Aanmeld van 'n vermiste persoon
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens stel lede van die publiek in staat om vermiste persone aan te meld. Jy kan 'n persoon as vermis aanmeld sodra jy onraad vermoed of dink dat die persoon iets oorgekom het.
Daar is geen wagtyd om iemand as vermis aan te meld nie. Indien 'n polisiebeampte jou anders wil oortuig, moet jy daarop aandring om met die volgende senior beampte te praat en so voortgaan totdat jy die nodige hulp kry. Besoek die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Vermiste Kinders se webwerf as jy inligting oor vermiste kinders wil bekom.
Bo
Stappe om te volg
As jy vermoed dat iemand vermis is, moet jy heel eerste probeer om die persoon self te kontak.
As jy die persoon nie kan opspoor nie, moet jy dadelik na die naaste polisiestasie of kliëntedienssentrum toe gaan.
Verstrek basiese inligting oor die persoon, en verkieslik ook 'n onlangse foto.
Vul 'n SAPS 55 -vorm in en teken 'n vrywaringsvorm wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens teen vals aanmeldings beskerm.
Indien die vermiste persoon opgespoor word, moet jy na die polisiestasie toe gaan waar die persoon as vermis aangemeld is en die polisie of beampte wat die saak ondersoek in kennis stel dat die persoon gevind is.
Vul die SAPS 92-vorm in om die kansellasie op die betrokke sirkulasiestelsel in werking te stel.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Jy kan 'n vermiste persoon by enige polisiestasie aanmeld - nie noodwendig in die area waar die persoon vermoedelik vermis geraak het nie.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
Nasionale Buro's vir Vermiste Persone
Oos-Kaap
Noordwes
Noord-Kaap
Wes-Kaap
