VERORDENING OP EIENDOMSBELASTING
Indeling van Artikels
Woordbepaling
Heffing van belasting op alle belasbare eiendom
Die belastingbedrag
Belastings word ten opsigte van `n finansiële jaar gehef
Aanvang van belastings
Eiendomme wat vir meer as een doeleinde aangewend word
Vrystellings, verminderings en afslag
Aanspreeklikheid vir belastings
Metode en tyd van betaling
Rekeninge
Uitstaande belastings
Aanhef
Aangesien artikel 229 van die Grondwet die munisipaliteit die reg gee om belastings op eiendom te hef;
Aangesien hierdie reg in artikel 4 (c) van die Stelselswet en in artikel 2 van die Eiendomsbelastingwet herbevestig word;
Aangesien die munisipaliteit sy magte om belasting op eiendomme te hef moet uitoefen onderhewig aan die bepalings van artikel 229 en ander bepalings van die Grondwet, die bepalings van die Eiendomsbelastingwet en die belastingsbeleid wat dit ingevolge die bepalings van daardie Wet moet aanvaar;
Aangesien die Eiendomsbelastingwet in die nasionale belang sekere eiendomme van belasting vrystel;
Aangesien die Eiendomsbelastingwet van die munisipaliteit vereis om `n deursigtige en billike stelsel van vrystellings, afslagte en verminderings deur middel van sy belastingsbeleid in te stel;
Aangesien artikel 3 van die Eiendomsbelastingwet die munisipaliteit verplig om `n belastingbeleid te aanvaar wat in ooreenstemming is met die Eiendomsbelastingwet;
Aangesien belastings 'n belangrike bron van inkomste vir die munisipaliteit is en die munisipaliteit die belastings wat deur sy belastingbetalers betaalbaar is moet hef en insamel;
Aangesien die munisipaliteit ingevolge die bepalings van artikel 6 van die Eiendomsbelastingwet `n verordening moet aanvaar om gevolg te gee aan die implementering van sy belastingbeleid;
En aangesien die verordening mag differensieër tussen­
verskillende kategorieë van eiendomme, en verskillende kategorieë van eienaars van eiendomme wat aanspreeklik is vir die betaling van belastings;
Nou derhalwe aanvaar die munisipaliteit die volgende:-
VERORDENING
Woordbepaling
In hierdie verordening, tensy onbestaanbaar met die sinsverband, het alle woorde wat nie hieronder definieër word nie, dieselfde betekenis wat daaraan geheg word in die Eiendomsbelastingwet, en beteken:­
afslag" `n afslag op die bedrag van belasting betaalbaar ten opsigte van belasting op eiendom, toegestaan ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Eiendomsbelastingwet;
belasbare eiendom" eiendom waarop die munisipaliteit `n belasting mag hef, uitgesluit eiendom wat ten volle uitgesluit is van die heffing van belastings ingevolge die bepalings van artikel 17 van die Eiendomsbelastingwet;
beleid" die Raad se belastingbeleid soos vervat in die Bylae 1 en het "belastingbeleid" `n soortgelyke betekenis;
deeltiteleenheid" `n eenheid soos bepaal in artikel 1 van die Deeltitelwet;
deeltitelskema" `n skema soos bepaal in artikel 1 van die Deeltitelwet;
Deeltitelwet" die Wet op Deeltitels, 1986 (Wet nr 95 van 1986);
Die Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet nr 108 van 1996;
onroerende eiendom wat in die naam van `n persoon registreer is, insluitend, in die geval van `n deeltitelskema, `n deeltiteleenheid wat in die naam van `n persoon registreer is;
n reg geregistreer teen onroerende eiendom in die naam van `n persoon, uitgesluit `n verbandakte wat teen `n eiendom registreer is, eiendomsreg geregistreer in die naam van 'n persoon of verleen aan 'n persoon ingevolge wetgewing; of openbare diens infrastruktuur;
ten opsigte van `n waardasierol, die datum waarop `n waardasierol van krag word, of ten opsigte van `n aanvullende waardasierol, die datum waarop `n aanvullende waardasierol van krag word.
hierdie verordening" sluit die beleid en die Bylaes in;
kleinhoewe" `n eiendom soneer vir hoofsaaklik residensiële doeleindes gepaardgaande met boerdery op `n klein skaal en wat as sulks gebruik word;
kommersiële eiendom" `n eiendom wat vir kommersiële doeleindes soneer is en sluit dit in enige eiendom met `n ander sonering, maar ten opsigte waarvan die Raad ingevolge die bepalings van stadbeplanningswetgewing goedkeuring verleen het dat dit vir kommersiële doeleindes gebruik mag word;
landbougrond" `n eiendom wat as sulks soneer is en gebruik word;
Raad" die munisipale raad van die munisipaliteit;
Kredietbeheerverordening" die munisipaliteit se Verordening insake die Kredietbeheer-en Skuldinvorderingsbeleid, soos gepubliseer in die Provinsiale Koerant;
maand" `n kalendermaand en, in besonder:­
met verwysing na `n aantal maande vanaf `n bepaalde datum, `n kalendermaand wat op daardie datum begin of op dieselfde datum van enige daaropvolgende maand, en in enige ander sinsverband, `n maand van die kalender, dit wil sê, een van die 12 maande van die kalender, en het "maandeliks" `n soortgelyke betekenis;
markwaarde" ten opsigte van `n eiendom, die waarde van `n eiendom soos bepaal in ooreenstemming met die bepalings van artikel 46 van die Eiendomsbelastingwet;
Minister" die lid van die Kabinet wat vir plaaslike regering verantwoordelik is;
munisipale bestuurder" die persoon aangestel deur die Raad ingevolge die bepalings van die Strukturewet;
munisipale gebied" die geografiese gebied van die munisipaliteit, soos afgebaken ingevolge die bepalings van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, 1998 (Wet nr 27 van 1998);
distriksmunisipaliteit" die distriksmunisipaliteit van Namakwa ; ;
openbare diens infrastruktuur" openbare diens infrastuktuur van die volgende aard, waarvan die eiendomsreg berus by of wat andersins onder die beheer is van 'n staatsorgaan:­
nasionale, provinsiale of ander openbare paaie waarop goedere, dienste of arbeid oor `n munisipale grens beweeg;
water of rioolpypleidings, of ander pypleidings, watervoorsieningsreservoirs, water suiweringswerke of waterpompe wat deel is van `n water-of rioolskema wat die publiek bedien;
kragstasies, elektriese substasies of kragdrade wat deel is van `n elektriese skema wat die publiek bedien;
gas of vloeibare brandstofinstallasies of raffinaderye of pypleidings vir gas of vloeibare brandstof, wat deel is van `n skema wat sulke brandstowwe vervoer;
spoorlyne wat deel is van `n nasionale spoorwegstelsel;
f kommunikasietorings, maste, sentrales of lyne wat deel is van `n kommunikasiestelsel wat die publiek bedien;
aanloopbane of aansitblaaie by nasionale of provinsiale lughawens;
breekwaters, seemure, kanale, hawekomme, kaaimure, hawehoofde, paaie, spoorweë of infrastruktuur wat vir die voorsiening van water, ligte, krag, riole of soortgelyke dienste vir hawens gebruik word, of navigasiehulpmiddels soos vuurtorings, boeie, bakens of enige ander apparaat of stelsel wat gebruik word vir die veilige en doelteffende navigasie van skeepvaart;
nuwe belasbare eiendom" enige belasbare eiendom waarop geen belastings voor die 2004/2005 belastingjaar gehef is nie, uitgesluit­
n eiendom wat verkeerdelik uit die waardasierol weggelaat is en gevolglik nie voor daardie datum belas is nie; en n eiendom volgens die minister vir die doeleindes van infasering van belasting nie geregverdig is nie.
i enige ander infrastruktuur onder openbare beheer soos voorgeskryf mag word; of j regte van weg, oorgange of servitute in verband met infrastruktuur soos gemeld in paragrawe (a) tot (i).
enige welsyns en humanitêre aktiwiteit in Deel A van Bylae 2 gelys;
enige gesondheidsorgaktiwiteit in Deel B van Bylae 2 gelys;
enige onderwys en ontwikkelingsaktiwiteit in Deel C van Bylae 2 gelys;
wat 'n maatskappy is wat opgerig en ingelyf is ingevolge artikel 21 van die Maatskappywet, 1973 (Wet No. 61 van 1973), of 'n trust of 'n vereniging van persone;
waarvan die enigste oogmerk die beoefening van een of meer openbare weldaadsaktiwiteite is waar--
al daardie aktiwiteite beoefen word op 'n nie­winsgewende grondslag en met 'n altruïstiese of filantropiese bedoeling; en ii geen van daardie aktiwiteite bedoel is om regstreeks of onregstreeks die ekonomiese eie-belang van enige fiduciarius of werknemer van die organisasie te bevorder nie, anders as by wyse van redelike besoldiging wat aan daardie fiduciarius of werknemer betaalbaar is; en waar­
elke sodanige aktiwiteit deur daardie organisasie beoefen word vir die voordeel van, of algemeen toeganklik is vir, die algemene publiek, ingesluit enige sektor daarvan (behalwe klein en eksklusiewe groepe);
ii elke sodanige aktiwiteit deur daardie organisasie beoefen vir die voordeel is van, of geredelik toeganklik is vir, arm en behoeftige persone; of iii daardie organisasie minstens 85 % gefinansier word deur skenkings, toekennings van enige staatsorgaan of enige buitelandse toekennings.
residensiële eiendom" addisioneel tot die woordbepaling van die Wet, eiendom soneer vir residensiële doeleindes en "residensiële doeleindes" het `n soortgelyke betekenis, maar sluit dit uit `n residensiële eiendom ten opsigte waarvan die Raad ingevolge die bepalings van stadsbeplanningswetgewing, toestemming verleen het dat die eiendom vir ander doeleindes as residensieël gebruik mag word;
soneer" die grondgebruiksregte wat aan `n eiendom gekoppel word ingevolge die bepalings van die toepaslike dorpsaanlegskema regulasies;
staatseiendomme" eiendomme binne die munisipale gebied wat die eiendom van die Staat is en wat geregistreer is in die naam van of ten gunste van die staat , maar sluit nie openbare diens infrastruktuur in nie;
Stelselswet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels,2000 (Wet nr 32 van 2000)
Strukturewet" die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet nr 117 van 1998);
vermindering" ten opsigte van belasting betaalbaar op eiendom, die verlaging van die bedrag waarvoor die eiendom waardeer is en die heffing van belasting op die laer bedrag;
voorgeskryf" soos voorgeskryf deur die Minister in `n regulasie;
vrystelling" `n opheffing van `n verpligting om belastings op `n eiendom te betaal wat die munisipaliteit toestaan ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Eiendomsbelastingwet;
Heffing van belasting op alle belasbare eiendom
Behoudens die bepalings van subartikel , hef die munisipaliteit in ooreenstemming met die beleid belastings op alle belasbare eiendom in die munisipale gebied.
Die munisipaliteit hef nie belastings op die volgende nie ­
eiendomme waarvan dit die eienaar is en eiendomme wat nie onderhewig is aan `n huurooreenkoms nie;
openbare diens infrastruktuur wat die eiendom van `n munisipale entiteit is;
n reg wat in die naam van `n persoon teen onroerende eiendom registreer is;
eiendomme ten opsigte waarvan dit onmoontlik is of ongeregverdig moeilik is om `n markwaarde te bepaal as gevolg van onsekere eiendomsreg te wyte aan vorige rasgebaseerde wetgewing of praktyke, of eiendomme waarna in artikel 17 van die Eiendomsbelastingwet verwys word.
n Belasting op `n eiendom wat deel is van `n deeltitelskema word gehef op die individuele deeltiteleenhede in die skema en nie op die eiendom as geheel nie.
Die belastingbedrag
Behoudens die bepalings van subartikels , en , word die belastingbedrag bereken deur die markwaarde van die eiendom, soos aangedui in die waardasierol of opdateerde waardasierol, te vermenigvuldig met `n tarief in die rand soos deur die Raad vasgestel.
In die geval van openbare diens infrastruktuur, word belasting nie gehef op die eerste 30% van van die markwaarde van die openbare diens infrastruktuur of sodanige laer persentasie as wat die Minister mag bepaal nie; met die voorbehoud dat die Raad jaarliks sal oorweeg of dit in `n posisie is om genoemde persentasie te verhoog.
In die geval van residensiële eiendom, word belasting nie gehef op die eerste R15 000 van die markwaarde van die eiendom of sodanige ander bedrag as wat die Minister mag bepaal nie.
Ondanks die bepalings van artikel 2 oorweeg die Raad jaarliks of, ten opsigte van eiendomme benede `n voorgeskrewe waardasievlak, in plaas van `n belasting bepaal ingevolge subartikel , dit `n eenvormige bedrag per eiendom sal hef.
Die basis wat gebruik word vir die heffing van belasting op `n eiendom is die markwaarde van die eiendom soos weergegee in die munisipaliteit se waardasierol of enige wysigings of toevoegings wat tot die waardasierol gemaak is.
Belastings word vir `n finansiële jaar gehef
Die Sent bedrag in die Rand word jaarliks hersien as deel van die begrotingsproses.
n Belasting op `n eiendom vir `n finansiële jaar word òf op`n jaarlikse òf op `n maandelikse basis gehef.
Indien `n aanpassing in die waardasie van `n eiendom, as gevolg van `n aanpassing aan die waardasierol, die bedrag betaalbaar vir belasting affekteer, sal die belasting ten opsigte van daardie eiendom herbereken word en gehef word met ingang van die effektiewe datum.
Waar `n toevoeging tot die waardasierol gemaak is, sal die belastings betaalbaar op daardie eiendom betaalbaar wees met ingang van die effektiewe datum.
n Belasting wat vir `n finansiële jaar gehef word, kan slegs gedurende daardie finansiële jaar verhoog word soos bepaal deur artikel 28 van die Munisipale Finansieswet.
Aanvang van belastings n Belasting word betaalbaar:­
aan die begin van `n finansiële jaar;
as die munisipaliteit se begroting nog nie aan die begin van die finansiële jaar goedgekeur is nie, dan vanaf sodanige later datum wanneer die munisipaliteit se begroting, ingesluit `n besluit om belastings te hef, deur die provinsiale uitvoerende gesag ingevolge die bepalings van artikel 26 van die Munisipale Finansieswet goedgekeur word, of met ingang vanaf die effektiewe datum in omstandighede soos beoog in subartikels en van artikel 5.
Die munisipaliteit hef verskillende belastings op verskillende kategorieë van belasbare eiendom, soos uiteengesit in die beleid.
Die munisipaliteit hef die verskillende belastings waarna in subartikel verwys word, onderhewig aan die bepalings vn artikel 19 van die Eiendomsbelastingwet.
Eiendomme wat vir meer as een doeleinde aangewend word n Eiendom wat vir meer as een doeleinde aangewend word, word vir belastingdoeleindes, toegewys aan `n kategorie of kategorieë soos uiteengesit in die beleid.
Vrystellings, verminderings en afslag
Die munisipaliteit sal vrystellings van, verminderings op of afslag op belastings toestaan soos uiteengesit in die beleid.
Aanspreeklikheid vir belasting
Die eienaar van `n eiendom is aanspreeklik vir die betaling van belastings wat deur die munisipaliteit op sodanige eiendom gehef word.
Gesamentlike eienaars van `n eiendom is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die bedrag betaalbaar vir belastings op daardie eiendom.
Metode en tyd van betaling n Belasting is betaalbaar:­
op `n maandelikse basis, of jaarliks, soos daar met die eienaar van die eiendom ooreengekom mag word.
n Belasting wat betaalbaar is moet betaal word voor of op die datum wat op die rekening aangetoon word.
Rekeninge n Skriftelike rekening sal voorsien word aan elke persoon wat aanspreeklik is vir die betaling van `n belasting.
n Persoon is aanspreeklik vir die betaling van `n belasting, nieteenstaande die feit dat daardie persoon nie `n skriftelike rekening ingevolge die bepalings van subartikel mag ontvang het nie. As `n persoon nie `n rekening ontvang het nie, moet daardie persoon die nodige navraag by die munisipaliteit daarvoor doen.
Uitstaande belastings
Die Munisipale Bestuurder moet ingevolge die bepalings van die Kredietbeheerverordening optree teen `n persoon wat aanspreeklik is vir die betaling van `n belasting, indien sodanige persoon nalaat om `n belasting te betaal voor of op die datum wat in artikel 11 beoog word.
BYLAE 1
Indeling van items
Deel 1: Beginsels
Beginsels
Deel 2: Kriteria, Kategorieë Eiendom en Meerdoelige Gebruik
Kriteria vir die heffing van verskillende belastings vir verskillende kategorieë van eiendomme
Eiendomme wat vir meer as een doeleinde aangewend word
Deel 3: Kriteria vir en die toestaan van vrystellings, verminderings of afslag vir eiendomme
Kriteria vir die toestaan van vrystellings, verminderings of afslag vir eiendomme.
Toepassing
Skole
Nie-regerings hospitale, klinieke en soortgelyke instellings wat nie vir winsbejag bedryf word nie
Staatseiendomme wat gebruik word om plaaslike dienste te lewer
Staatseiendomme wat gebruik word om streeks/distriks munisipale wye dienste te lewer
Bevordering van ekonomiese ontwikkeling
Landbou eiendomme
Deel 4: Kriteria vir en die toestaan van vrystellings, verminderings of afslag vir eienaars of kategorieë van van eienaars van eiendomme
Kriteria vir die toestaan van vrystellings, verminderings of afslag vir eienaars of kategorieë van eienaars van eiendomme.
Toepassing
Hulpbehoewendes en eiienaars wat van pensioene of maatskaplike toelaes afhankklik is.
Eienaars wat tydelik sonder inkomste is
Eienaars wat deur rampe of ander ernstige maatskaplike of ekonomiese omstandighede getref is
Eienaars van residensiële eiendomme benede `n sekere markwaarde
Eienaars van sekere eiendomme wat bona fide boere is
BELASTINGBELEID
Deel 1:
Beginsels
BEGINSELS
Die beleid is gevestig op die volgende beginsels:­
om alle persone wat vir belastings aanspreeklik is, billik te behandel;
die heffing van verskillende belastings vir verskillende kategorieë van eiendomme;
om `n spesifieke kategorie van eienaars van eiendomme, of die eienaars van `n spesifieke kategorie van eiendomme, vry te stel van die betaling van belasting op hulle eiendomme;
om `n afslag of `n vermindering in die belasting betaalbaar aan `n spesifieke kategorie van eienaars van eiendomme, of aan die eienaars van `n spesifieke kategorie van eiendomme, ten opsigte van hulle eiendomme toe te staan;
om kriteria te bepaal wat toegepas kan word wanneer `n gedifferensieërde belasting soos beoog in paragrawe (b), (c) en d oorweeg word;
om kategorieë van eiendomme of kategorieë van eienaars van eiendomme vir die doeleinde waarna in paragraaf (e) verwys word, te bepaal;
n eiendom wat vir meer as een doeleinde aangewend word, word vir belastingdoeleindes, toegewys aan `n kategorie of kastegorieë van eiendomme wat gebruik word vir `n doel wat ooreenstem met die toegelate gebruik van die eiendom;
of n eiendom wat vir meer as een doeleinde aangewend word, word vir belastingdoeleindes, toegewys aan `n kategorie of kategorievan eiendomme wat aangewend word in ooreenstemming met die dominante gebruik van die eiendom;
of n eiendom wat vir meer as een doel aangewend word, word vir belastingdoeleides, toegewys aan `n kategorie of kategorieë van eiendomme wat vir meer as een doel gebruik word;
om die uitwerking van belastings op die armes en die noodsaaklikheid van toepaslike maatreels om die belastinglas op hulle te verlig, te erken;
om die uitwerking van belastings op organisasies wat openbare weldadigheidsaktiwiteite uitvoer en die noodsaaklikheid van toepaslike maatreels om die belastinglas op hulle te verlig, te erken;
om die uitwerking van belastings op openbare diens infrastruktuur te erken;
om plaaslike, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder, en om alle belasbare eiendomme in die munisipale gebied wat nie belas word nie, te identifiseer.
Deel 2:
Kriteria, Kategorieë van Eiendomme en die aanwending van eiendomme vir meer as een doeleinde
KRITERIA VIR DIE HEFFING VAN VERSKILLENDE BELASTINGS VIR VERSKILLENDE KATEGORIEË VAN EIENDOMME
Die volgende kriteria word gebruik wanneer verskillende belastings vir verskillende kategorieë van eiendomme gehef word:­
die gebruik van die eiendom;
die toegelate gebruik van die eiendom, of die geografiese gebied waarin die eiendom geleë is.
Die volgende kategorieë van belasbare eiendom word bepaal ingevolge item 2­
plaaseiendomme wat gebruik word vir:­
landboudoeleindes;
iii residensiële doeleindes, of iv doeleindes anders as daardie wat in subparagrawe i tot iii gemeld is;
plaaseiendomme wat nie vir enige doel aangewend word nie;
kleinhoewes wat gebruik word vir:­
landboudoeleindes;
besigheids-en kommersiële doeleindes, of doeleindes anders as daardie wat in subparagrawe (i) tot iv gemeld is;
plaaslike dienste lewer soos, bv klinieke, plaaslike hospitale, polisiestasies, howe en kantore van die Departement van Binnelandse Sake, maar uitgesluit skole;
ii streeks/distriks munisipale wye dienste lewer, bv tronke en hospitale;
iii provinsiale/nasionale dienste lewer, bv nasionale verdediging, provinsiale en nasionale hoofkwartiere en hulle streeks-en plaaslike administrasies;
munisipale eiendomme;
openbare diens infrastruktuur;
j dorpe in privaatbesit wat deur die eienaar gediens word;
k formele en informele nedersettings;
staat trustgrond wat die staat besit­
in trust vir persone wat gesamentlik die grond bewoon ingevolge `n tradisionele stelsel van grondbesit;
ii waaroor grondeienaarsregte geregistreer en toegestaan is, of iii wat aangewys is vir beskikking ingevolge die bepalings van die Wet op die Herstel van Grondregte, Nr. 22 van 1994;
wat verkry is deur middel van die Wet op die Beskikbaarstelling van Grond en Bystand, Nr 126 van 1993 of die Wet op die Herstel van Grondregte, Nr. 22 van 1994; of ii wat onderhewig is aan die Wet op Verenigings vir Gemeenskaplike Eiendom, Nr 28 van 1996;
spesiale natuurreservate, natuurreservate (ook wildernisgebiede) en beskermde omgewings;
iii spesiale beskermde bosgebiede, bosnatuurreservate en boswildernisgebiede, verklaar ingevolge die Nasionale Wet op Bosse, Nr. 84 van 1998; en iv bergopvanggebiede verklaar ingevolge die Wet op Opvanggebiede, Nr 63 van 1970.
eiendomme waarop nasionale monumente verklaar is;
eiendomme wat besit word deur openbare weldaads­organisasies;
eiendomme wat vir meer as een doeleinde aangewend word, onderhewig aan item 6, of skole soos bepaal deur onderwyswetgewing as:­
i openbare skole, en ii onafhanklike skole.
EIENDOMME WAT VIR MEER AS EEN DOELEINDE AANGEWEND WORD
n Eiendom wat vir meer as een doeleinde aangewend word sal, vir belastingdoeleindes, soos volg hanteer word:­
in gevalle waar `n dominante gebruik identifiseer kan word, sal daardie eiendom beskou word asof dit daardie uitsluitlike gebruik het;
dominante gebruik is die werklike en nie noodwendig die toegelate gebruik nie;
dominante gebruik is die gebruik waarvoor 90% of meer van die eiendom gebruik word en waarvan 90% of meer van die inkomste of moontlike inkomste van die eiendom verkry word of verkry kan word, en ten opsigte van alle ander eiendomme wat vir meer as een doeleinde aangewend word, sal die belasting wat op sulke eiendomme gehef word bepaal word deur die toedeling van die waardasie van die eiendom ten opsigte van elke kategorie van gebruik.
Deel 3:
Kriteria vir die toestaan van `n vrystelling, afslag of vermindering op eiendomme
KRITERIA VIR DIE TOESTAAN VAN `N VRYSTELLING, AFSLAG OF VERMINDERING VAN BELASTING OP EIENDOMME
Die volgende kriteria word gebruik wanner vrystelling op, afslag of vermindering van belasting op eiendomme wat vir doeleindes anders as landbougrond aangewend word, toegestaan word­
die gebruik van die eiendom deur:­
skole;
ii nie-regerings hospitale, klinieke en soortgelyke instansies wat nie vir winsbejag is nie;
iii `n openbare weldaadsorganisasie;
iv die staat, vir die voorsiening van plaaslike en streeks/distriks munisipale wye dienste;
die bevordering van ekonomiese ontwikkeling in die munisipale gebied;
beperkte gebruik van die eiendom as gevolg van onwettige informele besetting.
Die volgende kriteria word gebruik wanneer vrystelling, afslag of vermindering van belasting toegestaan word op eiendomme wat vir landbou doeleindes aangewend word­
die mate waarin die munisipaliteit dienste aan sulke eiendomme lewer;
die bydrae wat landbou tot die plaaslike ekonomie maak;
die mate waarin landbou behulpsaam is om die munisipaliteit in staat te stel om sy pligte om dienste te lewer en ontwikkeling te bevorder, te verwesentlik, en die bydrae van die landbou tot die maatskaplike en ekonomiese welsyn van plaaswerkers.
TOEPASSING
Die eienaar van `n eiendom waarna in hierdie deel verwys word, moet jaarliks, binne drie maande nadat die belasting gehef is, by die Munisipale Bestuurder aansoek doen om vrystelling van, afslag op of vermindering van belasting betaalbaar ten opsigte van sodanige eiendom.
Die eienaar moet in die aansoek onderneem om die munisipaliteit onverwyld in kennis te stel indien daar enige verandering in die eienaarskap van die eiendom ontstaan.
SKOLE
Die Raad sal `n 100% afslag op die belastings wat betaalbaar is toestaan op `n perseel wat as `n openbare skool gebruik word.
Onderhewig aan sub-item , sal die Raad `n afslag van 100% toestaan op die belastings betaalbaar ten opsigte van eiendom wat as `n onafhanklike skool gebruik word.
n Eienaar van `n eiendom waarop `n onafhanklike skool bedryf word, moet jaarliks aan die Munisipale Bestuurder bewys lewer dat die skool by die Provinsiale Departement van Onderwys registreer is.
NIE-REGERINGS HOSPITALE, KLINIEKE EN SOORTGELYKE INSTANSIES WAT NIE VIR WINSBEJAG BEDRYF WORD NIE
Onderhewig aan subitem , sal die Raad `n afslag van 100% toestaan op die belasting betaalbaar ten opsigte van eiendom wat deur nie-regerings organisasies gebruik word vir hospitale, klinieke en soortgelyke instansies wat nie vir winsbejag bedryf word nie.
n Eienaar van `n eiendom waarna in subitem verwys word, moet jaarliks die finansiële state van die hospitaal, kliniek of soortgelyke instansie aan die Munisipale Bestuurder voorlê.
OPENBARE WELDAADSORGANISASIES
Onderhewig aan subitem , sal die Raad jaarliks `n afslag van 100% toestaan op die belasting betaalbaar ten opsigte van eiendom wat deur `n openbare weldaadsorganisasie gebruik word,.
Die openbare weldaadsorganisasie moet jaarliks bewys lewer aan die Munisipale Bestuurder dat dit registreer is vir belastingvrystelling ingevolge die bepalings van die Inkomstebelastingwet, Wet Nr 58 van 1962.
STAATSEIENDOM WAT GEBRUIK WORD OM PLAASLIKE DIENSTE TE LEWER
Die Raad sal `n afslag van 100% toestaan op belasting betaalbaar ten opsigte van staatseiendom wat gebruik word om plaaslike dienste te lewer.
STAATSEIENDOM WAT GEBRUIK WORD OM STREEKS/MUNISIPALE-WYE DIENSTE TE LEWER
Die Raad sal `n afslag van 100% toestaan op belasting betaalbaar ten opsigte van staatseiendom wat gebruik word om streeks/munisipale­wye dienste te lewer
BEVORDERING VAN EKONOMIESE ONTWIKKELING
Die Raad sal vir `n tydperk van 3 jaar die volgende afslag toestaan op belasting betaalbaar ten opsigte van industriële eiendom wat vir die eerste keer vir daardie doel gebruik word:­
% in die eerste jaar;
% in die tweede jaar; en
% in die derde jaar
LANDBOU-EIENDOMME
Die Raad sal die volgende afslag toestaan op die belasting betaalbaar ten opsigte van landbou-eiendom­
% as daar geen munisipale paaie langs die eiendom is nie;
% as daar geen geen riool na die eiendom aangelê is nie;
% as die munisipaliteit nie elektrisiteit aan die eiendom voorsien nie;
% as water nie deur die munisipaliteit voorsien word nie;
% as vullisverwyderingsdienste nie deur die munisipaliteit gelewer word nie.
Deel 4:
Kriteria vir die toestaan van `n vrystelling, afslag of vermindering aan eienaars of kategorieë van eienaars van eiendomme
KRITERIA VIR DIE TOESTAAN VAN `N VRYSTELLING, AFSLAG OF VERMINDERING VAN BELASTINGS AAN EIENAARS OF KATEGORIEË VAN EIENAARS VAN EIENDOMME
Die volgende kriteria word gebruik wanneer `n vrystelling, afslag of vermindering van belasting aan eienaars of kategorieë van eienaars van eiendomme toegestaan word:­
hulpbehoewende eienaars;
eienaars wat van pensioene of maatskaplike toelaes afhanklik is;
eienaars wat tydelik sonder `n inkomste is;
eienaars van residensiële eiendomme benede `n sekere markwaarde, of eienaars van landbou eiendomme wat bona fide boere is.
TOEPASSING
Die eienaar van `n eiendom waarna in hierdie deel verwys word, moet jaarliks `n aansoek om vrystelling van, afslag op of `n vermindering van die belasting betaalbaar ten opsigte sodanige eiendom, binne drie maande nadat die belasting gehef is, aan die Munisiaple Bestuurder voorlê.
Die eienaar moet in die aansoek onderneem om die munisipalieit onverwyld in kennis te stel indien daar `n verandering in die eienaarskap van die eiendom plaasvind.
HULPBEHOEWENDES EN EIENAARS WAT VAN PENSIOENE OF MAATSKAPLIKE TOELAES AFHANKLIK IS
Onderhewig aan subitem sal die Raad eiendomme van belasting vrystel indien die eienaars ontvangers is van ouderdoms-pensioene of ongeskiktheidstoelaes.
n Eienaar waarna in subitem verwys word, moet jaarliks aan die Munisipale Bestuurder bewys lewer dat hy of sy by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling as `n ontvanger van ouderdomspensioen of `n ongeskiktheidstoelae geregistreer is.
EIENAARS WAT TYDELIK SONDER INKOMSTE IS
Onderhewig aan subitem , sal die Raad vrystelling van belasting ten opsigte van eiendomme toestaan aan eienaars wat tydelik sonder `n inkomste is.
n Eienaar waarna in subitem verwys word, moet maandeliks geldige bewys van sy of haar ekonomiese/finansiële posisie aan die Munisipale Bestuurder voorlê.
EIENAARS WAT WAT DEUR RAMPE OF ANDER ERNSTIGE MAATSKAPLIKE OF EKONOMIESE OMSTANDIGHEDE GETREF IS.
Die Raad sal eienaars van eiendom vrystel van belasting as die eiendom geleë is in 'n area wat deur die Nasionale of Provinsiale regering as 'n rampgebied verklaar is soos vervat in die Rampbestuurwet van 2002.
EIENAARS VAN EIENDOMME BENEDE `N SEKERE MARKWAARDE
Die Raad sal residensiële eiendomme wat `n markwaarde van laer as R 15 000 het van belasting vrystel.
EIENAARS VAN LANDBOUGROND WAT BONA FIDE BOERE IS
Onderhewig aan subitem 2, sal die Raad`n afslag van :
% in die eerste jaar;
% in die tweede jaar; en
% in die derde jaar toestaan aan eienaars van landbougrond wat bona fide boere is.
`n Eienaar waarna in subitem 1 verwys word, moet maandeliks 'n geldige bewys aan die Munisipale Bestuurder voorlê dat hy of sy steeds `n boer is.
BYLAE 2
Deel A: Welsyns-en Humanitêre aktiwiteite a Die sorg of berading van, of die voorsiening van opvoedings­
programme met betrekking tot, verlate, mishandelde, verwaarloosde, wees-of hawelose kinders.
b Die sorg of berading van arm en behoeftige persone waar minstens
% van daardie persone aan wie die sorg of berading voorsien word, bo die ouderdom van 60 is.
c Die sorg of berading van, of die voorsiening van opvoedings­
programme met betrekking tot, fisies of geestelik mishandelde en getraumatiseerde persone.
d Die voorsiening van rampverligting.
e Die redding van of sorg aan persone in nood.
f Die voorsiening van armoedeverligting.
g Rehabilitatiewe sorg of berading of onderrig van gevangenes, voormalige gevangenes en veroordeelde misdadigers en verhoor­
afwagtende persone.
h Die rehabilitasie, sorg of berading van persone verslaaf aan 'n gewoontevormende middel of die voorsiening van voorkomende en opvoedingsprogramme met betrekking tot verslawing aan gewoonte­
vormende middels.
i Konflikbeslegting, die bevordering van versoening, wedersydse respek en verdraagsaamheid tussen die verskillende mense van Suid-Afrika.
j Die bevordering van of voorspraak vir menseregte en demokrasie.
k Die beskerming van die veiligheid van die algemene publiek.
l Die bevordering of beskerming van gesinstabiliteit.
m Die voorsiening van regshulp aan arm en behoeftige persone.
n Die voorsiening van fasiliteite vir die beskerming en sorg van kinders onder skoolgaande ouderdom van arm en behoeftige ouers.
o Die bevordering of beskerming van die regte en belange van, en die sorg van, asielsoekers en vlugtelinge.
p Gemeenskapsontwikkeling vir arm en behoeftige persone en teen­
armoede inisiatiewe, waarby ingesluit--
i die bevordering van gemeenskapsgebaseerde projekte met betrekking tot selfhelp, bemagtiging, uitbreiding van vermoëns, vaardigheidsontwikkeling of teen-armoede;
ii die voorsiening van opleiding, ondersteuning of bystand aan gemeenskapsgebaseerde projekte in item (i) bedoel; of iii die voorsiening van opleiding, ondersteuning of bystand aan opkomende mikro-ondernemings om kapasiteit te verbeter ten einde besighede tot stand te bring en te bestuur, wat kan insluit die voorsiening van lenings.
Die bevordering van toegang tot media en 'n vrye pers.
Die voorsiening van gesondheidsorgdienste vir arm en behoeftige persone.
Die sorg of berading van persone wat terminaal siek is of persone met 'n ernstige fisiese of geestelike aantasting, insluitend die berading van hulle gesinne in die verband.
Die voorkoming van MIV-infeksie of die voorsiening van voorkomende en opleidingsprogramme met betrekking tot MIV/VIGS.
Die sorg, berading of behandeling van persone aangetas deur MIV/VIGS, insluitend die sorg of berading van hulle gesinne en afhanklikes in die verband.
Die voorsiening van bloedoortappings-, orgaanskenkings-of soortgelyke dienste.
Deel C: Onderwys en Ontwikkelingsaktiwiteite
Basiese onderwys en opleiding vir volwassenes" soos in die Wet op Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes, 2000, (Wet No. 52 van 2000), omskryf, wat geletterdheid en syferkennisopleiding insluit.
Opleiding vir werklose persone met die doel om hulle in staat te stel om werk te kry.
Die opleiding of onderwys van persone met 'n ernstige fisiese of geestelike aantasting.
