere gemeenskappe. DVD's word vir die eerste keer as 'n sirkulerende item by openbare biblioteke ge­tel. Drie nuwe biblioteekfasiliteite word deur die Biblio-teekdiens ge.nansier en een projek kry fondse vir die opgradering van 'n bestaande fasiliteit.
Die biblioteekmateriaalbegroting vir die aankoop van nuwe boeke bedra R28 620 491. Dit was die eerste keer sedert 1997 dat die biblioteekmateriaalbegroting ver­minder is.
Die Biblioteekweektema vir 2005 was Leer, Lees Pres­teer / Learn Read Succeed. Dit was om aan te sluit by die 50-jarige herdenking van die aanvaarding van die Vry­heidsmanifes. 'n Spesiale plakkaat word versprei om ook hierdie gebeurtenis te herdenk.
Die pad vorentoe
Dit is hier waar die vraag ontstaan oor wat die pad vorentoe vir openbare biblioteke inhou.
Ons almal in die openbare biblioteekgemeenskap is be­wus van die besinning wat meegebring is deur die grond­wetlike bepaling rondom biblioteke. Hiervolgens is biblio-teke, uitgeslote nasionale biblioteke, 'n funksionele area van eksklusiewe provinsiale wetgewende bevoegdheid en hierdie bevoegdheid is nie deurgetrek na die plaaslike regeringsfeer nie (Grondwet van Suid-Afrika: Wet 108 van 1996, soos gewysig - Skedule 5A).
Alhoewel daar al heelwat debatte rondom die inter­pretasie van die grondwetlike bepaling was, en waar die funksie tuis hoort, is die kernsaak egter eenvoudig een van befondsing. Die vorige stelsel - een wat met verskillende voorbehoude en probleme tans nog voortgesit word - het voorsiening gemaak vir plaaslike munisipaliteite om die akkommodasie, voorsiening- en bedryfskostes van open­bare biblioteke te befonds. Hierdie mandaat het nou een vir die provinsiale regering geword, sonder dat spesi.eke befondsing met die mandaatverskuiwing gepaard gegaan het.
Die soeke na 'n oplossing vir die uitdaging wat 'n nuwe stelsel bied, is dus gesentreer rondom die befondsing van die openbare biblioteekmandaat. Die Grondwet maak voldoende voorsiening vir meganismes waardeur die eksklusiewe wetgewende en funksionele bevoegdheid van die provinsiale regering uitgevoer kan word. Dit sluit in die toewysing van die administrasie van die funksie aan munisipaliteite, delegering daarvan aan munisipaliteite, óf ooreenkomste tot agentskapsdienste met die munisipa-liteite. Die provinsiale regerings kan selfs aanvaar dat hul ten volle self die beheer en befondsing van openbare biblioteke oorneem. Onderliggend hieraan lê egter altyd die nodige befondsing.
Tans is daar besinning in al die sfere van regering oor die befondsing van hierdie mandaat en word dit ondersteun deur uitsprake binne hierdie sfere. Die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens sien met ver­wagting uit na 'n .nale befondsingreëling en die nodige transformasie van die diensbedeling om vir die nuwe befondsingswerklikheid voorsiening te maak. Belang-rike beginsels vir so 'n nuwe diensreëling is:
plaaslike regerings is die naaste aan die gemeenskap in terme van dienslewering plaaslike beheer oor dienslewering is vinniger en meer effektief in terme van reaksie op onmiddellike diens behoeftes direkte beheer sal 'n hewige impak hê op die struktuur van die Provinsiale Biblioteekdiens, met 'n ongekende skaal van uitbreiding die beginsel van die 'skaal van ekonomie' word bekom met Provinsiale Biblioteekdiens betrokkenheid terselfdertyd word multi-duplikasie van tegniese prosesse en dienste uitgeskakel met provinsiale betrokkenheid deeglike samewerkende regering is hoogs wenslik en kan die mees ekonomiese aanwending van bronne, sowel as die beste plaaslike verbintenis tot dienslewering verseker.
Dit wil voorkom asof die antwoord binne die toewysing- of agentskapsbeginsel geleë is. Die vennootskap tussen die Provinsiale Biblioteekdiens, as deel van die Departe­ment van Kultuursake en Sport, en plaaslike regerings word steeds beskou as die wens­like opsie, maar hierdie vennootskap sal herstruktureer moet word om voorsiening te maak vir veranderde .nansiële verant­woordelikhede asook enige herde.niëring van dienste.
Bronne
Wehmeyer, S. Biblioteekdiens hoogtepunte 2000-2005. Ongepubliseerde dokument. 2005.
Bo: Theo Friis word aangestel as direkteur van die Biblioteekdiens in 1955
Middel: Argitekstekeninge van die nuwe biblioteekgebou wat in 1961 opgerig is
Onder: Werk is in volle swang nadat fondamente gelê is. Die gebou word spesiaal versterk om die gewig van die boeke te dra
JAAR
Links: Die nasionale bibliotekaris van Malawi, Roderick Mabomba, was 'n gasspreker by die Jaar van die Leser Nasionale Konferensie in 1990
Links: Adjunkdirekteur Liesel de Villiers en haar span klink 'n glasie sjampanje na die suksesvolle implementering van die nuwe CPALS Biblioteekinligtingstelsel
JAAR
n Muurkaart waarop die Kaapprovinsie soos voor die verkiesing in 1994 aangedui word. Na die 1994 verkiesing het die nuwe verdeling die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Noord-Wes behels
Biblioteekweek se slagspreuk ter viering van die millennium is Boeke by die miljoene vir die miljoene
JAAR
En in 2004 was die tema vir Biblioteekweek, Lees en ontdek
JAAR
Leer Lees Presteer was die Biblioteekweektema in 2005
Die 50-jarige herdenking van die aanvaarding van die Vryheidsmanifes is gedenk met die ontwerp en verspreiding van 'n spesiale plakkaat
