BOEK
Saamgestel deur
Na die lees van Jan van Tonder se suksesvolle novelle, Roepman, het ek genoop gevoel om meer oor hierdie bekroonde skrywer uit te vind. Vele soektogte later het my tot die slotsom laat kom dat hierdie 'n uiters eerlike, maar private mens is. Maar dit het my gekos die boek ook lees om tot die .nale slot­som te kom - sy opregte en insiggewende waarnemingsvermoë van die alledaagse het werklik beïndruk.
Van Tonder aan die woord...
Toe ek jare gelede op Ladismith gewoon het, vra 'n vriendin my waaroor my roman Is Sagie gaan. ''Dis die storie van 'n vertraagde man in die Klein Karoo,'' antwoord ek. ''O, 'n outobiogra.e,'' kom die reaksie ewe onskuldig.'
Nou ja, daar het u dit.
Of ek ooit 'n (tweede) outobiogra.e sal skryf, betwyfel ek, maar met Roepman het ek my ganse grootwordtyd moes evokeer. Ek het kort-kort my susters gebel om inligting te bekom, en my broer stilletjies verwyt oor sy voortydige dood, want hy sou beter as ons almal onthou het.
Aan die ander kant: wat wie ook al in die herinnering geroep het, hoeveel feite ek ook al kon versamel, uiteindelik sou dit tweede viool moes speel - die romanskrywer laat weg, lieg by, verdraai. (Geskiedskrywers doen dit, verdomp, hoekom sal óns nie?)
Wie kan 'n boek skryf sonder om uit eie ondervinding te put?
Dit maak nie saak hoeveel ooreenkomste daar tussen die werklike Van Tonders en die .ktiewe Rademans is nie, Roepman is stórie. Dis die storie van elke seun wat sy onskuld verloor in hierdie wêreld waarin onskuld deur dese en gene besing, maar ironies genoeg, nie lank geduld word nie.
Dis verstommend hoeveel mense outeur en verteller met mekaar verwar. Jan van Tonder is nie Timus Rademan nie, al het Jan, nes die verteller van die boek, lank ná sy tyd-genote baard gekry en skuim begin piepie. Ek maak daarvoor op deur vinniger as hulle te verouder. Ek kry dit reg deur 'n lewe uit skryfwerk te probeer maak. My vriendin het reg gehad, dus, om my destyds met Sagie te verwar. Ek sou op die naam aangedring het as ek Sagie se soort onskuld myne kon noem. Maar ek is bevrees dáárvoor is dit selfs vir Timus Rademan te laat.'
Elfra Erasmus skryf in Die Burger in 1990 dat Van Tonder in 1979 in die tronk, Pointgevangenis, in Durban begin skryf het. Swart, bruin en Indiër-gevangenes. Sy gedurige gekyf oor die behandeling van die mense het veroorsaak dat hy met 'n groot geweer in 'n wagpos op die muur beland het. Maande van frustrasie wat hom tot by die punt gedryf het waar hy 'n keuse moes doen: gaan hy die hoof van die gevangenis skiet, of homself..?
Van Tonder was al 'n kaartjiesonder­soeker, stoker, tronkbewaarder, opleidings­beampte, joernalis (by drie koerante en die SAUK), restaurantbestuurder, skilder, skrywer. Volgens hom het die jaar in die Gevangenisdiens en die stuk of ses, sewe jaar as 'n verslaggewer seker die grootste invloed op sy skryfwerk gehad.
In die tronk en op sekere plekke waar 'n verslaggewer met mense te doen kry, byvoorbeeld, die Hooggeregshof, is daar nie geheime nie; daar staan 'n mens poedelkaal, gestroop van feitlik elke masker.
Ek dink ek het al veel meer adresse gehad as wyle Vincent van Gogh. Selfs al bly ek jare in een stad, jeuk ek elke ses maande of wat om ander blyplek te kry. Ek hou van die afwisseling; nuwe buurtes, nuwe mense, nuwe indrukke.
Die meeste plekke word stories of dele van stories. Ek skryf graag op die plek waar my verhaal hom afspeel om die atmosfeer so vas as moontlik te vat.'
Op haar vraag of hy nou heeltyds skrywer is, antwoord hy, 'vir die eerste keer in my lewe werk ek vir 'n goeie baas'.
Watter prosavorm verkies hy, wou sy weet. 'n Moelike keuse, 'maar die geleent­heid wat die roman my bied om so diep as moontlik in so veel as moontlik skakeringe van 'n karakter se persoonlikheid te krap, is vir my nogal bevredigend. Die karakter/s wat ek gemaak het, moet vleis en bloed genoeg hê om 'n leser te laat lag of huil'.
Hoe hy oor Wit vis voel... 'Wit vis is te vroeg uitgegee. 'n Skrywer is altyd haastig om sy eerste boek te laat verskyn. Dit is soos 'n tiener in wie die eerste jeuk van sy/haar seksualiteit gekom het - hy/sy weet dat dit goed is om te wag met die liefde tot dit die liefde behaag, maar meestal ontbreek die geduld (vra maar Maretha Maartens se hoofkarakter in 'n Pot vol winter) en dan is die agtersitplek van 'n motor ook goed genoeg. Wit vis was 'n agtersitplek-onder­vinding wat ek liewer wil vergeet.'
Op haar stelling dat sommige skrywers sê hulle skryf 'vir hulself', met geen spesi­.eke gehoor in gedagte nie, kry sy 'n heftige reaksie.
Daar is min dinge belagliker as daardie stelling. As dit die goddelike waarheid was, waarom publiseer die mense hul werk dan? As iemand in die stort sing en vir my sê dit is vir homself, glo ek hom, maar wanneer hy dit oor die radio doen en dieselfde ding beweer, weet ek hy lieg.'
Sy vra, as hy een van sy boeke as 'n oog­appel moet uitlig, sal dit Is Sagie wees. Al die onskuld wat hy kwyt is, het Sagie in hom.
Vir a.eiding wanneer hy nie skryf nie, skilder hy wanneer hy die geleentheid kry, bespeel die kitaar en sing, stap soms in die berge, sit 'n vars kof.eblik oor die gat in sy motor.ets se uitlaatpyp, lees, maak 'n volstruisnekpotjie in die es.
Maar ek dink nie daar is baie oomblikke dat ek nie skryf nie. Selfs wanneer ek ander dinge doen.'
Resensies
n Storie is nie die lewe nie.' Jan is rats met 'n ontkenning voorin Roepman: 'Lesers wat meen dat hulle hulleself of ander persone in hierdie boek herken, misgis hulle. 'n Storie is nie die lewe nie.' In werklikheid is Roepman 'n wekroep, 'n gepluk en gestoei om mense wakker te skud - met die toegevoegde waarde van wonderwerke.
Ek weet ek het 'n goeie boek geskryf. Roepman is sy naam,' het Jan oor die foon gesê toe ek hom ná jare opspoor. 'En nou ly ek aan nageboortelike depressie. Ek vermoed dis hoe dit vir 'n vrou ná 'n baba se geboorte voel.'
Ek ry van Kakamas af Oudtshoorn toe, na Jan toe om sy eie storie eerstehands te hoor.
Ek lees nagdeur, helder wakker. Ek mis 'n paar werkskofte en 'n spertyd. Ek is ontstig en ontroer deur die swaarkry van die twaalfjarige verteller, Timus, en sy mense, die insig van die skeel Joon Sterrekyker, die wreedheid van die hoeders van die gemeenskap. In die loop van die nag maak Jan se storie, sy woordkuns en wonderlike waarnemingsvernuf my genadeloos deel van mense se ontwakinge en ontnug­teringe, maar ek raak ook deel van genadige wonderwerke op onwaarskynlike plekke. Ek dans ook naak onder die skuimfontein wat donkernag die swart teerpad oopbreek en alle aangetastes skoonspoel.
Ek wil niks na 'n sedeles laat klink nie. Ek is nie 'n moeilikheidsoeker nie. Ek wou net 'n storie skryf oor hoe mense lyk en oor hoe hulle kán lyk. Ek het nie die issues berekend aangepak nie. Dit kom oor en oor in my skryfwerk uit hoe ongenadig mense kan wees teenoor dié wat aan hulle uitgelewer is. Ek skryf: "Kyk hier hoe is ons. Dis nie hoe ons gemaak is om te wees nie." As ek vir my myself kon laat sien, kan ek dalk vir iemand anders help sien deur iets wat ek self gesien het.
Ek sal 'n gans ander mens word as ek nie skryf nie. 'n Ou drol.' Goddank hy het aan die skryf gebly, sê Crafford. 'Hy is allesbehal­we 'n ou drol. In die Klein-Karoo se skemer het hy die teenwoordigheid van 'n inheemse edelman. Sy seunskindagtige energie het bedaar tot 'n ingeleefde vredigheid.'
As dit nie 'n rolprent word nie, is daar nie regisseurs in die wêreld nie. Of nie geld nie. Ek was Saterdagmiddag sesuur by toe die eerste eksemplaar van die drukpers af kom. Ek móés die geboorte bywoon. Roepman is vir mý gegee. Nie vir iemand anders nie. Roepman is saam met my gemaak. Dis die één boek in my wat nie ongeskryf kon bly nie.' 'n Uitgemaakte saak.
Ek het 'n vermoede dat die meeste mense nie eens wéét ek skryf nie,' sê Jan met sy elmboë weerskante van die kop van die vrou wat hy op sy kombuistafel se blad geskilder het.
En ek wíl so graag beroemd wees. Mense hoef my nie op straat te herken nie. Ek wil net ongemerk hoor hulle sê vir mekaar: Dis 'n móói storie dié.'
Driftiger beduie hy: 'Ek wil skép, ek wil mense laat huil en laat lag. Ek dink dis die oudste sonde om soos God te wil wees. Om te wil skep.'
Terwyl hy gewag het dat die boek se tyd moes aanbreek, het hy geskilder, 'n restaurant bestuur, goeie radiodramas en kortverhale geskryf, en een aand met die hulp van 'n bottel brandewyn ál vyftien sy weergawes van 'n ongepubliseerde roman se manuskrip verbrand. In dié tyd het hy geliefdes aan die dood en aan die lewe afgestaan en elke vier jaar op 'n nuwe plek van voor af begin. Wanneer die wolf aan die deur was, het hy bobbejane vir 'n boer weggejaag in ruil vir blyplek op die plaas, en koeldrankbottels verkwansel om vir sy hond te kan kos koop.
Ek is bly dat ek grootgeword het waar ek grootgeword het,' sê hy. Met baie blootstelling en min weelde behalwe die koestering van 'n groot gesin - vyf susters en 'n broer. 'Sonder dié blootstelling sou ek nie die empatie met mense kon hê wat ek het nie. Die geskakeerdheid van die lewe en van menswees om my in spoorwegbuurte langs rangeerwerwe, het my as mens en as skrywer help skep. In gegoede woonbuurte is daar nie sulke teksture nie. Vir ons was dit normaal om nie geld te hê nie. Maar die blootstelling by die kerk en skool het by my as mens gesteel.'
Hy het die spoor van sy lewensloop gevat en uit sy herinneringe en ervaringe en uit sy diepste emosies is Roepman geboetseer. 'Natuurlik is die gegewe erg outobiogra.es, maar dit het stórie geword. Nie meer net ons gesin en die mense om ons s'n nie. 'n Universele verhaal, een wat op enige plek in ons land kon afspeel, op enige plek waar mense in wisselende grade van armoede geleef het, deur verskillende vorms daarvan ontmagtig is,' sê Jan.
Met die skryf van die boek het ek probeer verstaan waar ek vandaan kom, wie ek is, in watter mate my omgewing my gevorm het. Ek het simbolies op die grond gespoeg en modder aangemaak en aan my ooglede gesmeer en vir myself gesê: Sien 'n slag, en moet nooit weer néérsien op waar jy vandaan is, of waar ander vandaan is nie of waar wie ook al nou is nie. Ek het 'n probleem daarmee dat mense na poepôlle opsien net omdat hulle ryk is.
Roepman is 'n verhaal wat vertel móés word, maar ek sou dit nie kon doen toe ek dertig was nie - ek sou nie gereed gewees het daarvoor nie, te onryp om te gaan krap in doerietyd se dinge, te onwys om te begryp wat daar alles gebeur het,' skryf hy vooraf vir my in 'n rekenaarbrief. 'En toe kry ek 'n dringendheid daaroor. Dit moes vanjaar verskyn.' In die jaar dat hy vyftig geword het, in die jaar waarin hy sy eerste eie huis gekoop het, sy eerste betroubare voertuig aangeskaf het. Met Die kind se geld.
Ek het wat ek nog altyd wou hê,' sê hy. 'Ek het nie veel meer nodig as wat ek het nie. 'n Lekker dak oor my kop, 'n mooi uitsig en 'n voertuig om mee te ry.' Hy bedink hom. 'Ja, en ek sou iemand wou hê om saam mee oud te word. En bitter graag 'n kind.'
Van Tonder se laatlam-boek blyk 'n kroonprins bestem vir hoë erkenning te wees. In die uitgewersbedryf het dit - nog vóór publikasie - 'n beroering veroorsaak. Keurders was in vervoering daaroor. Dit is ook op 'n stadium aangewys as een van die vyf Afrikaanse romans op Exclusive Books se gesogte Publishers' Choice-lys. Jan se post-partum blues is vergete.
Jan van Tonder het reeds 'n viertal literêre tekste op sy naam: daar was die kortver­haalbundel Aandenking vir 'n vry man en die drie romans, Wit vis , Is Sagie en Die kind , waarvan laasgenoemde met die ATKV en FAK Pryse bekroon is. Wat veral in sy laaste twee tekste opgeval het, was die suiwer en on­sentimentele vertelstyl wat daarin slaag om die leser te oortuig dat dit absoluut eg en deurleef is.
In sy jongste roman, Roepman, maak Van Tonder gebruik van 'n kinderverteller in die persoon van Timus.
Die gebruik van 'n kind as verteller wat op naïewe wyse die heersende maatskaplike en veral politieke toestande registreer, is nie nuut in die Afrikaanse literatuur nie. Hier het Van Tonder voorgangers soos Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie en, onder andere, Daantjie Dromer, Mark Behr se Die reuk van appels en SP Benjamin se Die reuk van steenkool. In sekere opsigte is dit 'n maklike manier om kommentaar te lewer op die misstande van 'n verbygegane tyd. 'n Kind wat nog nie alles begryp wat rondom hom of haar aangaan nie, is die ideale waarnemingspunt om te gebruik as jy iets wat sulke duidelike gebreke gehad het soos die apartheidsisteem, van binne uit wil beskryf sonder om die leser se simpatie te verloor. Aan die een kant is die kind deel van die sisteem en kan hy of sy geloofwaar­dige kommentaar lewer op die gebruike van die tyd; aan die ander kant is die kind nog te jonk om werklik die implikasies van die sisteem te besef waarvan hy of sy deel is of om iets daaraan te doen. So 'n kindervertel­ler wat vertel oor 'n jeug uit die hoogty van apartheid kan ook iets van sommige lesers se behoefte vertolk om te voel dat hulle die onregte van die verlede ervaar het, maar te jonk en onskuldig was om verantwoordelik­heid daarvoor te aanvaar. Indien 'n skrywer 'n roman met 'n politieke-maatskaplike fokus wil skryf, is dit miskien dapperder én moeiliker om te vertel vanuit die perspektief van een van die persone wat aandadig was aan die sisteem, en dus minder simpatie wek by die leser.
Soos in die byna klassiek-geworde Afrikaanse voorbeelde wat ek hier bo genoem het, is die kinderverteller in Roep­man gelukkig nie alleenlik daar om 'n spieël te wees van die politieke omstandighede van die tyd nie (dit sou iets van 'n goedkoop truuk wees met 'n beperkte vermoë om die aandag van die leser te hou). In elkeen van die genoemde romans het die kind ook 'n eie verhaal wat die aandag eis en ontvou teen die maatskaplik-politiese agtergrond. Net soos in die romans van Goosen, Behr en Benjamin beïndruk Van Tonder se roman nie soseer oor die vernuftige beeld wat dit skep van 'n verbygegane tyd nie, maar met die wyse waarop dit die kind se oorgang vanaf die onskuld van die jeug na die wete van volwassenheid teken. Roepman vertel trouens 'n verhaal wat homself baie mooi laat lees in terme van alles wat geskryf is oor oorgangsrituele en die tussenfase waarin die mens wat besig is met so 'n oorgang, verkeer.
Van Tonder se roman mag lyk na 'n oor­rompelend eenvoudige vertelling gebaseer op outobiogra.ese gegewens, maar dit is kennelik sorgvuldig bedink om die universele ervaring van verlies aan onskuld bloot te lê. Dit is een van die aangename verrassings in 'n jaar wat reeds belangrike Afrikaanse werke opgelewer het.
Ander bekroonde werke
Dat die stories van Afrika - selfs van 'n moontlik verbygaande era in Afrika - geskryf word, is belangrik. Dit is vir elke volk be­langrik om te weet waar hy vandaan kom. 'n Mens is Jan van Tonder dus dankbaar vir die stukkie Afrika wat hy vasvang in sy baie leesbare roman, Die kind.
Van Tonder slaag daarin om deur middel van die eenvoudige, maar treffende verhaal van die vrou Amazolo en die kind wat sy lank nie wou hê nie, die dilemma van 'n hele volk uit te beeld. Dat dit konsentreer op hierdie bepaalde dilemma en nie alle ander aspekte van die Zoeloes se geskiedenis tot op datum dek nie, durf myns insiens nie teen die boek gehou word nie. Dit is 'n skrywer se reg om te besluit watter aspekte van die werklikheid sy verhaalmateriaal gaan uitmaak. Letterkunde is iets anders as geskiedenis.
Met hierdie roman toon Van Tonder weer eens dat hy nie bereid is om mee te doen aan heersende letterkundige modegiere nie. 'n Mens hoop dat die voortre.ike deursigtigheid van sy styl, wat die gees van sy verhaal sekuur weergee, nie weer - soos in die verlede - daartoe gaan lei dat die boek as ontspanningsliteratuur bestempel word nie, maar dat dit as letterkunde aanvaar sal word. Van die grootste letterkunde van alle tye is in 'n sober, deursigtige styl geskryf. Dit is 'n wanopvatting, en een - wil dit my lyk - wat deesdae deur prystoekennings versterk word, dat ernstige letterkunde noodwendig gekompliseerd moet wees.
Die bandontwerp deur Pierre de Wet gee die gees van die boek uitstekend weer.
Is Sagie
In 1989 verskyn dié resensie in Tydskrif vir Letterkunde
Jan van Tonder se kort roman Is Sagie verskil hemelsbreed van sy bundel tronkverhale Aandenking vir 'n vry man, wat in 1984 verskyn het.
Terwyl daar myns insiens in die kortver­haalbundel 'n bepaalde oordaad in die aanbod was, meen ek dat Van Tonder in die roman gegroei het tot 'n bewonderenswaar­dige vermoë tot onderbeklemtoning. Ook die manier waarop hy hier daarin slaag om 'n oënskynlik eenvoudig-landelike gegewe te laat groei tot 'n peiling van die diepste dilemma van menswees, beskou ek as 'n merkwaardige kragtoer. Want dit gaan hier nie net oor die onskuldige verhouding tussen twee verstandelik gestremde jongmense nie. Dit gaan in die eerste plek oor die mens se hulpelose uitgelewerdheid aan die blinde gang van die natuur en oor sy onvermoë om homself of sy geliefdes teen die katastrofe van menswees te beskerm.
Die omslagontwerp - deur die skrywer self - is die stemvurk vir die roman. Soos die onbeholpe, kinderlike skrif van die titel oorvloei op die strak natuurtoneel met sy duidelike ('n mens sou kon sê onverbidde­like) omlynings, so word die personasies in die roman getoon in hul patetiese pogings om nee te sê aan die onafwendbare gang van die natuur.
Sagie het sy letterkundige broers in die Afrikaanse letterkunde. 'n Mens dink aan Jochem van Bruggen se Ampie (in die Ampie-trilogie) en aan CM van den Heever se Freek in Op die plaas. Stilisties en psigologies vind ek hierdie roman egter veel suiwerder en indringender as die genoemde werke. Is Sagie het - mét sy keuse van ver­haalstof - die 'gemoedelik-lokaal-realistiese' ver verbygestreef.
Met Is Sagie het Jan van Tonder vir hom 'n plek in die voorste ry van Afrikaanse skrywers oopgeskryf
Aandenking vir 'n vry man
In Jan van Tonder se debuutnovelle, Wit vis, het ek nogal 'n renons gehad: dit was so 'n tydskrifferige, sentimentele, melodramatiese en bowenal manlikchauvinistiese aanbied­ing van 'n lesbiese verhouding dat die blote drakerigheid mens laat gru het.
Daarom is sy tweede publikasie, die kortverhaalbundel Aandenking vir 'n vry man wat pas by HAUM-Literêr verskyn het, des te meer van 'n verrassing: en dis sekerlik 'n uitmuntende voorteken van wat mens voortaan van dié uitgewery se nuwe literêre program kan verwag. Drie-en-twintig ver-hale uit en oor die tronkbestaan word hierin gebundel, die meeste héél kort ('n hele paar skaars 'n enkele bladsy lank), en byna almal vanuit die ervaringshoek van gevangenes vertel.
Trouens, die leser word die meeste geruk deur die understatement, die Iseriaanse 'oop plekke' wat gelaat word, die uiterste beheersing - in so 'n mate dat die taal dik­wels selfs houterig, onwennig voorkom (nog 'n opsig waarin Van Tonder aan 'n Van Melle herinner).
Epiphanies' dit is die meeste van dié gedronge klein tekste inderdaad: intense momente waarin nietige situasies oopgeruk word om die mens te openbaar.
Daar was instansies wat ná onthullings oor ons gevangenisdiens deur gevangenes dié openbarings afgemaak het as die sensas­ionele oordrywings van mense wat agterna wou wraak neem. Van Tonder was nie 'n gevangene nie.
Dat dit egter veel méér as joernalistieke onthulling is - dat dit van die mees gelade kortkuns is wat ons in der-jare in Afrikaans te lese gekry het - maak van Aandenking vir 'n vry man iets memorabels.
Bronne
Reeds met die openingsreël in Roepman sê Timus se pa vir hom: 'Die lewe is nie 'n storie nie, Timus...' Ook op die skudblad staan daar: ''n Storie is nie die lewe nie.' Dit word dan duidelik dat ons as lesers saam met die roman gaan beweeg tussen syn en skyn, en nie altyd onderskeid sal kan tref tus­sen die werklikheid en die verdigsel nie.
Van die begin is dit opmerklik dat daar 'n ooreenkoms is met Van Tonder se eie grootwordjare. Inderdaad stel hy dit dan ook so aan Sonja Loots in 'n onderhoud oor Roepman: 'Dit is seker die naaste wat ek ooit aan 'n outobiogra.e sal kom... Ek het baie bygelieg, baie weggesteek, maar ook baie behou.' (Rapport, 17 Oktober 2004, p.4.)
Soos Timus was Van Tonder die jongste van sewe kinders, en het gedurende die sestigerjare in 'n Durbanse spoorwegwoon­buurt grootgeword. Sy ma was 'n huisvrou, en sy pa 'n stootskraperoperateur asook 'n baggerbootman. Op Human en Rousseau se webwerf verskyn 'n baie interessante CV wat Van Tonder oor sy wyduiteenlopende loopbaan geskryf het. Aanvanklik het hy vir predikant gestudeer, daarna volg 'n BA graad met Afrikaans, Sielkunde en Kriminologie as hoofvakke. Verskeie beroepe volg, onder an­dere, die Gevangenisdiens, nywerheids-oplei­dingsbeampte, joernalis by verskeie koerante en by die SAUK, asook omroeper. Deuren­tyd het Van Tonder sy loopbaan onderbreek om te skryf. So verskyn 'n kortverhaalbun­del, Aandenking vir 'n vry man, en daarna twee romans, Is Sagie en Die kind.
Elkeen is vir verskeie pryse benoem, en Die kind ontvang die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) en Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Prosa Prys. Na 'n stilte van vyftien jaar verskyn Roepman, en word ook op die kortlys geplaas vir die ATKV Prys.
In Roepman ontmoet ons die uitgebreide Rademan-gesin: Timus se pa Abram as hoof van sy streng en nougesette patriargale gesin; sy ma Ada wat met haar lewenslus en energie die groot gesin bymekaar probeer hou; die oudste tweeling Braam en Martina, wat albei werk Braam is die enigste broer
Sy seunskindagtige energie het bedaar tot n ingeleefde vredigheid
Die lewe is nie 'n storie nie
